Kuier

Facebook

-

Baie dankie Kuierspan vir ’n wonderlike tydskrif. My hart het gebreek toe ek die artikel lees van die tweelingsu­ssies wat so lelik vermoor is (Bloedig vermoor, 8 April 2015). My hart gaan uit na hul moeder. Ek weet nie wat ek sou doen as ek my kinders so wreed moes verloor nie. Mag God haar vertroos.

ALICIA ANASTACIA KEYSER-WALTERS

My Kuier is klaargelee­s en dis nog vroeg in die nagskof. Hoe wreed kan jy wees om twee onskuldige babas te vermoor (Bloedig vermoor, 8 April 2015)? My hart gaan uit na hul ma, Reinette Neelse. En dan lees ek “Wat die hart van vol is” en besef dat die genade van God is groot en Hy sal ons nooit verlaat nie.

ROMA BAILEY

Ek is so dankbaar dat ek ’n African Extract-geskenkpak gewen het. Ek kan nie wag om dit te ontvang nie. Baie dankie Kuier en Rooibos. ALIDA SOLOMON

My Kuier maak baie mense gelukkig. Ek lees hom eers kant en klaar, dan vat ek hom werk toe en los hom in die teekamer. Hy travel dan in die rondte, want almal lees hom en die resepte word links en regs gecopy! As ek hom nie werk toe vat nie, dan gee ek hom vir my ma of suster.

ADELE RAYBIN

’n Mens leer regtig elke dag iets nuut. Ek is ’n buswaardin en daar gaan dit maar soms eensaam op die bus as my passasiers slaap of besig is met hul eie ding. Die Kuier hou my so besig en gee my soveel raad. Dit laat my geestelik groei en is regtig ’n maatjie duisend. ’n Groot ster vir jou Kuier.

ASTRID VISAGIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa