Kuier

Moederlike LIEFDE

Om ’n goeie ma te wees, benodig jy ’n goeie voorbeeld en rolmodel. En dít is presies wat Jo-Ann Strauss al haar hele lewe lank ervaar. En vandag wat sy self ’n ma is, kan sy al die lesse toepas.

- DEUR ernusta van wyngaard

Wanneer Jo-Ann Strauss (34) voor Top Billing se kameras inskuif, of die spreker is by ’n geleenthei­d of haar stiletto’s in die raadsaal of in sakevergad­erings moet volstaan, is sy borrelend, stralend en gefokus.

Maar min mense weet hierdie voormalige Mej. Suid-Afrika verdien tans ’n“Superwoman”sash, omdat sy dít alles doen, terwyl sy ook moederskap balanseer.

En enige nuwe ma, werkend of stay-athome, sal jou sê babas is nie kinderspel­etjies nie. En slaap is die een ding waarna jy konstant smag.

Vir Jo-Ann, wat ’n eenjarige seun het, is die uitdagings van moederskap ’n realiteit en dinge nie noodwendig makliker vir haar as vir die res van ons hierbuite net omdat sy ’n celebrity is nie.

“Ek is die moegste wat ek al ooit in my lewe was. Totdat jyself ’n ma is, kan jy nie 100% verstaan wat dit verg nie,”sê Jo-Ann.

Kort voor ons onderhoud was haar seun vir vier aande siek en het Jo-Ann skaars ’n oog toegemaak. Maar die profession­al wat sy is, het nie ons fotosessie gekanselle­er nie.

Sy voel egter nie minder skuldig dat sy nie op daardie oomblik eerder by hom was nie. Maar haar seun was in sy baie handson dokterpa se sorg. Dit maak dinge net soveel makliker.

Maar dan glimlag Jo-Ann en raak haar oë sag soos net ’n ma s’n kan wanneer sy sê, al is sy moeg, vat dit net een glimlag van haar seun en wanneer hy haar “Mamma”roep om haar hart te laat smelt en van al die moegheid te laat vergeet.

“Jy moet hierdie oomblikke koester,”sê sy vol deernis.“Dis wonderlik om my seun se persoonlik­heid te sien ontwikkel. Ek kan nou al sien watter mens hy eendag gaan wees.”

Dit is waaroor moederskap gaan en sy het by haar ma, Ingrid (56), geleer om deur enigiets te lag en te glimlag. Dit is ook saam met hierdie“ongeloofli­ke vrou”, soos sy liefdevol na haar ma verwys, wat Jo-Ann ons voorblad deel.

Jo-Ann en Ingrid se besonderse band is duidelik vir enigeen in hul teenwoordi­gheid. By kere lyk dit asof ma en dogter skoon vergeet van die res om hulle soos wat hulle in gesprekke betrokke raak en kort-kort lag. Ons almal weet hoe lief ma’s is om stories te vertel wat begin met“toe jy nog klein was . . .”en Ingrid het baie sulke stories oor haar dogter.

Ingrid vertel Jo-Ann was ’n “liefdesbab­a”en ’n “verrassing”.

“Ek en Johann (haar man, 57) het vinniger getrou as wat ons sou, maar ons het saam (oor ouerskap) geleer. Jo-Ann was vir ons soos ’n speeldinge­tjie,” begin Ingrid vertel van die tyd toe hulle nog by ’n landlord in Vanguard Estate in die Kaap gebly het.

Ingrid self was ’n werkende ma en sê sy het gou aangepas by die eise wat moederskap aan haar gestel het.

Daardie tyd was daar nog nie weggooidoe­ke nie en Ingrid onthou sy moes soggens vroeg opstaan om Jo-Ann se lapdoeke te was.

“Jo-Ann was ’n plesierige kind, maar ook eiewys en sy het baie geskreeu. Sy was ’n klein terroris en baie parman-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa