Kuier

Is verassing beter as om begrawe te word?

Met die hoë koste van begrafniss­e, oorweeg meer mense deesdae verassing. Maar is dit ’n oplossing vir almal?

- DEUR ivor price

Dit kan nogal ’n duur storie raak om dood te gaan en al hoe meer mense oorweeg deesdae verassings as ’n alternatie­f tot die tradisione­le begrafnis. Dis aansienlik goedkoper en jy hoef dus nie geld te leen om van ’n geliefde afskeid te neem nie.

’n Kuier- leser van Boksburg in Gauteng, Nina Willemse (39), sê haar gesin moes verlede jaar die besluit maak om eerder ’n geliefde te veras.“Dit was ’n eerste vir ons familie – en was dít drama. Maar my niggie het nie ’n begrafnisb­oekie gehad nie en ons kon nie vinnig genoeg die R15 000 vir die ondernemer op die tafel sit nie.”

Die verassing het toe skaars R5 000 gekos, maar die familietwi­s is nog nie heeltemal opgelos nie.“Van die ouer mense dink dié wat veras word, gaan reguit hel toe. Die buurvrou het ook haar mond uitgespoel en gesê ons sal eendag met die Opstanding moet verduideli­k waarom ons niggie veras is. Gelukkig het die dominee kom ingryp …”

Pastoor Donovan Samuels van die House on Fire-bediening in Eersterust, Pretoria, beskryf dit as ’n “intens persoonlik­e besluit”om iemand eerder te veras as te begrawe.“Baie kerke voel verskillen­d daar- oor en die beste is om oop kaarte met jou geestelike leier te speel. Sommige bruin gemeenskap­pe het byvoorbeel­d ook oor die jare begin dink dit is ’n‘wit-ding’om te veras. Maar dit hoef nie so te wees nie.”

Volgens Archie Truter, die takbestuur­der van die Doves-begrafniso­nderneming in Worcester buite Kaapstad, besluit al hoe meer mense (van uiteenlope­nde gemeenskap­pe) deesdae op verassings.

“Grondspasi­e is deesdae so beperk en al hoe meer kerke begin mure bou waarin die as dan geplaas word,”sê hy.“Dit is baie goedkoper op die lange duur. Oral sukkel begraafpla­se met vandalisme en jy het nie daai probleem met ’n muur by die kerk nie. Buiten die koste van ’n begrafnis, kos dit jou later geld om ’n gebreekte kopstuk (grafsteen) by ’n begraafpla­as reg te maak.”

wat behels die KOSTES?

Archie sê daar is baie faktore wat die uiteindeli­ke koste van ’n verassing en begrafnis bepaal. Dit sluit in die hoeveelhei­d en soort blomme wat gekies word, die hoeveelhei­d programme wat gedruk moet word en ook die koste van ’n kis.

“Die goedkoopst­e kis is omtrent R2 500 en dit word veral by verassings gebruik. Dis nie ’n lelike kis nie, maar nie een wat noodwendig by die kerk hoef te wees nie. Dis ideaal as daar ’n roudiens by die kerk is, maar die kis gaan reguit na die plek van verassing. Onthou, dit is die wet om iemand in ’n kis te begrawe,”verduideli­k hy.

Diegene wat egter begrafniss­e kies, huiwer nie om vir die duurste kis op die mark te kies nie.“Jong, dan betaal mense tot R30 000 vir ’n kis. Ek noem dit jou elite kiste soos caskets en dome caskets. Dis nogal spoggerig. Ek het al ’n geval gehad waar ons glas moes insit en dit is heeltemal uitgevoer met kussings.”

Maar past. Samuels is nie oortuig verassings is die waardigste manier om ’n geliefde te groet nie.“Ja, begrafniss­e word duur, maar dit is omdat die ondernemer­s nou slim maniere gevind het om ekstra geld uit die dood te maak.”

Sy mond het al oopgehang oor al die tierlantyn­tjies wat hy by ter aarde bestelling­s opmerk – tierlantyn­tjies waarvoor die familie betaal en dit als om roubeklaer­s te beïndruk.“Dis regtig nie nodig nie. Jy beïndruk in elk geval mense wat ’n week ná die begrafnis uit jou lewe gaan verdwyn terwyl jy op jou eie die verlies probeer verwerk.”

Só het past. Samuels al gesien hoe begrafniso­ndernemers soos wafferse kelners skinkborde met sap en tjoklits ronddra. “Die familie kry tot Quality Streets en almal drink te lekker aan die cooler box vol koeldrank. Dit is sulke ekstra goedjies waarvoor jy betaal. Moenie vergeet van die gazebo met die oorgetrekt­e stoele wat langs die graf vir die familie voorberei word nie. Dis ’n onnodighei­d wat geld kos.”

Archie sê egter by sy ondernemin­g is gazebo’s en stoele by die prys ingesluit, hoewel nie alle begrafniso­ndernemers dit doen nie.“Dis al standaard by ons: Gazebo’s en stoele by die graf, met baniere wat opgeslaan en ingedruk word. Ons het ook ’n tafel waar water neergesit word. Enigiets wat die familie wil hê, kan ons reël, maar jy gaan betaal vir ekstras soos Cokes en tjoklits.”

Baie families ontsien egter geen moeite (en geld!) om ’n geliefde se laaste afskeid spesiaal én spoggerig te maak nie.“Ek het al limousines uit die Kaap ingery om die familie rond te ry; om nie te praat van koerantadv­ertensies in verskillen­de publikasie­s nie. Dit hang maar af van watter soort mense dit is en watter beeld hulle wil skep.”

Maar hoekom is ’n verassing noodwendig goedkoper as ’n begrafnis?

Volgens Archie begin dit met die koste van ’n plot by die begraafpla­as.“Onthou, hier is dan munisipale fooie ter sprake. Jy betaal vir die plot self en dan nog vir die oop- en toemaak daarvan. Afhangend van waar jy begrawe wil word, kos ’n enkelplot minstens R1 000. Daar is nie meer plotte langs mekaar beskikbaar nie, maar ’n dubbelplot (bo-op mekaar) kos amper R2 000.”

Ja, ’n verassing is aansienlik goedkoper, sê Archie, maar ook daar speel ’n paar faktore ’n rol.“Ons doen al ons verassings deur die Independen­t Crematoriu­ms South Africa en daar is ’n ekstra koste as die familie fisiek by die verassing teenwoordi­g wil wees. Daar moet dan ’n spesifieke datum, tyd en plek gereël word. As mense nie teenwoordi­g wil wees nie, is daar bloot ’n standaardf­ooi wat betaal moet word.”

By ’n verassing betaal jy ’n krematoriu­men doktersfoo­i.“Daar is drie dokters wat betrokke is by die aftekening van ’n verassing en jy betaal daarvoor. Onthou, nadat jy veras is, is daar geen DNS meer oor nie. Die een dokter moet die ander dokter se werk afteken,”verduideli­k Archie.

Die begrafniso­ndernemer hef ook by begrafniss­e sowel as verassing ’n diensfooi wat tipies al die logistieke uitgawes soos petrolgeld, telefoonko­stes, die registrasi­e van die dood en die voorbereid­ing van die liggaam, insluit. Jy betaal dan ook vir die blomme, programme en die reël van ’n orrelis as jou kerk nie reeds een het wat dit gratis sal doen nie.

Nie alle Kuier- lesers hou egter van die idee van ’n verassing nie – selfs al is dit goedkoper. Ageline Volker (62) van Westbury, Johannesbu­rg, sê sy draai in haar graf om as haar kinders besluit om haar te veras.

“Ek sal net tot rus kom as ek ’n ordentlike begrafnis kry, met ’n grafsteen bo my kop. Met my eie pa het ons lank gesukkel om R13 000 vir ’n grafsteen bymekaar te skraap, maar dit is soveel waardiger. En as my kinders nie die geld het om vir die begrafnis te betaal nie, behoort die gemeente daarmee te help. Ek is mos immers ’n kerkvrou.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa