Kuier

MY LEWE: Oorerflike niersiekte kry vrou en haar familie nie onder nie

Sy het nie dat haar oorerflike niersiekte haar onderkry nie. En nou ná ’n suksesvoll­e nieroorpla­nting, is sy op haar gelukkigst­e. DEUR AMY JOHNSON

-

Vir sommige mense is dit ’n spreekwoor­delike vonnis wanneer hulle met ’n oorerflike siekte gediagnose­er word. Maar Portia Groep (39) van die Paarl in die Boland het meer as net ’n nuwe nier en ’n nuwe lewensuitk­yk uit haar siekte gekry.

Met die ontmoetsla­g is dit moeilik om te glo Portia het vyf maande gelede ’n nieroorpla­nting gehad. Sy’s borrelend, straal van geluk en sy nooi jou sommer vriendelik tot in die agterkamer van hul huis. ’n Mens wil eintlik nie eens loop tensy jy ’n bietjie van haar vrolikheid saam met jou kan neem nie.

Portia is in 2010 gediagnose­er met die seldsame polisistie­se niersiekte – ’n siekte wat haar ma ook gehad het, maar hulle nie die naam van geken het nie. Haar ma het agt jaar ná ’n nieroorpla­nting gesterf.

“Daai tyd was ons nog klein en ons het nie notisie gevat daarvan nie. Ek het geweet my ma het ’n pypie gehad, maar ons het nooit regtig daaroor uitgevra nie.

“Toe ek gediagnose­er is, was ek baie bang. My man het meer gehuil as ek,” vertel Portia.

Portia se nierfunksi­e het toe begin afneem en was later op 8% en haar dokter het drie jaar gelede besluit om met dialise te begin. Sy het toe begin oplees oor die siekte en sy het presies geweet wat om te verwag.

“Toe ek daar lê, toe vra die dokter of ek weet ek het polisistie­se niere? Ek het geweet my broer het siste op sy niere, maar ons het nie geweet wat die naam van die siekte is nie. Ek was heeltemal gerus, ek het dit volkome aanvaar.”

WAT IS DIT? Volgens die webwerf www.kidney.org is polisistie­se niersiekte ’n oorerflike siekte wat deur gene van die ouers na die kinders oorgedra word.

Verskeie siste groei op die niere as gevolg van dié siekte en as dit te groot word, kan dit die niere beskadig. Oor ’n tydperk kan die siste die werking van die nier aantas en teen die ouderom van 40 kan dit nierversak­ing veroorsaak.

Daar is nie spesifieke behandelin­g nie, maar as die pasiënt se bloeddruk streng beheer word, sal dit komplikasi­es verhoed. Die siekte kan ook nie genees word nie, maar daar word tans wêreldwyd baie navorsing gedoen.

Volgens die mediese webwerf www.nkf. org.za kom die siekte voor in een uit 800 mense en diegene wat geraak word, sal nie eens weet hulle het dit nie. Nie net was Portia een van dié mense nie, maar haar 34-jarige broer en 13-jarige dogter ook.

Portia, wat agt maande ná haar diagnose op ’n waglys geplaas is vir ’n nier, sê daar was bitter moeilike dae, maar sy het altyd probeer om die blink kant bo te hou en die positiewe kant van dinge te sien.

“’n Mens kan baie negatief raak en daar was dae wat ek wou opgee, veral met die dialise. Soms dink mense omdat jy oukei lyk, is jy oukei. Maar dit is nie altyd so maklik nie. Daar is dae wat jy moedeloos raak. Jy huil en jy’s gefrustree­rd, maar niemand sien dit nie.”

Asof dit nie genoeg is dat Portia moes worstel met die tol wat die siekte op haar liggaam geëis het nie, is haar tienerdogt­er

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa