Kuier

ONS EIE WHITNEY

Wereld wink vir Belinda

- DEUR ERNUSTA VAN WYNGAARD

Belinda Davids, ons eie Whitney Houston, het tans die wêreld aan haar voete terwyl sy die ontslape diva steeds op wêreldverh­oë en in aanhangers se harte laat voortleef. Die Kaapse been van haar The Greatest Love of All – The Whit

ney Houston Show het uitverkoop en sy het ook Kuier- lesers op hul voete gehad by ons onlangse Moedersdag­funksie.

En volgende is sy op pad na onder meer Australië, Duitsland, Rusland en Nederland.

Belinda se storie klink soos ’n rags to riches-sprokiesve­rhaal. Sy is oorspronkl­ik van Gelvandale in Port Elizabeth en bly nou in Table View in die Kaap.

Soos menige jong meisie van die Baai het Belinda destyds vir Whitney aangehang en wou sy net soos die beroemde sangeres wees. Sy was maar nog ’n tiener toe haar sangtalent raakgesien word. Sy is ’n opnamekont­rak aangebied en het gou die lekker deel van roem begin proe. ’n Paar jaar later is sy landuit en toe sy haar weer kom kry, spandeer sy tien jaar in Amerika en sing onder meer background vir die R&B-ster Keisha Cole. Keisha het Belinda ook die geleenthei­d gegee om op haar show ’n solo te doen – iets wat nie baie kunstenaar­s sal doen nie.

Maar haar geluk het werklik gedraai toe sy drie jaar gelede gevra is om ’n oudisie te doen om die rol van Whitney Houston in ’n tribute-produksie te vertolk. Altesaam 15 000 sangers uit 12 lande het oudisies gedoen, maar Belinda was die gunsteling.

Tot vandag toe kan Belinda self nie glo dat juis sý gekies is om Whitney se ryk musiek-nalatenska­p te laat voortleef nie.

“Ek het vir myself gesê dit kan nie wees nie. Daar móét iemand beter as ek wees. Maar dit voel asof ek my hele lewe lank vir hierdie rol voorberei het.”

Dié is Belinda se suksesstor­ie in ’n neutedop, maar nie almal weet van die harde klippe wat sy moes kou voordat sy die op kruin van sukses kon ry nie.

WAAR ALS BEGIN HET

Omdat Belinda op wêreldverh­oë optree, is ’n mens se eerste“vrees”nog voordat jy haar ontmoet, dat sy jou kan laat voel asof sy daarbo en jy hieronder by haar voete is.

Wel, Belinda ís ’n bietjie langer as die gemiddelde vrou, maar die oomblik dat sy met daardie warm, oop glimlag groet en begin gesels, besef jy hierdie diva is

plat soos ’n Minora blade. Sy gesels soos ’n vriendin, is glad nie aansteller­ig nie en het nie vergeet waar sy vandaan kom nie.

Gepraat daarvan, Belinda se glimlag raak nóg breër en haar oë begin opgewonde blink wanneer sy haar lekker grootwordd­ae in Koedoestra­at, Gelvandale, onthou.

Gelvandale is vandag ’n bendegetei­sterde gebied, maar Belinda sê destyds was dinge anders en sy het die“gelukkigst­e tye van haar lewe daar spandeer”met haar broers en susters, vriende, ma Dororthy oftewel an’Dottie, ouma Elizabeth (beter bekend as antie Ous) en oupa Adam.

Belinda-hulle het later na Shaudervil­le in PE getrek. Dis ook in dié tyd, van vyfjarige ouderdom af, dat Belinda geweet het sy kan sing. En op ses het daar iets gebeur wat die koers van haar loopban uiteengesi­t het.“Op ses het my ma my in ’n kerkkonser­t gesit en die response agterna was so exciting! Ek het dit nie verstaan nie, maar dit was nice. Op agt het ek besef ek kan eintlik soos ’n superstar wees en het aan talent shows begin deelneem. Ek het mense se response begin crave.”

En toe gebeur nog iets toe sy agt jaar oud was. Haar broer het ’n Teddy Pendergras­s LP gehad waarop hy en Whitney Houston“Hold Me”gesing het.

Die opgewonden­heid met ’n tipe verbasing is terug wanneer sy sê:“Ek het besef ek klink soos sy. En toe ek haar sien, was die konneksie anders. Ek wou haar krulhare hê en ek wou ook soos sy lyk.”

Belinda raak aan die lag wanneer sy onthou hoe sy haar ma se bloeddruk opgejaag het toe sy een van haar tank tops gesny het soos een wat Whitney gedra het en ook self haar hare gesny het om soos Whitney s’n te lyk.

OP EN AF van sukses

Belinda het ook toe sy ’n tiener was aan ’n band behoort en dit was nie lank nie of sy het haar bestuurder ontmoet waarna sy met die tweede probeersla­g ’n opnamekont­rak gekry het. Hulle het eers BMG genader, maar hulle het nie geweet wat om met haar sound te maak nie, omdat sy te veel na Whitney geklink het. Toe nader hulle vir Tusk Records wat Belinda uiteindeli­k geteken het. Dit was ’n goeie break vir haar, maar dinge het dalk té vinnig gebeur. Sy was maar 16 jaar oud en nog naïef.

“Ek het nie verstaan wat gebeur het nie, want daar was ’n kort periode van twee of drie jaar van glamour – met limos en fancy hotels. Maar ek moes skool los in standerd agt. Ek blameer nie my voormalige record label nie. Hulle het gepraat van ’n tutor reël vir my, maar dit het nooit gebeur nie,” vertel Belinda. Sy voeg by opvoeding was nog altyd belangrik vir haar, dis hoekom sy op 18 terug is skool toe.

Die glansryke tydperk was van korte duur, soos Belinda gesê het, want toe Tusk Records Gallo word, is haar kontrak beëindig. Belinda het steeds in klubs opgetree.

Sy het intussen ook ma geword van haar oudste seun, Blake (nou 18), en moes baie dinge balanseer. Gelukkig het sy haar familie se ondersteun­ing gehad sodat sy verder aan haar musiekloop­baan kon werk. (Sy is nou getroud en het ook ’n driejarige seun, Joshua).

Toe ’n vriendin Belinda (toe in haar twintigs) saamnooi Dubai toe om daar te gaan werk, het sy nie twee keer gedink nie, al was Blake toe net meer as ’n jaar oud.

“Om te gaan was nie eens ’n denkproses nie omdat ek my seun ’n beter lewe wou gee en ook omdat ek my familie moes help. Hulle het my gehelp met Blake en Dubai was die begin van ’n loopbaan en finansiële boost. Ná Dubai is ek Hong Kong toe, waar ek vir twee jaar by ’n hotel opgetree het en dinge het net beter geraak.”

Sy het ná Hong Kong ’n draai in Londen gaan maak en toe Los Angeles in Amerika waar sy uiteindeli­k vir tien jaar gebly het.

Haar gesig raak ernstig wanneer sy vertel die Los Angeles-deel klink dalk soos ’n droom omdat van die beste kunstenaar­s in die wêreld daarvandaa­n kom. Dis juis hier waar sy van die hardste klippe in haar lewe gekou het.

“Los Angeles was ’n struggle en is baie anders as hoe dit hier is. Dit klink glamorous, maar dit is nie. Ek kon nie my rekeninge betaal nie en was telkemale uit my blyplek gesit. Daar was ook ’n tyd toe ek bevraagtek­en het of ek nog moet sing, maar dan het ek besef dis wat ek móét doen, maar eerder op ’n ander plek.”

’n Deur het vir haar oopgegaan toe sy die background-gig met Keisha Cole gekry het en vir ’n jaar saam met haar was.“Ek het toe weer besef, I’m meant to do this!”

Maar toe word haar ma siek en Belinda het einde 2010 teruggetre­k Suid-Afrika toe.“My suster het vir my ’n boodskap gestuur en gesê my ma kry seizures. Om my ma só te sien, het ’n deel van my weggevat omdat sy die sterkste vrou is wat ek ken. Ek het gedog sy gaan ’n lang lewe hê,” deel Belinda haar harsteer. Haar ma het later gesterf.

die WHITNEY-ROL

En toe kry sy die Whitney-rol, maar Belinda moes kliphard werk om haar craft perfek te kry.“Ek moes inklim in elke beweging wat Whitney gemaak het; hoe sy byvoorbeel­d haar een hand gebruik het wanneer sy sing en nie die ander een nie; haar gesigsuitd­rukkings; ensovoorts. Ek het in 2012 ’n show gedoen en‘I Have Nothing’ gesing en die presiese rok aangehad wat Whitney in dié video aangehad het. Die video was in ’n montage agter my en ek het álles verkeerd gedoen,”vertel Belinda.

Sy moes teruggaan en hard werk om elke liewe Whitney-beweging presies soos dié ontslape diva s’n kry. Sy het dit reggekry en die werk het ingestroom.

Sy het ná haar suksesvoll­e Kaapse shows ’n maand ruskans voordat sy weer op ’n vliegtuig landuit is en haar gesin moet agterlaat. Sy sê sy is dankbaar om te kan doen wat sy doen omdat sy haar man (wat nie in die openbare oog wil wees nie) se volle ondersteun­ing het.

Maar sy weet wanneer sy klaar gewerk is en haar Whitney-skoene uitskop, het sy die beste van twee wêrelde: haar man en kinders wat haar wêreld is en die wêreld aan haar Gelvandale-voete aan die ander kant.

 ??  ?? HOOFFOTO: Belinda Davids laat
die diva Whitney Houston se songs voortleef. REGS: Belinda
met haar seun Joshua (3).
HOOFFOTO: Belinda Davids laat die diva Whitney Houston se songs voortleef. REGS: Belinda met haar seun Joshua (3).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa