Kuier

Hallo Kuiermense

-

Ons is alweer verby die helfte van 2015 en die tyd beweeg nou vinnig Kersfees se kant toe. Maar voor dan lê Augustus en natuurlik Pienk Plesier nog voor!

Mense, ons is baie opgewonde, want vanjaar gaan dit fantasmago­ries wees. Maak seker jy kry jou kaartjie en vat saam vlam op 29 Augustus!

Iemand wat verseker aan die brand is, is Lynelle Kenned van Pasella. Haar energie is so aansteekli­k, jy sou nooit kon glo sy het so ’n groot slag agter die rug nie. Ons is baie bevoorreg dat sy ons gekies het vir haar eerste tydskrif-onderhoud nadat haar ma in Mei haar stryd teen kanker verloor het en hoop haar positiewe boodskap bring vertroosti­ng vir ons lesers wat dieselfde deurmaak.

Daar is hope stories in hierdie uitgawe wat aan jou hart gaan pluk so ek gaan nie een uitsonder nie, maar laat weet ons gerus watter een julle in die besonder geraak het. Moet net nie Deel 2 van die Vervolgver­haal mis nie. Dié een is ’n wenner! Mmm . . . ek lek sommer my lippe af vir al die heerlike kos in hierdie uitgawe! Karen en Samantha het behoorlik uitgehaal vir ons Eid-feesmaal en julle moet beslis een van hul lekkernye probeer.

Dan het ons julle hulp nodig om te sorg dat ons ons werk reg doen. Help ons asseblief om Kuier nog beter te maak deur vir ons ’n vraelys te voltooi. Jy kan een van vier R500-koopbewyse wen! Ons wil baie graag weet watter dele van die tydskrif jy geniet om te lees en waar ons kan verbeter. Gaan na https://www. media24eks­e.co.za/R.aspx?a=248 en voltooi groot asseblief die vraelys. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa