Kuier

ALLERGIESE REAKSIE: Vitamienpi­lle laat haar vel van haar lyf afdop

-

Die een oomblik was Franjolene Mahala (27) nog gesond en het sy geen bekommerni­s oor haar gesondheid gehad nie. Maar toe begin haar gesig eendag uit die bloute swel en ’n paar dae later het die velle in stukke van haar gesig geval.

En dít alles nadat sy vitamienpi­lle gedrink het.

Franjolene van Klipdale naby Bredasdorp in die Wes-Kaap het die grootste skok van haar lewe gekry, want sy het nie geweet wat aangaan, of sy sou oorleef en indien sy sou oorleef, hoe haar gesig daarna sou lyk nie.

Daar waar sy in die hospitaal se spieël gekyk en gesien het hoe haar gesigvelle soos niks afkom nie, was dit asof sy in ’n ander wêreld was. Só onwerklik was als.

Franjolene was nog besig om sin van alles te probeer maak toe groot blase onder haar voete begin vorm en veroorsaak het dat sy nie behoorlik kon loop nie. Haar lig- gaam was volgende in die visier van haar skielike “velvretend­e”siekte.

Blase wat sere gevorm het, het op haar liggaam uitgeslaan waarna dit rowe gevorm het en die vel op hierdie plekke ook begin afdop het.

Sy het ook gesukkel om te eet, want haar lippe was rou en stukkend en in die binnekant van haar mond was ook blase wat begin bloei het sodra sy iets probeer eet of drink het.

Sy is uiteindeli­k met Stevens-Johnsonsin­droom (SJS) gediagnose­er.

Die webtuiste www.webmd.com beskryf SJS as ’n“seldsame, maar ernstige (mediese) probleem,”wat in die meeste gevalle ’n ernstige allergiese reaksie op sekere medikasie is wat die lyer geneem het.

“Dit veroorsaak dat jou vel blase maak en afdop. Blase vorm ook binne jou liggaam, wat dit moeilik maak om te eet, sluk en selfs te urineer,”lui inligting op hierdie webtuiste.

Wat die simptome betref, begin SJS gewoonlik met ’n koors en voel dit asof jy griep het. ’n Paar dae later kan ander simptome voorkom, soos pynlike rooi of pers vel wat verbrand lyk en afdop; blase op die vel, mond, neus en geslagsdel­e; en rooi, pynlike, waterige oë, berig www.webmd. com voorts.

Natasha Peterson, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid in die Overbergst­reek, voeg by dat SJS“potensieel dodelik”is en sê dis byna ongehoord dat vitamienpi­lle dit veroorsaak.

“Baiekeer het lyers ook al vergeet van ander tipe medikasie wat hulle geneem het wat dalk SJS kon veroorsaak. Die algemeenst­e tipe medikasie wat SJS kan veroorsaak, is Bactrim, Septra, Allopurino­l en Sulfa-medikasie,”sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa