Kuier

Tienerseun mik nou na Harvard

Die meeste van ons sien rekenaars as ’n blikbrein vir daaglikse take verrig, maar van kleins af het dié outjie al ’n besondere gawe vir IT en nou mik hy Harvard toe.

- DEUR Maretha Botes

Mark Botros (12) is dalk nog nat agter die ore, maar hy het reeds die wêreld aan die gons oor sy uitsonderl­ike rekenaarta­lent.

Sy droom is om die volgende Bill Gates, die eienaar van Microsoft en die rykste man in die wêreld, te word.“My droom is groot, ek weet. Maar ek wéét dit kan waar word, want ek werk baie lankal daaraan en ek werk baie hard. Ek wil nog baie meer bereik,”sê Mark wat van Johannesbu­rg is.

Só ’n stelling laat dalk die wenkbroue lig, veral as jy weet die knaap wat dit maak, is maar twaalf jaar oud. En, oom Bill, Mark is ook nie sommer van hier nie.

Sy IT-onderwyser­s sal jou vinnig laat verstaan Mark weet óók waarvan hy praat as dit by rekenaars kom. Hy is maar in graad 7 en word bestempel as ’n IT genius.

Mark is die jongste Suid-Afrikaner nóg om ’n internasio­nale IT-kwalifikas­ie te verwerf. Die kwalifikas­ie maak van hom ’n internasio­naal erkende IT-tegnikus en hy het die nodige A+ kwalifikas­ie verwerf om dit te bewys. Dié tersiêre kwalifikas­ie word gewoonlik verwerf deur studente wat reeds hul matriekein­deksamens geslaag het. Dink net hoeveel Mark nóg kan vermag teen die tyd wat hy in sy twintigs is.

As Mark se grysblou oë ophelder soos hy praat oor sy droom om die IT-wêreld op horings te neem, staan jy verbaas. Hy is dan nog bloedjonk en lyk soos enige ander seun van sy ouderdom.

Sy ma, Mary Botros, vertel Mark was ’n tipiese klein vierjarige seuntjie, toe hulle op ’n dag agterkom hy is meer as net“bietjie nuuskierig”oor hoe ’n rekenaar werk.

“Hy was op daardie stadium gek oor Spider-Man. Alles in sy kamer was rooi en blou met Spider-Man daarop. Sy lakens, gordyne . . . álles. Hy het selfs die Spider-Man-pakkie gehad om aan te trek en het hom daagliks verbeel hy kan teen die mure opklim net soos sy held,”sê sy.

Toe Mark se pa, Maged, op ’n dag by die huis kom met ’n Spider-Manrekenaa­rspeletjie, kon Mark bars van opgewonden­heid. Hy het so vinnig soos hy kan die plastiekve­rpakking oopgeskeur, maar het egter nie geweet hoe dit werk nie en sy ouers het besluit hy moet self uitvind.

“Elke keer as hy ons gevra het om te help, het ons gesê hy moet eers self probeer en uitvind,”sê Mary. Nie lank nie, of Mark het tot die hoogste vlak van die speletjie gevorder.

“As ons hom gesoek het, was hy voor die rekenaar. Ons was nogal verbaas dat hy dit so vinnig gesnap het!”

Dít was die begin van groot dinge en sy nuuskierig­heid het nie hier

Rekenaars is ongeloofli­ke goed, want

dit bevat ontelbare nuwe moontlikhe­de.

gestop nie.“Toe hy vyf was, kon hy die hele rekenaar uitmekaar haal én weer aanmekaar sit, in werkende toestand,”lag sy. Terwyl die rekenaar vir menige ander mense bloot ’n blikbrein is waarop hulle alledaagse take uitvoer, is dit vir Mark ’n wêreld vol onontdekte moontlikhe­de. Dit is lankal nie meer net ’n speletjie vir hom nie, maar ’n heerlike ontdekking­sreis.

“Dit fassineer my,”sê Mark.“Ek het daardie eerste keer wat ek die rekenaar uitmekaar gehaal het, gewonder wat kan ek met die ding doen? Is dit dalk nog ’n speletjie vir my?”

Mary, ’n sielkundig­e, en Maged, ’n landbou-ingenieur, het nie een meer kennis oor rekenaars“as wat nodig is nie”.“Ons gebruik rekenaars soos die meeste ander mense wat ons ken! Om met die buitewêrel­d te kommunikee­r of vir werksdoele­indes, maar niks meer nie,”sê Mary.

“Dit is dus vir ons ongeloofli­k dat Mark so ’n passie vir IT het. Dit maak ons trots en bly. Ons wil aanhou om hom te ondersteun en die geleenthei­d te gee om sy natuurlike talent te ontwikkel.”

Sy ouers is maar alte goed bewus daarvan dat hul seun se toekoms blink lê en wink. Met sy A+ kwalifikas­ie kan hy immers al reeds sy eie besigheid begin.

Mark is ’n leerling by die Maragon-privaatsko­ol in Johannesbu­rg. In graad 1 het hy sy rekenaaron­derwyseres se aandag ge- trek. Sy vaardighei­dsvlak was ver voor dié van ander kinders van sy ouderdom. Aan die einde van daardie jaar het hy sy eerste IT-sertifikaa­t gekry. “Dit was ’n sertifikaa­t van sy rekenaaron­derwyseres om te sê hy was die topprestee­rder in die hele skool. Ek bewaar nog daardie sertifikaa­t!”sê Mary.

Sy het besluit om haar seun in te skryf vir ’n internasio­nale rekenaarbe­stuurdersl­isensie (computer driving license), wat ’n rekenaar-geletterdh­eidsertifi­kasieprogr­am is. Dit word verskaf deur die European Computer Driving License foundation.

Mark se onderwyser Grant Kenning, sê hy het nog nooit iemand teëgekom wat rekenaarko­nsepte so vinnig snap soos Mark nie.“Jy verduideli­k ’n konsep een keer aan Mark en hy onthou dit. Boonop het hy ’n natuurlike instink om op rekenaars te werk,”sê hy.

JOngste student

Mark het onlangs sy N+ studies aan die Boston City Campus begin en hoop om dit te voltooi voor hy 13 word. Dit beteken hy is die jongste student op kampus.“Ek was vreeslik opgewonde om te weet ek gaan die jongste outjie op kampus wees! Maar dit was tog aan die begin so ’n bietjie scary om saam met die ouer studente in ’n klas te wees. Dit was nogal moeilik om in te pas, want ek is nog op skool en hulle het almal al matriek geskryf. Maar hulle is goed vir my en sal help as ek ’n bietjie vassit met iets,” sê hy.

Om na-uurse student én laerskooll­eerling te wees, sit nie in enigiemand se blink gepoleerde skoene nie. Sy weeklikse program is propvol huiswerk, buitemuurs­e aktwiteite en natuurlik, sy studies by die kollege. Dan is hy nog mal oor swem en is deel van die skool se swemspan, en Vrydagmidd­ae korrel hy vir die rooi kolletjie tydens sy boogskietl­esse. Hy sal ook enige dag die beste Xbox-speler die stryd aansê en is mal oor enige rekenaarsp­eletjie.

“Ek wil ’n rekenaarwe­tenskaplik­e word en my eie (groot) rekenaarbe­sigheid besit. Ek wil graag Harvard toe gaan om verder te studeer. Rekenaars is ongeloofli­ke goed, want dit bevat ontelbare nuwe moontlikhe­de,”sê hy.

Sy ma sê sy is soms bang dat dinge te vinnig gebeur.“Ek is bang hy word te vinnig groot en dat ons hom nie genoeg tyd gee om kind te wees nie. Dit is egter sy droom hierdie en ons sal aanhou om hom te ondersteun.”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Laerskooll­eerder én kollege-student Mark Botros (12), spog met sy A+ rekenaarkw­alifikasie. ONDER: Rekenaars fassineer hom al van kleins af.
HOOFFOTO: Laerskooll­eerder én kollege-student Mark Botros (12), spog met sy A+ rekenaarkw­alifikasie. ONDER: Rekenaars fassineer hom al van kleins af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa