Kuier

Brei ’n stylvolle trui vir die koeler weer

Brei dié stylvolle trui. Dis perfek vir die koel herfsoggen­de.

- Patroon en foto verskaf deur SAPROTEX

BELANGRIK

As die breidraad wat aangedui word nie gebruik word nie, kan SAPROTEX nie verantwoor­delikheid vir die voltooide item aanvaar nie. Die gedrukte kleur kan verskil van die breidraad se werklike kleur as gevolg van drukbeperk­ings. Die hoeveelhei­d breidraad is volgens gemiddelde gebruik bepaal en is dus net by benadering. Besoek www.elleyarns.com

BENODIGDHE­DE

ELLE COURTELLE DUBBELDRAA­D (50 g-bolle)

7(8;8;9;10;10;11) bolle in kleur van eie keuse 4 mm-breipenne Breispeld of hulppen Kabelpen

MATES

Vir groottes: 72-77 (82-87;92-97;102-107;112117;122-127;132-137) cm. Werklike mates: Bors: 88 (100;110;120;130;140;150) cm. Lengte tot skouer: 60 (62;64;67;70;72;74) cm. Die aanwysings is vir die kleinste grootte, met die groter groottes in hakies; waar net een getal gegee word, is dit van toepassing op al die groottes.

SPANNING

22 ste en 30 rye = 10 cm in koussteek met 4 mm-breipenne. Vir die beste resultate is dit noodsaakli­k om die regte spanning te verkry. As daar te min steke op die proefstuk is, gebruik dunner breipenne. As daar te veel steke op die proefstuk is, gebruik dikker breipenne.

STEKE GEBRUIK

RIFFELPATR­OON

1e ry: RKV, r1, *aw2, r1, her van * tot einde. 2e en elke vlg ry: Brei ste soos dit voorkom (= r die r ste en aw die aw ste).

KABELPATRO­ON Oor 10 ste gebrei: 1e ry: RKV, aw1, r4, aw1, r1, aw2, r1. 2e ry: Aw1, r2, aw1, r1, aw4, r1. 3e ry: Aw1, K4V, aw1, r1, aw2, r1. 4e ry: Soos 2e ry. Her dié 4 rye.

4-STEEK-KABELPATRO­ON Oor 4 ste gebrei: 1e ry: RKV, r. 2e ry: Aw. 3e ry: K4V. 4e ry: Aw. Her dié 4 rye.

8-STEEK-KABELPATRO­ON Oor 8 ste gebrei: 1e ry: R. 2e ry: Aw. 3e ry: K8V. 4e ry: Aw. 5e tot 8e rye: Her 1e en 2e rye twee keer. Her dié 8 rye.

OM TE BREI

AGTERPANT: Stel 118(136;150;162;176;188;202) ste op met 4 mm-breipenne en brei reguit verder in pat met ste in 1e ry soos volg ingedeel: *Aw1(0;0;0;0;2;0) ste, (r1, aw2) 2(2;1;0;2;0;0) keer, r1(1;1;0;1;1;0) st, brei 1e ry van kabelpat (sien steke gebruik) 1(2;2;3;2;3;3) keer, aw1, brei 1e ry van 8-steek-kabelpat, aw1, r1, aw2, r1, brei 1e ry van kabelpat 2(2;3;3;4;4;5) keer, aw1, brei 1e ry van 4-steek-kabelpat, aw1*, r2, **brei 1e ry van kabelpat 3(3;4;4;5;5;6) keer, aw1, brei 1e ry van 8-steek-kabelpat, aw1, r1, aw2, r1, brei 1e ry van kabelpat 1(2;2;2;2;2;2) keer, (aw2, r1) 1(1;0;0;1;0;0) keer, aw1(0;0;1;0;1;1) st, brei 1e ry van 4-steek-kabelpat 0(0;0;1;0;1;1) keer, aw0(0;0;1;0;1;1) st, r0(0;0;0;0;1;0) st, aw0(0;0;0;0;2;0) ste**. ***2e ry: R1(0;0;1;0;2;1) ste, (aw1, r2) 1(1;0;0;1;0;0) keer, aw0(0;0;0;0;1;0) st, r0(0;0;0;0;1;0) st, brei 2e ry van 4-steek-kabelpat 0(0;0;1;0;1;1) keer, r0(0;0;1;0;1;1) st, brei 2e ry van kabelpat 1(2;2;2;2;2;2) keer, aw1, r2, aw1, r1, brei 2e ry van 8-steek-kabelpat, r1, brei 2e ry van kabelpat 3(3;4;4;5;5;6) keer***, aw2, ****r1, brei 2e ry van 4-steek-kabelpat, r1, brei 2e ry van kabelpat 2(2;3;3;4;4;5) keer, aw1, r2, aw1, r1, brei 2e ry van 8-steek-kabelpat, r1, brei 2e ry van kabelpat 1(2;2;3;2;3;3) keer, (aw1, r2) 2(2;1;0;2;1;0) keer, aw1(1;1;0;1;0;0) st, r1(0;0;0;0;0;0) st****. Brei reguit in pat verder soos ste nou ingedeel is (brei korrekte rye van pat) en wanneer werk 42(42;42;43;46;46;48) cm van beg is, eindig met ’n VKR.

Vorm mousgate: Hou pat korrek, heg 4(5;5;6;6;7;7) ste af aan beg van vlg 2 rye, 3(3;3;4;4;4;4) ste aan beg van vlg 2 rye, 2 ste aan beg van vlg 4(6;6;8;8;8;8) rye, vermin dan 1 st (= brei 2 tes) aan elke kant van vlg en elke vlg alt ry 5(6;6;5;5;7;7) keer altesaam = 86(96;110;116;130;136;150) ste. Brei reguit verder en wanneer werk 60(62;64;67;70;72;74) cm van beg is, eindig met ’n VKR, heg al die ste in pat af. Merk middelste 54(54;64;74;94;94;114) ste met ’n stukkie gekleurde breidraad vir nekopening agter. Sit ’n merker in middel van hals agter.

REGTERVOOR­PANT: Stel 59(68;75;81;88;94;101) ste op met 4 mmbreipenn­e en brei reguit verder in pat, met ste in 1e ry soos volg ingedeel: R1, brei soos agterpant van ** tot **. 2e ry: Brei soos agterpant van *** tot ***, aw1. *Brei reguit verder in pat soos ste nou ingedeel is (brei korrekte rye van pat) en wanneer werk 32(34;36;39;42;44;46) cm van beg is, eindig met ’n VKR vir regtervoor­pant en ’n RKR vir linkervoor­pant.

Vorm voorpant: Heg 27(27;37;37;47;47;57) ste in pat af, pat tot einde. Brei reguit oor oorblywend­e ste verder en wanneer werk 42(42;42;43;46;46;48) cm van beg is, eindig aan syrand (= RKR vir regtervoor­pant en VKR vir linkervoor­pant).

Vorm mousgat: Hou pat korrek, heg 4(5;5;6;6;7;7) ste af aan beg van vlg ry, 3(3;3;4;4;4;4) ste aan dieselfde rand van vlg alt ry, 2ste aan beg van elke vlg alt ry 2(3;3;4;4;4;4) keer, vermin dan 1 st aan beg van elke vlg alt ry 5(6;6;5;5;7;7) keer = 16(21;18;21;18;21;18) ste. Brei reguit verder en wanneer werk so lank soos agterpant tot by skouer is, eindig met ’n VKR, heg al die ste in pat af.

LINKERVOOR­PANT: Stel 59(68;75;81;88;94;101) ste op met 4 mmbreipenn­e en brei reguit verder in pat, met ste in 1e ry soos volg ingedeel: Brei soos agterpant van * tot *, r1. 2e ry: Aw1, brei soos agterpant van **** tot ****. Voltooi soos regtervoor­pant van * tot einde.

MOUE:

Albei dieselfde: Stel 73(85;91;97;103;109;115) ste op met 4 mm-breipenne en brei 2 rye in rif-pat.

Vorm moukop: Hou pat korrek, heg 4(5;5;6;6;7;7) ste af aan beg van vlg 2 rye, 3 ste aan beg van vlg 0(0;2;4;4;4;4) rye, 2 ste aan beg van vlg 4(6;4;4;4;4;4) rye, vermin dan 1 st aan elke kant van vlg en elke vlg alt ry 1(2;2;3;3;3;4) keer altesaam, elke vlg 4e ry 5(4;6;5;7;9;10) keer, elke vlg alt ry 2(3;3;3;2;1;1) keer, heg 2 ste af aan beg van vlg 6(6;4;4;4;4;4) rye, dan 7(8;9;8;8;8;9) ste aan beg van vlg 2 rye = 15(17;19;19;23;25;25) ste. Heg al die ste in rif af.

OM VAS TE WERK

Werk skouernate toe.

Linkervoor­paneel: Met RKV en 4 mm-breipenne, tel op en r27(27;33;39;48;48;57) ste aan nekrand agter van merker in middel af en 70 ste (= ±25 ste per 10 cm) eweredig aan reguit rand van linkervoor­pant af = 97(97;103;109;118;118;127) ste. Brei reguit in rif-pat tot paneel op afhegrand pas, eindig met ’n VKR. Tel op en r84(87;90;99;105;114;117) ste eweredig aan reguit rand van linkervoor­pant af = 181(184;193;208;223;232;244) ste. Brei nog 4 rye in rif-pat, eindig met ’n VKR en heg al die ste in rif af. Werk paneel in posisie vas aan afhegrand van voorpant.

Regtervoor­paneel: Met RKV en 4 mm-breipenne, tel op en r84(87;90;99;105;114;117) ste eweredig aan reguit rand van regtervoor­pant tot by afgehegte ste en laat dié ste op ’n hulppen. Tel 70 ste eweredig op aan reguit rand van linkervoor­pant en 27(27;33;39;48;48;57) ste aan nekrand agter tot by merker in middel. Brei in rif-pat tot paneel op afhegrand pas, eindig met ’n RKR. Rif oor al die ste = 181(184;193;208;223;232;244) ste. Brei nog 3 rye in rif-pat, eindig met ’n VKR, heg al die ste in rif af. Werk paneel in posisie vas aan afhegrand van voorpant. Maak naat van nek in middelagte­r toe. Vou moue in die lengte in die helfte, sit die voue op die skouernate en werk die moue so vas. Werk sy- en mounate toe. Blok trui tot mate, bedek met ’n klam lap en laat droog word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa