Kuier

Hallo Kuier-mense

-

Ek het pas besluit Mei is my nuwe gunsteling-maand! Dit was wonderlik om te hoor hoe baie van julle die CD geniet. Dit maak regtig al die harde werk die moeite werd. En hierdie uitgawe is net so spesiaal, danksy Lynette Francis wat Kuier gekies het om die eerste keer haar dierbare klein Maya in ’n tydskrif te wys en oor haar nuwe rol as ma te gesels. Moet ook nie die wonderlike inspirasie­storie van landdros Gregory Derris mis nie, want jy sal met nuwe oë na gestremdes kyk.

Baie dankie ook aan almal wat ons Moedersdag­funksie so ’n fantasmago­riese gebeurteni­s gemaak het. Die kunstenaar­s was almal puik en danksy die borge kon ons ons lywe ’n behoorlike tyd gee! Ek wil spesiaal vir Revlon Realistic noem, want hulle gaan regtig uit hul pad. En toe hulle hoor hoe gou die kaartjies na ’n Kuier

funksie uitverkoop en hoe baie lesers teleurgest­eld is omdat hulle nie kaartjies kan kry nie, het hulle besluit hulle wil ’n plan maak. Blaai na bladsy 26 om te kyk hoe jy vanjaar in styl Pienk Plesier kan bywoon.

Vir almal wat vra vir nog patrone, het ons baie goeie nuus. Ons is druk besig om KuierWinte­rCombo klaar te maak en dis propvol brei- en hekelpatro­ne. Natuurlik kry julle ook lekker resepte (almal nuut) by. Dis landwyd vanaf 1 Junie teen slegs R20 te koop. Moet dit nie misloop nie! Dan is dit uiteindeli­k my beurt om ’n bietjie op vakansie te gaan. Julle is vir die volgende uitgawe in die bekwame hande van ons assistent-redakteur, Raylentia Simmons, en dis sommer ’n lekkerlees­uitgawe waarna julle kan uitsien. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa