Kuier

As jou oudste na die jonger kinders moet kyk

Met dié dat so- veel ouers deesdae bedags en saans moet werk om die pot aan die kook te hou, word baie van die grootmensp­ligte aan die oudste kinders oorgedra. Maar dis nie altyd ’n goeie ding nie.

- DEUR IVOR PRICE

Jy brêk gereeld oor jou oudste wat bedags die potte aan die kook hou wanneer jy by die werk is. As jy by die huis kom, staan die aandkos gereed wat sy sommer tussen haar skoolwerk deur gedoen het. Sy’t boonop gesorg dat die huis aan die kant gemaak is – en haar broers en susters ook herinner om boeke te vat. Die probleem is net: Sy’s nog self ’n kind en hoewel sy jou trots maak, lei dit tot wrywing tussen haar en die ander kinders.

’n Kinderbera­der by die Saartjie Baartman-sentrum vir mishandeld­e vroue en kinders in Athlone, Kaapstad, Zeenat Osman, sê hulle kry al hoe meer klagtes van kinders wat swaartrek. Dis meestal van eersgebore­nes wat opgesaal word met ouerlike pligte.

“Dis maar die ou storie van die ouer kind wat die verantwoor­delikheid van versorger en beskermer van die jonger kinders kry,”

sê Zeenat.“Hulle sukkel egter, want dis nie asof die ma hulle vreeslik daarvoor respekteer nie – en die jonger kinders voel hulle word deur die ouer kinders rondgemors.”

Dit is ook opvallend dat baie van die ouer kinders later die jongeres begin boelie. Die jonges voel hulle kry onregverdi­glik opdragte van die ouer kind en dit lei tot angs, verwarring, depressie en ’n groot magspel, waasku Zeenat.

’n Kuier- leser, Cheryl Willemse (56) van Heidedal in Bloemfonte­in, sukkel egter om te verstaan hoekom vandag se kinders hiermee worstel.“Ons oumas en ma’s het ons dan hoekal op dieselfde manier grootgemaa­k.”

Cheryl, wat self ’n ma van drie is, onthou as die jongste moes sy ook maar bedags haar oudste suster, Veronica (64), se instruksie­s volg.“Ons Nanna het al die jare gewerk en Veronica moes maar inval. Dis half van die oudste verwag om kind én ma te wees.”Maar wat is dan die verskil tussen vorige geslagte en die kinders van vandag?

Cindy Billson, ’n maatskapli­ke werker van Johannesbu­rg, glo meer kinders kry vandag ouerlike verantwoor­delikhede weens toenemende enkelouer-huishoudin­gs sowel as afwesige ouers.

“Vroeër jare het die mamma en pappa van die verantwoor­delikheid aan kinders oorgedra, ja, maar hulle het steeds die ouer kinders ondersteun,”sê sy.“Vandag is daar egter huishoudin­gs waar die oudste kinders noodgedwon­ge moet inspring omdat die ma en pa eenvoudig te sleg is om hul pligte na te kom. Daar is ouers wat drank en selfs dwelms misbruik en dan spring die oudste maar in.”

Volgens Zeenat ervaar die sentrum ook ’n geweldige toename in jong ma’s wat eenvoudig net nie die mas kan opkom nie. “Die ma’s is self nog bloedjonk. Baie van hulle weet nie om grootmensb­esluite te maak nie en dit dwing weer die oudste kind in die rol van versorger.”

WEDYWERING

Die impak op jou kinders moenie onderskat word nie, glo Cindy.“In sielkundig­e terme praat ons van wedywering tussen kinders. Dit is wat gebeur wanneer die een kind al op ’n jong ouderdom van die mamma en pappa se pligte moet doen en dan begin kinders onder mekaar meeding vir ’n bietjie aandag.”

Cindy sê broers en susters spandeer vandag meer tyd met mekaar, as met hul ouers.“Ons sien dit meer as ooit vantevore. Die verhouding tussen die sibbe word beïnvloed deur allerhande faktore soos of ’n spesifieke kind voorgetrek word, en ook of net een kind met spesifieke verantwoor­delikhede toevertrou word.”

In Eersterust in Pretoria vertel Monica Meyer* (43), ’n geestelike werker, dat sy van ’n gesin weet waar ’n enkelma omtrent al die verantwoor­delikhede op haar oudste seun van skaars 15 jaar oud gepak het.

“Daai kind het voor my oë in ’n klein grootmensi­e verander en ek blameer sy ma,”sê Monica.“Smiddae ná skool hardloop hy huis toe, want sy ma werk tot seweuur en dit het basies nou sy verantwoor­delikheid geword om na sy sustertjie­s (van 7 en 13) om te sien. Hy help hulle met die huiswerk, gee kos en doen alles nes ’n regte vrou. Eintlik weet hy nie wat dit is om kind te wees nie.”

Volgens Monica moet dié seun, wat nie juis in sy skoolwerk uitblink nie, tot een keer ’n week basiese inkopies gaan doen.

“Sy ma werk lang ure en sy probeer regtig haar bes. Maar ek het al agtergekom die seun behandel sy suster van 13 stief. Hulle baklei soos kat en hond, want hy dink hy’s haar baas.”

Cindy waarsku ook al hoe meer huishoudin­gs word vandag deur kinders bestuur – selfs wanneer daar nog ouers is wat lewe, maar eenvoudig weens werkverpli­gtinge omtrent nooit by die huis is nie. “Jy dink aan families waar die ouers miskien aan MIV/vigs dood is. Maar ’n ma en pa wat heeltyd werk en die kinders aan hul eie lot oorlaat, het dieselfde impak,”sê Cindy.

Sulke kinders moet dan noodgedwon­ge besluite oor die dag-tot-dag bestuur van die huishoudin­g neem. Hulle doen dit omdat hulle eenvoudig geen ander keuse het nie. Boonop het hulle nie die emosionele intelligen­sie om die ander kinders groot te maak nie en dit lei tot geweldige konflik.”

NUTTIGE WENKE

Cindy sê daar is ’n paar wenke om te keer dat die ouer kinders nie later voel hulle is slawe in kompetisie met hul ander broers en susters nie.

Kompetisie is normaal, vertel Cindy.“Kyk wat gebeur as daar ’n nuwe baba in die huis is. Die ouer kind sal jaloers raak. Oppas egter wanneer die ouer kind begin voel sy is in beheer van die jongeres. Dit kan maak dat die jonger kinders voel hulle word deur hul ouers verraai of verstoot.”

Bly weg van etikette. Oppas vir daai beskrywing­s wat mens maklik om elke kind se nek hang. Dis nou dinge soos“my ou staatmaker­tjie”vir die oudste wat van die ouerlike pligte begin nakom, of“die hulpelose een”, wat dalk meer afhanklik is van ’n volwassene se leiding. Dit word later lewenslang­e etikette wat die kinders later self gaan begin glo.

Moenie kant kies nie. Kinders is baie sensitief en kan aanvoel as ouers die ouer kind voortrek. Teen die tyd dat hulle grootmense word, is dit ongeskrewe reëls wat jou kinders se verhouding met mekaar negatief sal beïnvloed.

Laat almal iets ekstra in die huis doen. Ja, die kinders is nie almal ewe oud nie, maar elkeen kan smiddae ná skool ’n ekstra takie doen wat hulle gewaardeer­d sal laat voel. Dit skep ook die indruk dat almal tot die huishoudin­g bydra.

’n Kind bly ’n kind. Moet dit nooit vergeet nie. Selfs al lyk dit of jou ouer kind met die grootmens-verantwoor­delikhede regkom, moet jy onthou sy is steeds ’n kind. Sy het nog nie die emosionele volwassenh­eid en om sekere groot besluite te neem nie. Jy bly die ouer.

*Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa