Kuier

VOORBLADST­ORIE: 7de Laan se Neville deel sy happy family met Kuier- lesers

Die Meas-egpaar kom elkeen uit ’n groot gesin en het nog altyd daarvan gedroom ook ’n groot gesin van hul eie te hê. Met die aanneming van die tweeling Leah en Liam is hul gebede beantwoord en saam met hul drie ouer kinders, is hulle voorwaar ’n happy fam

-

Wanneer die 49-jarige akteur Zane Meas, sy vrou, Megan (45), en hul vyf kinders die studio binnestap vir hul fotosessie met Kuier, bring hulle ’n“happy family vibe”saam wat jou dadelik laat verlang na jou eie familie.

Dis ’n mengelmoes van opgewonde stemme met ma Megan wat sorg dat almal kalm en rustig raak. Sy neem ook dadelik haar kroos se leisels wanneer sy vra waar ons vir wie wil hê. En dis duidelik, as sy praat, dan luister jy.

Dis ook duidelik dat die Meas-kinders weet wat respek beteken en hulle na mekaar moet kyk, want die ouer twee, Campbell (21) en Connor (18), maak die heeltyd seker hul jonger boetie, Micah (7), maak nie homself seer wanneer hy speel nie.

Hulle help ook kyk na hul tweelingbo­etie en -sussie, Liam en Leah (wat op 1 April twee word), terwyl Zane en Megan reggemaak word vir die foto’s.

Dit is egter Liam en Leah, of Prinses Leah soos ousus Campbell haar noem, wat die meeste aandag trek.

Die jongste byvoegings tot die Measfamili­e vat sommer dadelik oor met Leah wat so tussendeur die foto’s daarop aandring om in die grimeersto­el te gaan sit. Want dis waar haar ma en suster ook vroeër gesit het.

Leah het eers afgeklim en vir die foto’s gaan poseer nadat die grimeerkun­stenaar gemaak het asof sy vir haar ook grimering aansit.

Liam loop weer breëbors en met ’n permanente glimlag rond. Hy soek net sy pa op en wil alles doen wat sy boeta Micah doen. En wanneer Micah vir Liam en Leah gesiggies trek, kraai die tweeling behoorlik.

Die trots en liefde vir sy gesin lê vlak in Zane, 7de Laan se geliefde Neville Meintjies, se oë. Hy en Megan het danksy Liam en Leah, wat hulle nog al die jare wou hê – ’n groot gesin.

Maar Liam en Leah is nie hul biologiese kinders nie. Jy sal dit egter nooit sê wanneer jy sien hoe goed dié kleingoed by die res van die gesin inpas nie.

Zane en Megan het vir Liam en Leah aangeneem en nadat die wetlike proses uiteindeli­k voltooi is, wys die egpaar hul tweeling vir die eerste keer en eksklusief vir Kuier- lesers.

Hulle is nou só gelukkig, maar Zane wil beklemtoon dat aanneming nie ’n maklike of vinnige proses is nie en die vrees oor of hulle sou bond met die tweeling, ’n werklikhei­d was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa