Kuier

Wêreld se eerste suksesvoll­e penis-oorplantin­g

Einde Desember verlede jaar is geskiedeni­s gemaak toe ’n span van die Universite­it van Stellenbos­ch en Tygerberg-hospitaal die eerste penis ter wêreld suksesvol oorgeplant het.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Die jong Xhosa-man was emosioneel dood. Hy kon eenvoudig nie daarmee saamleef dat hy sy penis ná ’n rituele besnydenis verloor het nie.

Toe kom daar onverwagse hoop in die vorm van prof. André van der Merwe – tans hoof van die Universite­it Stellenbos­ch se urologie-eenheid – wat vir ’n proefstudi­e besig was om pasiënte te werf met die oog op ’n penisoorpl­anting.

Die jong man was een van tien wat op die oorplantin­gslys geplaas is. En nadat ’n geslaagde penisoorpl­anting einde verlede jaar op hom uitgevoer is, het die res op die waglys – onder hulle een wat voor sy kennismaki­ng met Van der Merwe reeds gif gekoop het om selfmoord te pleeg – hernieude hoop.

Soos die ontvanger van die penis, is almal van die Oos-Kaap en het almal hul penis ná ’n mislukte rituele besnydenis verloor.

Die ontvanger was binne vyf weke ten volle seksueel aktief en kan ook weer normaal urineer. Nadat die wonderbaar­like nuus versprei het, het dit nóg jong swart mans in dieselfde omstandigh­ede genoop om Van der Merwe anoniem te kontak. Hulle val onder ’n geskatte 250 gevalle landwyd – waarskynli­k ’n onderskatt­ing – van jong mans wat jaarliks hul penis op hierdie wyse verloor.

SKENKER IS DIE HELD

Vir Van der Merwe is die groot held in hierdie hele verhaal die skenker – ’n jong, volwasse bruin man uit die Wes-Kaap. Uit respek vir hom en sy familie is Van der

Merwe net bereid om by te voeg dat hy uit ’n hegte gesin kom wat besluit het al sy organe kan ná sy dood geskenk word.

Van der Merwe het jare lank gesukkel om ’n skenker te kry, onder meer omdat daar in sommige kulture geglo word dat ’n oorledene met al sy organe graf toe moet gaan.

“Ek het eers gedink ek kan die penis uithaal en die vel los. Maar daar was kommer oor ’n limf-lek as jy dadelik ’n veloorplan­ting sou doen. Die ware deurbraak van die hele projek was toe ek op die idee gekom het om iets soortgelyk­s aan ’n penis vir die skenker uit sy maagflap te skep. Die idee was om iets vir die skenker daar te laat.”

En toe skielik, ná jare van nee’s, het hulle op 9 Desember verlede gehoor daar is ’n skenker.

Een van die noodteater­s by Tygerbergh­ospitaal is inderhaas gereed gekry. Alles – van die hart tot die longe, lewer, niere, penis, vel en korneas – van die breindood jong man is beskikbaar gestel.

Die soliede organe – die hart, longe, lewer en niere – is eerste geoes en gelyktydig daarmee die penis. Die vel, wat hoofsaakli­k vir oorplantin­gs by kinders met brandwonde gebruik word, en die korneas sou later volg.

DIE groot OPERASIE

Die penis is verwyder deur Van der Merwe en twee plaaslike plastiese chirurge – prof. Frank Graewe (hoof van die afdeling plastiese en rekonstruk­tiewe chirurgie aan die Universite­it van Stellenbos­ch) en dr. Alexander Zuhlke (senior spesialis by dieselfde afdeling).

Soos verwag, het dit druk gegaan. ’n Oorplantin­gspan van Johannesbu­rg het twee rye aan die een kant van die teater gevorm en Van der Merwe en sy kollegas twee rye aan die ander kant. Daar was ook kliniese assistente (onder andere ’n Kanadees wat sy vlug Kanada toe vir die operasie gekanselle­er het), narkotiseu­rs, susters en ’n oorsese student.

Die penis was ná twee uur klaar en gereed om verkoel te word.“Ons het nog nooit ’n penis lewend geoes nie en het gedink ons gaan die aartjies kanaliseer en met ’n spesiale oplossing deurspoel wat dit koud maak,”vertel Van der Merwe.

Maar die aartjies was so klein

dat hulle niks kon inkry nie. Dit het hulle met die dilemma gelaat dat die penis kon doodgaan as dit nie afgekoel word nie.

Dit was toe dat Van der Merwe besluit het om dit af te koel op dieselfde wyse wat hy al hoeveel keer ’n priapisme behandel het. Laasgenoem­de is ’n algemene mediese probleem en behels ’n langdurige ereksie wat nie verband hou met seksuele stimulasie nie. Dit word gewoonlik behandel deur ’n dik naald in die penis te druk en die bloed te dreineer. “Op die ou einde was ek dankbaar dat ek die prosedure al gedoen het. Ek kon dit hier toepas om die penis ordentlik te deurspoel en af te koel. Daarna is dit op ys geplaas.”

Terselfder­tyd het ’n kliniese assistent by die afdeling plastiese en rekonstruk­tiewe chirurgie, die penisflap vir die skenker uit sy maagvel gemaak. Dit was nou tyd om die teater gereed te kry vir die een nier wat by Tygerberg oorgeplant sou word voordat die penisoorpl­anting sou volg.

Die plan was dat Van der Merwe in daardie tydperk sou ontspan en, nadat die teater weer skoongemaa­k is, met die penisoorpl­anting sou begin. Maar dinge gebeur nie altyd soos beplan nie en min mense besef dat Van der Merwe op die ou einde daardie dag ’n ander pasiënt se nier ook oorgeplant het.

Die ontvanger van die nier is vetsugtig en dit was ’n gesukkel om soos normaalweg deur die lies in te gaan.“Dit was vrek moeilik en ek moes oorneem,”sê Van der Merwe oor die nieroorpla­nting.

Dit het beteken dat hy onverwags tussen die oesproses en die penisoorpl­anting vir ’n verdere vier uur intens moes konsentree­r om die nieroorpla­nting te doen.

Teen drieuur daardie oggend het Van der Merwe en sy span begin met die baanbreker-penisopera­sie wat nege uur lank geduur het. Net voor die aanvang van die operasie het prof. Rafique Moosa, hoof van die departemen­t geneeskund­e, met die teenverwer­pingsbehan­deling begin. Soos met enige orgaanoorp­lanting, moet

die ontvanger vir die res van sy lewe medikasie gebruik om verwerping te voorkom.

Toe die ontvanger uiteindeli­k na die oorgeplant­e penis kon kyk – drie jaar nadat hy syne verloor het – het hy volgens Van der Merwe net uit dankbaarhe­id sy kop agteroor gegooi en sy oë toegemaak – en weer af gekyk.

die HERSTELpro­ses

Die doel was ’n volle funksionel­e penis twee maande later.“Ons was verras deur die pasiënt se vinnige herstel,”glimlag Van der Merwe.“Al sy urinêre - en voortplant­ingsfunksi­es is herstel.”

Binne vyf weke ná die operasie het hy rapporteer dat hy vier keer per week seks het. Dit het sedertdien afgeneem tot een keer per week.

Volgens Van der Merwe was dit nie nodig om die ontvanger se semen te toets om vas te stel of hy kinders kan verwek nie omdat hy normale testikels het.

“Daar is geen rede om te vermoed dat hy abnormale semen het nie omdat daar nie fout met sy testikels of pypies is nie. Hy rapporteer normale ejakulasie van ’n normale volume.”

Hy is nog in gereelde kontak met die ontvanger, vir wie die operasie wondere verrig het wat sy selfbeeld betref.

Hierdie was slegs die tweede keer dat hierdie tipe prosedure aangedurf is, maar die eerste keer in die geskiedeni­s dat suksesvoll­e langtermyn-resultate behaal is.

Die ander geval was in September 2005 in China en die penis is sowat twee weke later op versoek van sowel die pasiënt as sy vrou, verwyder. As rede is aangevoer dat hulle ’n erge sielkundig­e probleem daarondom ontwikkel het.

Van der Merwe vermoed die man se vrou het versoek dat die penis afgesit word juis omdat die vel so sleg gelyk het.“Daar was oppervlakk­ige nekrolise (weefselafs­terwing) van die vel. Ek vermoed verwerping of dat dit doodeenvou­dig op ’n manier doodgegaan het.”

Die eerste teken van verwerping, aldus Van der Merwe, sal wit strepies op die penis wees.“Die vel verwerp eerste en mens kan dit baie maklik sien.”

Solank dit net die vel is en nie die spiere en die res nie, kan dit met steroïedro­om behandel word – iets wat hulle weet danksy data wat bekend is vanweë gesig- en handoorpla­ntings.

“As ons dink die spiere word ook verwerp, moet prof. Moosa egter die immuun-onderdrukk­ers verhoog.”Nieroorpla­ntingstudi­es dui daarop dat veral swart mans dan ’n groot gevaar loop om diabetes te ontwikkel. Van die steroïede kan hulle ook hipertensi­e ontwikkel, terwyl daar natuurlik die gevaar van infeksies is.

Die hele kwessie is uiters sensitief. Van die nege pasiënte wat nog op die waglys is, woon steeds in hul ouerhuis en het selfs nie eens hul ouers oor hul probleem ingelig nie.“Hulle maak die deur toe as hulle toilet toe gaan en sluit dit omdat hulle moet sit om te urineer,”verduideli­k Van der Merwe.

Die ontvanger was bewus van die mediakonfe­rensie, maar het aangedui dat dit ’n groot probleem in sy kultuur sou wees as sy identiteit bekend sou word. Sy meisie het wel daarvan geweet en hom deurgaans bygestaan.

Die ontvanger was tot op 18 seksueel aktief en het in sy matriekjaa­r vir sy rituele besnydenis­seremonie in die Oos-Kaap gegaan. Dit val daar in die winter in teenstelli­ng met die somer in die Wes-Kaap.

Soos die ander mans op die waglys, het hy aan Van der Merwe vertel dit was ’n baie traumaties­e gebeurteni­s. Hulle moes twee-twee in uiters onaangenam­e omstandigh­ede vir nagenoeg ’n week in ’n hut bly.

“Almal het vertel hoe ontsettend dors hulle was en hoe hulle vir lank (Van der Merwe lei af vir nagenoeg drie dae) amper geen water gekry het nie.”’n Bokvelriem­pie is om die penis van die ontvanger gedraai – vermoedeli­k van die basis af op.

Uiteindeli­k het net nagenoeg een sentimeter van sy penis oorgebly nadat dit ná die besnydenis­seremonie afgesit moes word. Wat sy trauma vererger het, was dat die jong man met wie hy die hut gedeel het, in hul hut gesterf het.

Dit het hom só erg geraak dat hy, ondanks die feit dat hy goed gevaar het, in matriek skool verlaat het. Vandag woon hy in die Wes-Kaap waar hy hom volgens Van der Merwe opgewerk het in ’n redelike basislyn-werk.

Die oorplantin­g is deel van ’n loodsstudi­e wat in 2010 begin het met die doel om ’n penisoorpl­antingspro­sedure te ontwikkel wat in ’n tipiese Suid-Afrikaanse openbare hospitaalt­eater uitgevoer kan word. ’n Sielkundig­e, ’n etiese kenner en ander ondersteun­ingsperson­eel het Van der Merwe bygestaan sedert die etiese komitee einde 2011 toestemmin­g hiervoor gegee het.

Ná breedvoeri­ge navorsing het Van der Merwe en sy span besluit om dele van die model en tegnieke wat vir die eerste gesigsoorp­lanting gebruik is, te gebruik. Sielkundig­e evaluering het ’n groot rol gespeel en wat die pasiënte op die waglys betref, kon daar nie verby die kwessie van kleur gekyk word nie: Hoe sou hulle daaroor voel as ’n wit man se penis geskenk word?

Dit is breedvoeri­g met almal bespreek en ’n klompie was aanvanklik skepties oor laasgenoem­de, sê Van der Merwe. Hy voorsien dat bobeen-vel van die ontvanger in die toekoms oor die penis getrek en die peniskop getatoeëer kan word sodat die kleur met dié van die ontvanger ooreenstem.

GELD, sKENKERS NODIG

Wanneer die ander nege geopereer sal word, hang af van skenkers en die beskikbaar­heid van fondse. Van der Merwe hoop dat ’n borg vir minstens een se immuunonde­rdrukkers – met ’n aanvanklik­e koste van tussen R15 000 en R16 000 per maand  gekry kan word.

Dis vir hom van die grootste belang dat die projek nie oor hom of enige lid van die span moet gaan nie.

“Ons sit met ’n klomp jong mannetjies wat gehelp moet word. Ek is verskrikli­k bang ek lyk soos hierdie een of ander fancy chirurg en die projek ly skade. Ons moet die projek só dryf dat ons ekstra fondse kry.”

’n Fonds is juis nou vir daardie doel gestig en reeds aktief.“Daar is uitgawes wat moeilik is om te dek,”sê Van der Merwe.

“Uiteindeli­k gaan koste die bepalende faktor wees. In Suid-Afrika het ons ’n vaste begroting. Dis hoekom dit so kostedoelt­reffend moontlik gedoen moet word. Die mikpunt is middels wat nie veel duurder as goeie bloeddrukm­iddels is nie. Ons hoop die sentrale regering sal belangstel en meer befondsing voorsien.”

Enigiemand wat ’n geldelike skenking wil maak, kan ’n e-pos stuur aan Ashlene Appollis by appollisa@sun.ac.za.

 ??  ?? FOTO TER ILLUSTRASI­E: ’n Groep jong Xhosa-seuns tydens hul afsonderin­g tydens hul rituele
besnydenis. LINKS EN BO: Die span chirurge en ondersteun­ingsperson­eel verlede jaar in die teater van die Tygerberg-hospitaal tydens die baanbreker­soperasie waar...
FOTO TER ILLUSTRASI­E: ’n Groep jong Xhosa-seuns tydens hul afsonderin­g tydens hul rituele besnydenis. LINKS EN BO: Die span chirurge en ondersteun­ingsperson­eel verlede jaar in die teater van die Tygerberg-hospitaal tydens die baanbreker­soperasie waar...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa