Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou sekslewe? Hier is raad.

-

VVERTROUE IS NOUWEG Ek is so hartseer. My vrou het ’n affair gehad en ek het nou eers uitgevind. Elke sening in my liggaam sê vir my ek moet haar los, maar ek het besluit om maar aan te gaan met die huwelik. Ons kinders is nog klein en ek is nog lief vir haar, so ek het besluit om te bly. Maar sal die seer ooit weggaan? Sal ek ooit hieroor kom? Die ander ding is dat ek oor so baie goed wonder. Die hele ding is ’n raaisel en ek wil dit oplos. Wat kan ek doen om inligting te kry? SEER

ABESTE SEER Dit is ’n besluit wat net jy kan neem en niemand kan

jou kwalik neem of judge nie. Niemand anders gaan met die ding saamleef as jy en jou gesin nie. Tussen jou en jou vrou is dit noodsaakli­k dat julle en alleenlik julle, dit uitwerk, want as nie een van julle kans sien om voort te gaan nie, dan baat dit mos nou nie om te probeer nie. Ek haal my hoed af vir jou, want dit sit nie in enigeen se broek om so goedgesind en vergewensg­esind te wees nie. Die ware toets in jou liefde vir haar is die feit dat jy, nadat sy jou seergemaak het, nog steeds lief is vir haar en jou ego opsy kan sit ter wille van jul huwelik. Ek is nie seker of dit nodig is dat jy alles moet weet nie. Indien jy nie saamstem nie, is dit dalk nodig om ’n berader te gaan sien. Iemand wie jou hand deur die proses kan hou. Dalk het julle albei dit nodig. Praat openlik met jou vrou en vra haar of sy gemaklik daarmee sal wees om jou alles van begin tot einde te verduideli­k om jou te help verstaan. En as jy bereid is om haar te vergewe en sy het haar streke gelos, moet julle saam aan jul huwelik werk – sonder enige verwyte.

VDALK SWANGER? Ek en my boyfriend het meer as een keer seks gehad. Ons het nie ’n kondoom gebruik nie, maar hy het nie binne in my gekom nie. Dis nou al nege weke later en ek het nog nie my maandstond­e gekry nie. Ek weet nie wat aangaan nie. My borste is baie seer, maar ek dink nie ek kan swanger wees nie, want ek is nie naar nie en my maag is nog plat. BANG

ABESTE BANG

Dit is nou vir jou ’n ding! Een wat jy maklik kan uitklaar as jy net dokter toe wil gaan, of selfs jou eie toets doen om vas te stel of jy wel swanger is. Die feit dat jy nie naar is nie, beteken absoluut niks. Nie almal ervaar dieselfde simptome nie. Jou maag sal ook nie geswel wees ná net twee maande nie. Die feit dat jy wel unprotecte­d seks gehad het en nog nie jou maandstond­e gekry het nie, is wel rede tot kommer. Dit sal nie help om die situasie weg te wens nie, so neem die leiding en vind uit sodat jy in beheer kan wees. Jy kan ’n pregnancy test by enige apteek koop en dadelik uitvind. Of jou ou moet jou bystaan en dalk saam met jou dokter toe gaan. ’n Bloedtoets wat jy slegs daar sal kry, is baie aku- raat en dus die moeite werd. Wag tot jy jou uitslae kry en vat dit vandaar. Wat dit ookal mag wees, moenie panic nie, want dit sal nie jou situasie verbeter nie. Sterkte.

VIN DIE BED BETRAP Ek is so skaam, want my seun (10) het vir my en my man betrap terwyl ons seks gehad het. Hy het net daar gestaan en ons bekyk. Ek wonder wat hy nou van my dink. Hoe maak ek die saak reg? My man moet nie eens daaraan dink dat ons gou weer seks sal hê nie. Wat doen ek nou? SKAAM

ABESTE SKAAM

Ag nee! Dit is nou een ding wat ek aan geen ouer toewens nie, maar dit het gebeur en nou moet jy aanbeweeg. Ek kan my net voorstel hoe skaam jy is, maar dalk is dit nou die geleenthei­d om aan jou seun alles van die birds and bees te verduideli­k. Hy weet natuurlik teen dié tyd wat seks is. Nou is dit die ideale tyd dat julle hom van respek leer en verduideli­k dit is noodsaakli­k dat ’n ma en pa of getroude mense hul liefde aan mekaar betoon. Gebruik die ding in jou guns. Laat jou seun die voorbeeld as riglyn vir sy lewe gebruik. Een waar hy respek vir vroue sal hê asook vir homself.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa