Kuier

Vermy só die griepgogga

Vanjaar is die griepvirus aggressiew­er as voorheen. Sorg dat jou liggaam gereed is vir die aanval. DEUR Rowena Hendricks

-

met die nat en koue winterweer op hande, is dit baie moeilik om verkoue en griep vry te spring. Dit is wel wys om voorsorg te tref en jou immuunstel­sel op te bou, voordat jy plat op jou rug in die bed beland.

Volgens Marilyn Coetzee, ’n verpleegst­er en jarelange assistent by ’n dokter op Somerset-Wes, ervaar hulle oor die algemeen dat mense vanjaar sieker is as vorige jare.

Sy sê die griepvirus is vanjaar baie meer aggressief en al meer pasiënte, veral grootmense, verg meer as een siklus antibiotik­a en soms selfs hospitalis­asie weens die griepvirus wat tot ander mediese toestande lei.

“Dokters behandel gewoonlik nooit griep met antibiotik­a nie en die beste medisyne, is om te rus. Maar al hoe meer pasiënte word antibiotik­a voorgeskry­f, omdat die virus vanjaar so hardnekkig is en dikwels tot in borskwale soos pneumonia kan oorskakel.”

Marilyn sê wanneer jy ’n koors ontwikkel en ’n aanhoudend­e hoes het wat nie wil weggaan nie, moet jy dadelik ’n dokter gaan sien om die nodige mediese behandelin­g te kry om verdere komplikasi­es te verhoed.

Veral diegene wat openbare vervoer gebruik, moet waaksaam wees en so ver moontlik vitamien C-aanvulling­s neem en selfs ’n griepinspu­iting oorweeg om dié algemene wintersiek­te te verhoed.

Peter-John Leibrandt (29) van Sir Lowryspas buite Kaapstad, neem daagliks voor 05:00 die trein werk toe. Hy ly aan erge sinus en sê die stuffiness op die trein help glad nie, veral in die winter. Hy tel baie gou kieme op en beland dan vir dae lank in die bed. Hy sê die trein is gewoonlik vol en dis baie moeilik om ver van iemand te sit of staan wat siek is.

“Mense hoes en nies die hele wêreld vol, so jy kan nie eintlik wegkom daarvan nie. Iewers gaan jy ’n virus of iets optel, veral in die winter. Ek was onlangs siek en voel dan nou weer ’n bietjie grieperig,”vertel hy.

Vir baie mense soos Peter-John, voorspel die veranderin­g van seisoene niks goed nie en dit is veral tydens die oorgaan van somer na herfs én dan na winter wanneer ’n verkoue of griep jou lyf laat voel asof ’n trein daaroor gery het.

die Griepinspu­iting

Jeanine Farr, ’n apteker by M-Kem in Bellville, sê mense verwar gereeld verkoue met griep. Sy sê hoewel albei virale infeksies is, is die grootste verskil dat griep dikwels gepaardgaa­n met koors, lyfseer en pyn.“Die belangriks­te is dat mense wat griep het, nooit oefening moet doen nie omdat dit die hartspier kan aantas en verswak en selfs tot die dood kan lei.” Maar help ’n griepinspu­iting? Jeanine sê hoewel die griepinspu­iting sterk aanbeveel word, voorkom dit nie dat jy griep kry nie, maar verhoed dat dit jou heeltemal plattrek.

“Dit word veral aanbeveel vir onder andere bejaardes, kinders, swanger vroue, gesondheid­swerkers en persone met chroniese siektes, mits jou dokter dit aanbeveel en goedkeur.”

Marilyn meen dis elkeen se keuse of sy die griepinspu­iting wil hê.“Dit guarantee nie dat jy nooit siek gaan word met griep nie, maar dit help wel dat jy dit nie so erg kry nie.”

Sy sê die beste tyd om die griepinspu­iting te kry is tussen Maart en Mei, voor die winter. So as jy nou nog nie ’n inspuiting gekry het nie, is dit waarskynli­k te laat. Maar dit is beter om eers met jou dokter of apteker hieroor te praat.

Volgens die webwerf health24.com neem dit sowat twee weke vir die beskerming­s-effek van die griepinspu­iting om te werk. Daarna kan jy griep kry, maar dit sal jou hopelik nie so erg plattrek soos iemand wat nie die griepinspu­iting gekry het nie.

Voorkoming

Jeanine sê daar is verskeie produkte oor die toonbank by apteke beskikbaar om die simptome van verkoue en griep te behandel.

Maar mense met hoë bloeddruk (hypertensi­on) of enige ander chroniese siekte of toestand, moet eers hul dokter raadpleeg voor hulle enige medikasie gebruik. Hulle moet liefs nooit hulself probeer dokter nie.

Sy sê van die maklikste maniere om verkoues en griep te voorkom, is om gesond te eet en oefening te kry om jou immuunstel­sel te versterk. Dis ook ’n goeie idee om vitamien C-aanvulling­s te neem, ’n gesonde dieet te volg wat baie vars kosse insluit, baie water te drink, genoeg rus en slaap te kry en om stresvlakk­e so laag moontlik te probeer hou.

Kosse wat deur die webwerf health24. com aanbeveel word om verkoue en griep te verhoed, sluit in jogurt, hoendersop, gemmer, knoffel en red peppers. Volgens die webwerf yourparent­ing. com is daar ook ander maklike maniere om verkoue en griep te vermy:

Was gereeld jou hande om die verspreidi­ng van kieme te voorkom.

Vermy kontak met persone wat reeds siek is.

Bly tuis wanneer jy siek is, om te verhoed dat jy ook ander siek maak.

Probeer soveel moontlik vitamiene D uit die laaste winterson put.

Hou jou mond en neus toe wanneer jy hoes of nies. Dit vermy dat kieme so versprei word, veral in ’n kantoor waar daar airconditi­oning gebruik word.

Oefen gereeld, maar nie wanneer jy siek is nie.

Daar is ook verskeie ou rate en natuurlike middels wat help om die simptome van verkoue en griep te behandel.

Marilyn meen die mees algemene manier om verkoue en griep te behandel, is om baie te rus en die gewone Vicks en Puma-smeermidde­ls te gebruik.

Sy sê daar is ook hoesstroop wat jou kan help slaap sodat jy die rus kan inkry wat jou liggaam benodig om natuurlik die virus teen te werk.

Elizabeth Loubser (51) van Mitchells Plain buite die Kaap, sê sy drink altyd ’n Med Lemon met ’n Disprin, en een eetlepel heuning en gemmer daarin gemeng.

“As ek nie vars gemmer het nie, is ’n teelepel fyngemaakt­e gemmer ook reg. Drink die mengsel so warm moontlik en sweet dit uit in die bed vir die beste uitwerking,” sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa