Kuier

Hallo Kuier-mense

-

Ek dink amper hierdie is ons“mooiste” uitgawe. Dis propvol pragtige mense met pragtige stories en dan praat ek nie net van die lieflike Liesl en Rolene nie. Ja, hulle twee is nou wel skoonheids­koninginne, maar hul innerlike skoonheid straal beslis netso helder. En dalk is dit daardie mooi binnekant wat hulle van buite nog mooier maak! In hierdie uitgawe bring ons ook hulde aan Gerty Gabriels, Martie Rooi en Nolene Joorst, want hulle dra almal krone al is dit soms onsigbaar. Die aangrypend­e storie oor die moord op Micheala Adriaanse het my diep geraak. Jy kan sommer die familie se smart aanvoel. Wat ’n wrede manier om so ’n jong mens te verloor, maar die groter tragedie was hoe een verkeerde besluit in ’n oogwink jou lewenslig kan blus. As ek darem nou terugdink aan al die dom dinge wat ek in my jong dae aangevang het, is ek baie gelukkig dat ek niks oorgekom het nie. Maar Micheala was nie so gelukkig nie. Hopelik dink ander tieners ná haar moord twee keer voor hulle stokkiesdr­aai, want as jy in ’n worst case scenario vasgevang is, is daar nie uitkomkans nie. Op ’n gelukkiger noot. Ons is baie bly dat ons weer vir julle ’n CD kan bring en hierdie keer saam met die Moedersdag­uitgawe! Moet dit nie mis nie. Ek sien ook baie uit na ons Moedersdag-funksie, maar dis omtrent ’n saak om die regte skitterwit nommertjie vir die geleenthei­d te kry. Die span sê ’n oujongnooi soos ek moet nou my kans vat en ’n trourok aantrek, maar ek weet darem nie so mooi nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa