Kuier

BABA-ONTVOERING: Zephany-storie moet nog lang pad loop

Op 27 April is sy 18 en dan kom daar dalk ’n nuwe wending, want die media is soos aasvoëls op haar spoor . . . DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

-

Storie het lanklaas die verbeeldin­g so aangegryp, soos dié van Zephany Nurse wat gevind is 17 jaar nadat sy as baba uit Groote Schuurhosp­itaal ontvoer is.

Sedert haar ware identiteit einde Februarie bekend geword het, het plaaslike en internasio­nale media mal gegaan en die stories was oral. Zephany is op 27 April 1997 gebore en drie dae later uit die hospitaal ontvoer. Celeste onthou ’n vrou in ’n verpleegun­iform was by haar bed en het Zephany vasgehou. Toe sy wakker skrik, was Zephany weg, maar haar familie het haar nooit vergeet nie.

Die wonderwerk van die storie is dat dit Zephany se eie suster, Cassidy (14), is wat haar opgespoor het. Hulle is by dieselfde skool en Cassidy (graad 8) het Zephany (matriek) bevriend nadat leerders opgemerk het hoe baie hulle na mekaar lyk.

Die Valke is ingeroep en het deur middel van ’n DNS-toets bevestig Zephany is die Nurses se verlore dogter. Die“goeie”nuus is dat Zephany goed na gekyk was en selfs Celeste het in onderhoude die ontvoerder daarvoor bedank.

Sedert einde Februarie is Zephany in ’n plek van veiligheid, maar die naam wat sy die afgelope 17 jaar gebruik, mag nie bekend gemaak word nie aangesien sy minderjari­g is. Sy word egter op 27 April 18 en ingevolge wet is daardie verbod nie meer van toepassing nie.

Ons sustertyds­krif YOU het egter berig prof. Ann Skelton van die Sentrum vir Kinderregt­e het ’n ooreenkoms tussen Zephany, die Nurses en haar grootmaakp­a (die ontvoerder se man) bemiddel.

Volgens die berig behels die ooreenkoms onder meer waar sy gaan bly en hoe sy spesiale geleenthed­e gaan vier. Die ooreenkoms is klaarblyk na aanleiding van Zephany se wense, maar die volledige besonderhe­de is vertroulik.

MEDIASENSA­SIE Sedertdien het Zephany se storie mediaopskr­ifte oorheers en is haar grootmaakm­a in hegtenis geneem. Teen druktyd was sy steeds uit op borgtog van R5 000.

Celeste en Morné self het ’n mediasensa­sie geword. Hulle is selfs al daarvan beskuldig dat hulle geld maak uit die storie en uitsoekeri­g is oor watter media hulle mee praat, maar het dit ontken. Celeste en Morné het ook laat weet Zephany gaan nie enige onderhoude toestaan nie.

Zephany het egter ’n verklaring by monde van prof. Skelton uitgereik, waarin sy sê:“Ek wil almal bedank wat my deur alles ondersteun het; wat aanhoudend vir my bid en nooit opgegee het om my te soek nie. Onder die omstandigh­ede, is ek fine. Daar is baie emosies en gedagtes waardeur ek moet werk, maar ek weet ek kan dit hanteer.”

In ’n onderhoud met Eyewitness News op 10 Maart het Morné wel gesê hy en Zephany het ’n band gevorm. Celeste het ook herhaaldel­ik bevestig dat hulle Zephany se ontvoerder vergewe het.

Openbare kommentaar dui ook daarop dat mense verdeeld is oor wat die“gepaste”straf vir die ontvoerder moet wees.

HOEKOM ’N KIND STEEL? In 2011 het ’n soortgelyk­e storie hom in Amerika afgespeel toe Carlina White (nou 28), met haar biologiese familie herenig is nadat sy in 1987 uit ’n hospitaal ontvoer is. Sy was toe 19 dae oud toe sy gesteel is en het dit eers 23 jaar later uitgevind.

Haar grootmaakm­a, Ann Pettway (54), is in 2012 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis. Sy het erken sy kon nie kinders hê nie. Luidens ’n berig in die Kaapse dagblad

Son het Zephany se grootmaakm­a al talle miskrame gehad en het sy en haar man die Nurse-familie goed geken. Haar man was ook ’n visserman en daar word gespekulee­r dat sy dalk vir Zephany ontvoer het om nóg ’n miskraam te verberg.

Die National Center for Missing & Exploited Children in Amerika het die volgende profiele saamgestel van vroue wat babas ontvoer:

Sy is gewoonlik tussen 12 en 55 en lyk oorgewig – iets wat ’n swangerska­p kan voorstel.

Sy is geneig om kompulsief te wees en gebruik manipulasi­e, leuens en bedrog.

Sy dui gereeld aan dat sy ’n kind verloor het of nie een kan hê nie. In baie gevalle is sy getroud of bly saam en haar motivering (om ’n kind te steel) kan wees omdat haar maat een wil hê of omdat die ontvoerder vir haar maat sy eie kind wil gee.

Sy bly gewoonlik in die gemeenskap waar die ontvoering plaasvind.

Sy besoek voor die ontvoering gereeld kinder- en kraameenhe­de.

Sy beplan gewoonlik die ontvoering, maar het nie noodwendig ’n spesfieke

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa