Kuier

Jy kan jou omstandigh­ede oorwin as jy op Hom vertrou

Ons omstandigh­ede kan oorkom word deur die leierskap van Jesus te volg. Maar dan moet ons bereid wees om God met ons omstandigh­ede te vertrou.

- DEUR EERW. DOUGLAS OORMEYER Eerw. Douglas Oormeyer is leraar van die St. Joseph’s AME-kerk in Paarl, buite Kaapstad.

Dit is die maand van die Pase. Watter wonderlike geleenthei­d is dit nie om weer die gebeure van Gólgota in herinnerin­g te roep nie, asook die duur prys wat Jesus vir ons as sondaars betaal het. Ons kan die Here nie genoeg dank vir Gólgota nie, want Gólgota is nie net ’n storie van bittere lyding en pyn nie, maar dit vertel ook die storie van oorwinning.

Vir ’n oomblik wil ek my aandag vestig op die omstanders rondom die kruis. Hulle wat die laaste oomblikke van Jesus gedeel het. Miskien het sommige van die omstanders iets anders verwag. Miskien het baie gedink Hy sou in die laaste oomblikke met ’n wonderwerk gered word. Maar dit het nie gebeur nie. Baie van die omstanders om die kruis het seker gemompel:“Ons het gedink dat dit Hy sou wees, wat die volk sou kom verlos van hul swaarkry en lyding”.

Maar inteendeel, die Israeliete verkeer nog steeds onder die juk van die Romeinse regering en om alles te kroon, is hul hoop sterwend.

Geliefdes, wanneer Jesus egter die suur wyn gekry het en Sy kragte te midde van Sy swakheid hernu is, erken Hy deur die kreet:“Dit is volbring”(Johannes 19:30) dat Hy Sy volk verlos het – nie net van die politieke oormag van die Romeinse regering en volk nie, maar ook van die bindende mag van Satan wat ons geboeie wil hou en ook van die dood.

En daarom die oorwinning­skreet; vir baie van die omstanders was dit miskien ’n teken of bewuswordi­ng dat Hy nie meer beheer het oor die situasie nie, dat Hy besig was om handdoek in te gooi. Maar die om- standers op daardie Goeie Vrydag, op die heuwel van Gólgota, het diep in hul harte geweet dit was ’n kreet van triomf.“Dit is volbring. My werk op aarde is klaar.”

Die prys van sonde is betaal. Die pad na God en die ewige lewe is oop. Wie uit hierdie offer lewe, lewe ook volkome in God se vergifnis. Wat ’n belofte en gerusstell­ing is dit nie vir al die vermoeides nie. Jesus het alles vir ons volbring.

Dit is egter baie duidelik in die wêreld dat die moderne Christen by tye geestelik moeg word. Hulle voel die probleme van die dag en die wêreld word te veel vir hulle. Verder voel hulle hulle kan nie ’n bydrae lewer in die verbeterin­g van hul toestand en die toestand waarin die wêreld hom bevind nie. En daarom is dit baie mense se lewensfilo­sofie: Laat die lewe maar so voortgaan.

Kom ons dink vir ’n oomblik aan ’n ander Bybelfiguu­r, Noag; ook baie bekend omdat sy naam gekoppel is aan die ramp wat die mensdom getref het. Maar te midde van die omstandigh­ede, was Noag in staat om te oorwin, omdat hy die Oorwinnaar gevolg het.

Oorwinning word altyd verseker deur die leierskap van Jesus. Om oorwinnaar oor ons omstandigh­ede te wees, beteken om getrou te wees aan die leerstelli­nge van Christus.

Die mense van Noag se tyd se toestand was vervalle, swak in gedrag en hart. Maar te midde van dit alles was daar een man wat die verskil gemaak het, Noag. Hy was soos ’n ligpaal in die duisternis. Hy was in staat om die omstandigh­ede rondom hom te oorwin. Wat ookal gesê word van Noag, een ding staan duidelik uit in sy lewe. Hy was getrou aan sy God en tog het hy ’n keuse gehad om getrou te wees of nie. Maar hy wou, want hy het verkies om God te dien. Hy het hom verbly in die geleenthei­d en verantwoor­delikheid wat met sy keuse gepaard gegaan het. Ek leer twee lesse uit Noag se lewe. Sommige mense met wie dit nie goed gaan nie, stel aan die einde van die dag nie belang in God nie. Hulle ploeter maar op hul eie aan. Maar die duur les wat Noag vir ons wil leer, vind ons in Matteus 16:26:“Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry, maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?”

Ons omstandigh­ede kan oorwin word deur die leierskap van Jesus te volg. Wanneer God aan Noag die opdrag gee om die ark te bou, vind Noag ook genade in die oë van die Here. Terwyl Noag die ark gebou het, het hy gesing, gedoen en vertrou. Miskien het dit vir mense gelyk asof Noag sy tyd mors, maar op die regte tyd het God ingetree. En so behoort die hedendaags­e Christen ook te weet alles blyk nie verniet te wees nie. Ons gebede word altyd verhoor. Nie in my tyd nie, maar altyd in God se tyd. Dit is die moeite werd om die Here met jou omstandigh­ede te vertrou.

Ons moet altyd in hierdie lewe verby die swaarkry en moeilikhed­e kyk. Te veel mense blameer hul omstandigh­ede en swaarkry dat hulle nie werklik die uitkoms kan sien nie. Noag het verby die sondige wêreld gekyk en sy fokus geplaas op God, omdat hy God ten volle vertrou het. En so kan ons ook God op Sy Woord neem. Maak nie saak wat ons omstandigh­ede op hierdie oomblik is nie, ons kan oorwinnaar­s oor ons omstandigh­ede word. *

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa