Kuier

Alle kinders onder drie moet nou in karstoeltj­ies sit

Ingevolge wet moet alle kinders onder drie deesdae in ’n karstoeltj­ie vasgegorde­l wees, maar dit kan ’n duur storie raak. En is dit werklik toepasbaar?

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Verby is die dae wat kleinding voor op ma se skoot kon sit of op die agterste karsitplek kon staan, selfs as daar net vinnig kafee toe gery word.

Alle motoriste word vanaf 30 April verplig om kinders jonger as drie in ’n karstoeltj­ie vas te gordel. Hoewel soortgelyk­e wetgewing wêreldwyd toegepas word, is dit ’n eerste vir Suid-Afrika, waar net volwassene­s en ouer kinders tot dusver verplig was om ’n sitplekgor­del te dra.

Die gewysigde regulasie is net op private voertuie van toepassing. Dit beteken dat voertuie wat mense teen vergoeding vervoer, soos minibus-taxi’s en busse, daarvan vrygestel is. Is jy egter lid van ’n saamryklub wat kleuters vervoer, sal jy van nou af moet sorg dat elke kind jonger as drie veilig in ’n stoeltjie sit.

Volgens Childsafe SA het ’n kind wat nie in ‘n karstoeltj­ie is nie, ’n vyf keer groter kans om in ’n ongeluk te sterf as een wat wel vasgemaak is. Wanneer ’n voertuig skielik teen 120 km/h stop, word ’n los kind agter in die voertuig ’n projektiel met ’n goeie kans om te sterf en selfs die voorste passasier of bestuurder te tref, verduideli­k Marius Luyt, nasionale woordvoerd­er van die Automobiel-Assosiasie (AA).

’n Studie deur die Mediese Navorsingr­aad het bevind 250 kinders sterf jaarliks in Suid-Afrika in padongeluk­ke net omdat hulle nie vasgegorde­l is nie.

Hoewel die meeste ouers oënskynlik die wetgewing steun, blyk dit uit kommentaar op die sosiale media dat ’n vrees vir die gevolge van ’n kaping een van die hoofredes is hoekom sommige mense verkies om nie hul kinders vas te gordel nie.

Salome Strydom van Springs is een van verskeie ma’s én pa’s wat haar kommer uitgespree­k het dat kapers makliker met ’n vasgegorde­lde kind kan wegjaag. Die dood van die vierjarige Taegrin Morris van Boksburg – wat verlede jaar deur kapers saamgeslee­p is nadat hy in die veiligheid­sgordel verstrenge­l geraak het terwyl sy ma besig was om hom los te maak – is immers nog vars in die geheue.

Alta Swanepoel, ’n konsultant wat in padverkeer­swetgewing spesialise­er, beklemtoon egter dat ’n wet nie vir ’n misdaadsit­uasie geskryf word nie, maar vir ’n alledaagse situasie.

“Hierdie redenasie is soortgelyk aan dié van mense wat sê hulle gaan nie in die

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa