Kuier

HemelBesem wil met sy musiek wêrelde connect

Dié hip-hop-kunstenaar is trots Afrikaans en met sy musiek wil HemelBesem die wêreld skoonvee.

- DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

HemelBesem, die Afrikaanse hiphop-kunstenaar en nou Pasella

aanbieder, het ’n tipe cool en funk aan hom wat jy wens aan jou kan afsmeer wanneer jy sy hand skud.

En wanneer hy praat, kom jy gou agter hierdie man is g’n leë dop wie se lirieke toevallig met mekaar rym nie.

Net so ook vertel sy tattoos ’n verhaal van hul eie en is dit ’n simbool van iets wat hom na aan die hart lê. Op sy linkerarm het hy ’n groot tattoo van Hendrik Witbooi, ’n guerrillav­egter van Namibië, wat hy uitgevind het is sy oupa se oupa. Die leeu Simba is simbolies van die spesiale verhouding wat hy deel met sy dogters, Simile (8) en Halo (6), en“Silence”, sy eerste tattoo, gaan daaroor dat jy slegs kan dink wanneer jy stil is.

Vir HemelBesem (33), wie se regte naam Simon Witbooi is, is niks toevallig nie. Sy verhoognaa­m“HemelBesem”het hy ook nie net gekies omdat dit oorspronkl­ik is en dadelik die belangstel­ling prikkel nie. Dit verwys na sy strewe om die“aarde skoon te vee op ’n hemelse manier”en terselfder­tyd gaan dit daaroor dat sy“kop in die wolke is, maar my voete plat op die aarde”.

“HemelBesem is ’n beweging. Jy kan ook die besem in jul gemeenskap wees. Toe ek die eerste keer op die scene kom, wou ek skoon vee op die hemelse manier. Dis hoekom ek nie vloek (in my songs) nie. My album HemelBesem is ook die een waarop ek die trotsste is,” sê hy.

HemelBesem, ’n voormalige pastoor, het ’n indringend­e kyk in sy oë wat joune deurboor wanneer hy met jou praat, so asof hy die gordyne wil wegskuif en wil kyk waar jóú waarheid lê. Dit is hoekom hy die werk doen wat hy doen en hoekom hy

Pasella ook so geniet – hy hou van mense ontmoet en hoor wat hul stories is. Partykeer maak hy sommer ’n song daarvan – in Afrikaans. Hierdie taal waarvoor hy so lief en passievol oor is. Hy praat ook baie in metafore en gebruik graag idiome.

En dit is juis omdat hierdie“Nama-tjênd” soos hy homself beskryf, glo baie van ons het ’n storie om te vertel. So ook wens hy niks van die swaarkry in sy kinderjare weg nie. As mens het dit sy karakter gebou en ’n oorvloed materiaal gegee wat hy later in sy hip-hop ingewerk het. Hy het sy lewe in die album Auto-Bio

Grafie beskryf. Want, meen HemelBesem: “Ons almal kom outomaties tot by ’n biologiese punt, waar jy ’n grafie vind en kyk wie jy is.”Hy maak ’n half spitbewegi­ng met die verduideli­king van“grafie”, wat deel uitmaak van die album se titel.

HemelBesem se manier van boodskappe oordra deur middel van Afrikaanse hip-hop, vind duidelik aanklank by baie mense, want hy is al genooi om by talle feeste landwyd op te tree. Dit sluit in die Suidooster­fees, KKNK, Jive Muslim Festival, Aardklop, die Oesfees, Nekkies Hip Hop Outdoor Festival, meer onlangs die Fiëstatoek­ennings en nog vele meer.

Die lys kunstenaar­s met wie hy ookal saamgewerk het, is ewe indrukwekk­end en sluit in Emo Adams, Idols-wenner Jody Williams, Auriol Hayes, Lize Beekman, David Kramer en Karen Zoid, om ’n paar te noem.

En voeg, HemelBesem by, sy musiek is alles oorspronkl­ik en kom uit sy eie pen uit. Hy het tot dusver alreeds vyf Afrikaanse hip-hop-albums uitgereik. Voor hy by

Pasella aangesluit het, was HemelBesem ook ’n bekende op die gemeenskap­sradiostas­ie Vallei FM en doen ’n program vir RSG. Hy is ook ’n Suid-Afrikaanse HipHop Indaba-kampioen.

’n HARDE LEWE Hy het goed naam gemaak vir homself, maar vir HemelBesem kan jy niks van swaarkry vertel nie.

Wanneer hy praat oor sy grootwordj­are oral (Vredendal, Eersterivi­er, Kuilsrivie­r en Macassar), vertel HemelBesem hoe swaar dit gegaan het. Daar is nie ’n tikkie selfbejamm­ering of bitterheid in sy stem wanneer hy hieroor praat nie.

Hy onthou veral hul gesin se tyd in Endurances­traat in die woonbuurt Connifers in Blackheath in die noordelike voorstede van Kaapstad. Vandag is daar ’n groot muurskilde­ry van hom in dié straat.

HemelBesem vertel hul gesin, wat bestaan het uit vyf kinders tussen sy ma en pa (hy het nog ander broers en susters ook), het vir jare in ’n sinkhok gebly. Sy pa was ’n carpenter en het odd werkies gedoen om die pot aan die kook te hou.

“Ek onthou kere wat my pa my soggens tweeuur wakker gemaak het om te gaan scrap soek. Ons het op die vullishope gaan soek vir goed. Hier het ek sommer ander tekkies se tonge gevat en dit in my tekkies ingesit. Ons het ook voëls gevang om te eet. Daar was ook nie krag nie; ons het met vuur gekook,”vertel HemelBesem.

Hy lag wanneer hy sê sy hande was ook so vol eelte, omdat hy sy pa gehelp met

carpentry-werk, dat hy te bang was om aan meisies se hande te vat.

Hierdie kortstondi­ge reis na sy gister laat HemelBesem ook die keer onthou toe sy skoolklere so na rook geruik het, juis omdat hulle gedurig moes vuur maak. Dié betrokke dag was dit nog aan die warm kant ook en hy kon dit nie meer uithou nie en het sy top se zip net effens oopgemaak.

“Toe vra daar iemand in die klas,‘wat ruik so na braai?’Ek sal dit nooit vergeet nie,” voeg hy laggend by.

Dan sê hy sag en waarderend:“Ek sal hierdie tyd vir niks verruil nie.”

MUSIEK SY TOEVLUG

HemelBesem het in hierdie moeilike tye sy toevlug in musiek gevind, maar sê hy kan nie dans of regtig sing nie. Later het hy ook radio gebruik om van sy realiteite te ontsnap.

Hy onthou sy pa, Simon snr., was lief vir musiek en in hul huis was daar onder meer albums van Annelie van Rooyen tot Brenda Fassie en Judy Boucher.

Sy oë kyk vir ’n oomblik in die verte in wanneer hy die tye as kind onthou wanneer sy pa-hulle met vriende gekuier het en die musiek aangesit het.“Ek het gesien hoe musiek ’n atmosfeer kon beïnvloed.”

Die rapper in hom het na vore gekom toe hy saans met sy Walkman gaan lê en sy eie woorde by liedjies geskryf het.

Hy sê dankbaar dit was uiteindeli­k Mnr. October, die opsigter by Blackheath Hoërskool, wat hom aan die 60’s musiek bekendgest­el het. Dít en die musiek van Prophets of the City (POC) en Brasse Vannie Kaap, het ’n ander wêreld vir HemelBesem oopgemaak, want hy kon met hul musiek relate.

“Hul musiek was in mý taal. Ek is passievol oor Afrikaans en wat ek doen, gaan daaroor om wêrelde te connect. Afrikaans is die fundamente­le punt waarop hip-hop in Afrika gebou is en POC het dit begin.” Die passie in sy stem is amper tasbaar.

“My eerste optrede was by die skool. Ek wil hê ons kinders moet in hul moedertaal droom. Soos hulle hom praat, want dis wat mense wil hoor. Mense tel onmiddelli­k op as jy nie genuine is nie.”

nog PROJEKTE

Dis nie net musiek, Pasella en radio wat HemelBesem besig hou nie. Hy werk ook saam met die Stigting vir Bemagtigin­g deur Afrikaans (SBA) aan ’n projek om sekere“Afri-Kaapse” woorde (soos byvoorbeel­d“awe”) na standaardt­aal te verander en in woordeboek­e te kry.

Dan was hy ook ’n ambassadeu­r vir die organisasi­e FASFacts (wat fetale alkoholsin­droom beveg) en is steeds ’n ambassadeu­r vir Kullid, ’n organisasi­e wat daarna streef om bruin mense te bemagtig.

Daar is ook ’n nuwe projek waarop hy baie trots en opgewonde oor is. En dit is kykNET se dokumentêr­e program Vat die Rap wat op 25 Maart begin wys het. Hierin collaborat­e HemelBesem en ander plaaslike Afrikaanse hiphop-kunstenaar­s met bekende sangers soos onder andere Steve Hofmeyr, David Kramer, Rina Hugo en Anton Goosen om groot treffers ’n nuwe geur te gee.

HemelBesem het al baie bereik, maar is nog ver van klaar af. Want, sê hy, om ’n Afrikaanse hip-hopkunsten­aar te wees, is ’n“constant battle”, omdat Afrikaans op ander hip-hop-platforms nie erken word nie.

En HemelBesem is nie van plan is om hierdie battle te verloor nie. Hy is immers ’n battle champion en boonop in sy eie taal – Afrikaans.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa