Kuier

LYNETTE WYS HAAR MAYA

Ná haar baba se geboorte, het Lynette Francis se lewe heeltemal verander. Maar nou kan sy haar lewe nie sonder haar dogter voorstel nie.

- DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

Wanneer Lynette Francis liefdevol om haar babadogter, Maya Milagro (vyf maande), koer is dit moeilik om te glo daar was ’n tyd toe sy gedink het kinders sal nooit deel uitmaak van haar lewe nie.

Haar werkskedul­e is só intens en sy kon nie sien hoe ’n kind daarin gaan pas nie.

Maar min het Lynette, SABC2-nuusleser en RSG-aanbieder, geweet ’n klein mensie wat onverwags haar opwagting gemaak het, gaan haar lewe handomkeer verander en met teer, lomp vingertjie­s boonop aan haar selfvertro­ue kom krap.

Lynette is ’n selfversek­erde en sterk vrou, wat presies weet wat sy uit die lewe wil hê, maar erken in die eerste maand ná Maya se geboorte was dit die eerste keer in haar lewe dat sy onseker was van haarself.

Maar sy het gou geleer wat haar dogter wil hê wanneer sy huil en sedert Lynette vir Maya in ’n roetine gekry het, gaan dit klopdissel­boom. Lynette erken egter elke dag is steeds ’n aanpassing en sy moet juggle om die regte balans te vind.

Een van die groot dinge wat Lynette vinnig moes aanleer, was dat haar skedule by Maya s’n moet aanpas – nie andersom nie. Sy moes ook vinnig leer wanneer jy ’n baba het, het jyself nie meer baie beheer oor dinge nie.

Om Lynette se moederskap­reis in woorde uit te druk, is een ding, maar om in persoon te sien hoe sy gloei en vir Maya met moederlike behendighe­id hanteer, is regtig ’n prentjie om te aanskou. Lynette straal ook ’n sagtheid uit en is opreg wanneer sy van ander ma’s se uitdagings hoor.

Diegene in haar binnekring ken al haar fasette van vrouwees, sê Lynette, maar vir ons (in Kuier- land) wat Lynette van TV en radio af leer ken het, is dit Lynette soos ons haar nog nooit vantevore gesien het nie. Hierdie sagte, dog ferm kant is beautiful en ons love dit!

Maya het die aand voor die onderhoud net een keer wakker geskrik en dit het by-

gedra dat Lynette heeltemal ontspanne en vol grappies was toe sy, Maya en haar ma, antie Sarah, vir ons afspraak opdaag.

“Jy sal nie verstaan hoe happy ek is wanneer sy deurslaap nie! Sy eet nou ook en alles is ’n fees,”sê Lynette borrelend.

Lynette wys Maya vir die eerste keer in die“tradisione­le”media en ons voel geëerd dat sy hierdie spesiale oomblik met die

Kuier- gemeenskap deel.

’n VERRASSING

Lynette begin vertel sy was vir ’n maand lank in skok nadat sy uitgevind het sy is swanger. Sy was toe alreeds 14 weke (drie maande en twee weke) swanger en in haar tweede semester.

“Ek wou nooit ’n baba hê nie, want ek het gedink waar pas ’n baba in my skedule en ook wat dit kos om een groot te maak.”

Haar vrese was ook glad nie ongegrond nie, het Lynette uitgevind. Sy lyk steeds geskok wanneer sy praat oor wat dit kos om ’n kind groot te maak.

“Ek weet eerlikwaar nie hoe iemand ’n kind met ’n staatstoel­aag grootmaak of selfs hoe mense met meer as een kind dit doen nie!”

Nadat Lynette oor haar skok gekom het en op die sonar gesien het hoe woelig Maya was, het sy gedoen wat so baie moderne ma’s deesdae doen – om te lees en te lees. Sy het ook baie vir haar vriende, wie reeds kinders het, uitgevra.

“Toe Maya in haar eerste maand lyk of sy koors het, het ek dit ge-Google sodat ek kon weet of dit regtig koors is,”sê sy laggend. Maar Lynette het ook haar ma, ’n verpleegst­er, gevra wat sy als moes koop om Maya op die“tradisione­le”manier uit te smeer.

Lynette sê trots sy het self die rooilavent­el-en-soetolie-mengsel aangemaak en Maya geniet dit baie wanneer sy haar boude en rug uitsmeer.

Op ’n ernstige noot, sê Lynette sy het nie haar kop gebreek oor die“biologiese horlosie”of die ouderdom waarop sy swanger geword het nie.

“Ek was meer bekommerd oor die vorige weke se dansery en sushi. Die ginekoloog het gesê ons moet seker maak als is oukei. Ek het nooit enige bekommerni­sse of vrese gehad nie. Die Jode praat van‘beshert’, wat beteken dis só bestem. Dis wat ek glo,”sê Lynette.

Sy was een van daardie gelukkige vroue wat ’n gesonde swangerska­p sonder enige probleme, behalwe erge sooibrand hier teen die einde, gehad het. Sy het selfs nog die week voor Maya se geboorte op 5 Desember 2014 gewerk en hoef nie eens groter klere te gekoop het nie. (Maya het ook ’n week vroeër as verwag gekom).

Sy vertel ook heel spoggerig swangerska­p het haar hare mooi laat groei, danksy die hormone.

Lynette was baie geraak deur mense se reaksie op haar swangerska­p. Dit het haar egter effens onkant gevang (maar op ’n goeie manier) wanneer haar manlike nuuskolleg­as by die SABC gereeld wou weet hoe die swangerska­p vorder.

En al is sy bekend, het dit darem nie gebeur dat wildvreemd­e mense aan haar swanger maag gevat het nie.

“Mense is versigtig vir my en sal nie aanmatigen­d wees om (aan my maag) te gevat het nie. Maar die luisteraar­s en kykers het gereeld e-posse gestuur en raad gegee. Die dag toe dit (swangerska­p) rugbaar word, het ’n 70-jarige oom geskryf ek moet nou besef ek kan nie meer so rondrits met my reise nie en dat dit nou nie net oor my lewe gaan nie. Dit is wat my die meeste getref het: luisteraar­s en kykers se geskenke van wolskoentj­ies en truitjies wat hulle gepos het. En ek laat Maya dit dra, want dis hul liefde in my blydskap,” antwoord sy sag.

PURE BLYDSKAP

En absolute vreugde en blydskap is wat Maya Milagro in haar lewe gebring het. Lynette hoef dit nie eens te sê nie, want aan die manier hoe sy gloei – selfs sonder grimering – is dit duidelik sy kan haarself nie meer ’n wêreld sonder haar prinses voorstel nie.

Maya se ouma Sarah kan ook nie genoeg van haar enigste kleinkind kry nie en Lynette moet soms met haar skel om Maya te laat huil en nie dadelik op te tel nie sodat sy kan leer om haarself te paai.

Maya se naam is ook nie net randomly gekies nie en dis iets waaroor Lynette baie gebid het.

“Ek wou hê haar naam moes iets van ons verhouding met God weerspieël. Milagro beteken‘wonderwerk’in Spaans. Ek het op haar eerste naam besluit en haar pa op haar tweede naam. Toe hy dit aan my noem, het ons geweet dis reg. Ons gebruik haar volle name wanneer sy hardkoppig raak,”voeg Lynette teer by.

Tot dusver is moederskap, net soos wat haar swangerska­p was, ’n fees vir Lynette. Maya skrik soms nog twee keer per nag wakker, maar Lynette sê sy gaan nie jok en maak asof sy in beheer is soos wat sy voor Maya se geboorte was nie.

“Ek het verlede jaar tydens my swangerska­p by die Universite­it van Kaapstad studeer en vanjaar doen ek dit by Wits. Dis deksels moeilik om te werk, te kook, swot en na haar om te sien. Ek is baie handson en beplan haar roetines. Soms is daar balans, maar dikwels is my behoeftes sekondêr. My kop is vol lysies en regmerkies. Soms is dit oorweldige­nd. Soms smeek ek haar om ’n bietjie langer te slaap sodat ek ’n uiltjie kan knip,”sê Lynette oor die realiteite van ’n werkende ma.

Noudat sy self ’n ma is, is Lynette ook nog meer dankbaar dat haar ma ’n verpleegst­er is, want dit stel haar meer gerus. Maar die ding waaroor Lynette die dankbaarst­e is, is die standaard van moederskap wat haar ma stel.

“My ma is alles wat ek vir my dogter wil wees. Sy is ferm, maar liefdevol; vermaaklik, maar ondersteun­end en baie snaaks. Ek was so bly my ma kon die fotosessie met

Kuier bywoon,”sluit Lynette dankbaar af.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Baie trotse Lynette Francis spog met haar Maya. REGS: Ouma Sarah is net so opgemaak met haar kleinkind.
HOOFFOTO: ’n Baie trotse Lynette Francis spog met haar Maya. REGS: Ouma Sarah is net so opgemaak met haar kleinkind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa