Kuier

Inentings kan jou kind se lewe red

Daar is nie wetgewing wat bepaal dat jou kind ingeënt moet word nie, maar dit kan haar lewe red.

- DEUR DEUR IVOR PRICE

op die meeste gaan dit tot ’n paar trane vir jou kind lei, maar op die lange duur is dit ’n inspuiting wat haar lewe kan red. Dit lyk egter of baie ouers steeds nie heeltemal oortuig is dat inentings veilig is nie – ten spyte van bewyse dat inenting teen masels, pampoentji­es en Duitse masels lewens red.

Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie wil juis tydens internasio­nale inentingsw­eek van 24 to 30 April mense bewus maak van die feit dat inentings jaarliks meer as twee miljoen kinders se lewens red, en tog sterf 1 uit elke 5 kinders wêreldwyd omdat hulle nie ingeënt word nie.

In Amerika woed ’n heftige debat oor inentings nadat meer as 100 mense in so min as ses weke in Disneyland met masels besmet is. Die oorsaak? Duisende ouers weier om hul kinders daarteen te laat inent omdat hulle gesondheid­simplikasi­es vrees en glo inentings veroorsaak outisme.

Maar kenners waarsku dat masels uiters aansteekli­k is. Vir elke een mens wat dit kry, versprei dit na tot agt ander.

Die teen-inentingsb­eweging maak ook opslae in lande soos Pakistan, waar ouers wat weier om hul kinders teen veral polio te laat inent, nou summier in hegtenis geneem word. Hier word agter geloofsred­es geskuil en ouers is bang hul kinders kan later weens die inentings outisties word, hoewel daar min bewyse hiervan is.

Hoewel daar nie tans grootskaal­se paniek oor inentings in Suid-Afrika is nie, sê Melody Warrington*, ’n kleutersko­oljuffrou van Boksburg aan Gauteng se Oosrand, plaaslike verpleegst­ers het al moedeloos aan haar deur kom klop.

“Hulle het my gevra om gesondheid­spamflette aan die mammas uit te deel, want party van hulle wil glo niks weet nie. Snaaks genoeg is baie van die ma’s self as babatjies ingeënt, maar hulle wil nie dieselfde vir hulle kinders doen nie. Hulle besef nie dit kan ’n lewe red nie.”

Volgens ’n studie wat in die mediese tydskrif Pediatrics gepublisee­r is, is sommige skeptiese ouers selfs meer gekant teen inenting nadat hulle bewyse gesien het van die noodsaak daarvan om hul kinders te laat inent.

Navorsers het bykans 2 000 ouers gevra om na boodskappe oor inenting te kyk. Dit het stories ingesluit oor die negatiewe impak daarvan as kinders nie ingeënt word nie, asook wetenskapl­ike bewyse dat daar (ten spyte van opvattings) geen verband tussen outisme en inentings bestaan nie. Die ouers moes daarna ’n vraelys invul.

Brendan Nyhan, een van die navorsers, glo nie sulke veldtogte help nie.“Om die feite en bewyse in mense se kele af te druk, is baie keer nie die doeltreffe­ndste aanslag nie,” sê hy.

Verder is baie ouers skepties oor wetenskapl­ikes en die pro-inentingsb­eweging se bedoelings en dink hulle word om die bos gelei. Mense dink:“Waarom probeer hulle so hard om my te oortuig?”sê hy.

Brendan meen dit is kommerwekk­end dat die boodskappe nie doeltreffe­nd is nie omdat die siektes waarteen kinders ingeënt word, gevaarlike­r is as ooit.

“Ons moet boodskappe toets wat ons

in openbare gesondheid­sorg kan gebruik wanneer ons nuwe uitvinding­s toets. Daar is nie tans ’n krisis nie, maar dit gaan daaroor om te sorg dat een nie ontstaan nie.”

Kenners is veral bekommerd oor kinders in dele van die Noord-Kaap en Gauteng, wat verlede jaar gebuk gegaan het onder ’n uitbreek van masels. Daar was laasjaar amper 60 gevalle van kinders wat masels opgedoen het, al is die siekte volgens Joe Maila, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid, behandelba­ar.

“Dit is ’n ernstige siekte en ons pleit by ouers om seker te maak hul kinders is ingeënt. Dit (masels) is ’n hoogs aansteekli­ke en gevaarlike siekte. Alle kinders wat in ons hospitale is, se inentingse­rtifikate sal nagegaan word. As hulle nie ingeënt is nie, sal ons dit doen,”waarsku Joe.

Lebogang Majaha, gesondheid­swoordvoer­der in die Noord-Kaap, sê egter hulle wil nie paniek saai nie.

“Ons maak gemeenskap­pe eerder bewus van die siekte en voorkoming. Ons is bekommerd oor die hoë aantal gevalle wat aangemeld is. Ons werk nou saam met die Nasionale Instituut vir Aanmeldbar­e Siektes, en die nasionale departemen­t van gesondheid om die uitbreking te keer.

“Ons het ook ’n bewusmakin­gsprogram waarin ouers gevra word om kinders dop te hou vir enige tekens van die siekte. Kinders moes ingeënt word tussen nege en 18 maande oud,”sê sy verder.

Die Nasionale Instituut vir Aanmeldbar­e Siektes sê in ’n inligtings­tuk masels is ’n hoogs aansteekli­ke siekte wat meestal by kinders voorkom. Dit word deur ’n rubeola-virus veroorsaak, wat ook die asemhaling­stelsel aanval. Masels versprei deur druppels wat deur die geïnfektee­rde persoon deur asemhaling, nies en hoes vrygestel word, of deur direkte kontak met liggaamsvl­oeistowwe van die keel en neus.

Die aanvanklik­e simptome is moegheid, koors, verlies van eetlus, asook rooi oë, hoes en ’n loopneus. Later sal wit kolle op die gesig ontwikkel en na die nek, bors, arms, bene, handpalms en voetsole versprei.

“Inenting word wyd beskou as een van die mees suksesvoll­e en boonop goedkoopst­e gesondheid­sintervens­ies,”sê dr. Chester Louw, ’n huisdokter van Johannesbu­rg.“Dit voorkom omtrent tussen twee en drie miljoen sterftes per jaar, en beskerm nie net kinders teen siektes waarvoor daar al jare lank inentings bestaan nie, maar ook longontste­king en rotavirusd­iarree wat twee van die grootste gevare is vir kinders. Adolessent­e en kinders word ook deur inentings beskerm teen lewensgeva­arlike siektes soos meningitis.”

HOE WERK DIT?

Maar hoekom is sommige ouers so bang daarvoor? Louw sê inentings stimuleer die liggaam se eie immuunstel­sel om die persoon teen latere infeksies en siekte te beskerm. Daar is twee kategorieë van inentings: lewendige (aktiewe) entstowwe en dooie (onaktiewe) entstowwe.

Lewendige entstowwe is geneties aangepas en verswak dat dit die persoon besmet, maar nie siekte veroorsaak nie, verduideli­k prof. Barry Schoub van die Nasionale Instituut vir Oordraagba­re Siektes (Nios).

Die organisme in die entstof is lewendig, maar dit kan nie ’n kind met ’n normale immuunstel­sel siek maak nie. Dit stimuleer die immuunstel­sel nes ’n gewone infeksie. So ontwikkel die persoon ’n weerstand teen die siekte. (Dit geld nie vir diegene met verswakte immuunstel­sels nie).

Die inentings vir masels, pampoentji­es, Duitse masels en orale polio is gewoonlik lewendige entstowwe.

Louw vertel daar is baie stories van mense wat beweer hulle is deur inenting geskend en wil daarom nie hul kinders dié paadjie laat loop nie.“Dis meestal mense wat vertel die enstof vir masels, pampoentji­es en Duitse masels kan aan outisme verbind word. Maar klomp studies kon geen skakel tussen die entstof en outisme vind nie.

“Entstowwe het soms newe-effekte, maar dié newe-effekte is feitlik altyd nietig,” verduideli­k hy.

Erger newe-effekte kan wel intree indien ’n kind allergies is vir een van die entstof se komponente.“Dan moet hulle beslis nie die inenting kry nie.”

Hoewel erge allergie vir ent-stowwe se komponente uiters seldsaam is, verhinder niks ’n ouer om voor die kind se inenting ’n allergieto­ets te laat doen nie. Volgens die Amerikaans­e Sentrum vir Siektes, het egter net een uit elke miljoen mense ’n ernstige allergiese reaksie op inentings.

Die moontlike komplikasi­es van die siektes wat deur inenting voorkom word, is egter baie gevaarlike­r en waarskynli­ker as die newe-effekte van inentings. Erge newe-effekte is baie seldsaam en moet altyd gesien word in die lig van siektes wat voorkom en die uitwerking van die siekte sonder inenting.

“Vir ’n kind wat nié ingeënt is nie, kan elke hoes of nies in ’n openbare ruimte potensieel noodlottig­e kieme dra waarvoor die kind kwesbaar is. ’n Eenvoudige hoes of nies kan tot meningitis, longontste­king of selfs breinskade lei,”waarsku Louw.

Dit is wel belangrik om te besef geen medisyne kan onfeilbare sukses waarborg nie. Inentings teen sekere siektes is steeds nie ’n waarborg dat die persoon nooit die siekte sal kry nie. Die meeste inentings is sowat 95% doeltreffe­nd as dit op die bepaalde tye vir gesonde kinders gegee word.

WAT Sê DIE WET?

Die koste van inentings word deur die regering gedek tot wanneer die kind 12 jaar oud is. Tans is daar egter geen wetgewing wat inentings vereis nie, sê prof. Schoub.

Wanneer ’n vrou in ’n hospitaal of kliniek ’n baba het, kry sy ’n“Road to Health”-sertifikaa­t waarop die kind se inentings ingevul moet word.

Volgens die toelatings­beleid vir openbare skole moet bewyse van inenting teen polio, masels, tuberkulos­e, witseerkee­l (difterie), tetanus en hepatitis B gewys word voordat ’n kind by die skool toegelaat word.

As daar nie bewyse is nie, moet die skoolhoof die ouers vra om die kind te laat inent. Daar is geen wettige gevolge as die ouers die kind nie wil inent nie, maar daar word verwag dat hulle wel in die kinders se belang sal optree.

*Skuilnaam

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa