Kuier

IN DIE NUUS:

Regering wil nou Christelik­e vakansieda­e afskaf

- DEUR IVOR PRICE

Moenie nou al planne vir Kersfees begin maak nie. Dis hopeloos te vroeg, en jy’s in elk geval nie eens seker of dit nog ’n openbare vakansieda­g gaan wees nie. Ja, jy’t reggelees. Kersfees én Paasfees kan dalk ook die baas se dae word.

Die Suid-Afrikaanse Regshervor­mings-kommissie sê die land se Christene is hopeloos te bederf met al die geloofs-vakansieda­e – en dit terwyl ander geloofgroe­pe, soos die Jode en die Moslems, aan die kortste ent trek.

Alle gelowe móét gelyke behandelin­g kry, reken Lemias Mashile, die voorsitter van die parlementê­re portefeulj­ekomitee oor binnelands­e sake.

Die land kan egter nie meer as die bestaande 12 vakansieda­e bekostig nie, en dit beteken dat van dié dae geskrap sal moet word om alle gelowe te akkommodee­r.

WAT KOS DIT?

Die Efficient-groep se hoofekonoo­m, Dawie Roodt, sê openbare vakansieda­e kos die land ’n klein fortuin. Soos dit is, verdien die land jaarliks altesaam R4 000 miljard uit produksie vir omtrent 200 produktiew­e dae per jaar.

Dawie sê met dié aanname verloor die land op elke vakansieda­g enigiets tussen R5 miljard en R10 miljard in produksie.

“Maar dis nie net die ekonomie wat swaartrek nie . . . Dit het ook ’n impak op elkeen van ons. Elke Suid-Afrikaner wat werk, verloor tot R200 per dag.”

Maar Christo van der Rheede, uitvoerend­e hoof van die Afrikaanse Handelsin-stituut, reken hoewel Suid-Afrika nie meer

vakansieda­e kan bekostig nie, is die een se dood tog die ander se brood.

“Die vervaardig­ingsektor se deure maak toe, maar dan is daar weer ongeloofli­ke deure wat in die toerismebe­dryf oopgaan. Sommige fabrieke besluit wel om oop te bly, maar die grootste deel van die land kom tot ’n stilstand. Maar toerisme gedy en die winkelsent­rums is besig.”

Vakansieda­e bied ook volgens hom ’n hupstoot vir platteland­se ekonomieë.

“Vir baie stedelinge is dit ’n kans om deur te ry platteland toe. Maar dit gaan oor die plasing van vakansieda­e… As dit in die middel van die week val, is dit eintlik ’n vermorste dag.”

“Die regering krap waar dit nie jeuk nie,” meen prof. Christina Landman, direkteur van die Navorsings­instituut vir Teologie en Religie aan Unisa, egter.“Dis nie die regering s’n om weg te vat nie. Hierdie dae is bo regerings. Dit kom van altyd af.”

Dis dalk so, maar sommige van die ander geloofgroe­pe sê Christene het vir te lank met hulle agterente in die botter geswem. Die Hindoe-leier Rajan Zed sê:“Dis onregverdi­g dat Hindoes by die werk en skool moet wees op hul bekendste feesdae (soos Diwali), maar daar is openbare vakansieda­e vir ander gelowe.”

Die Moslems het ook genoeg gehad. As die regering sy sin kry, sal Eid aan die einde van die Ramadaan, die Moslems se heilige maand, ook erken moet word. Die Joodse Pasga behoort ook dan ’n vakansieda­g te wees. Ons moet bid vir hierdie regering, sê

Kuier- leser, Wendy Volker (33) van Newlands in Johannesbu­rg. “Hulle mors met alles wat vir ons belangrik is. Dis hoekom ek my kind in ’n Christen-skool gesit het, want by sommige skole bid die kinders nie eens meer in die oggende nie.”

Wendy sê verder Kersfees en Paasfees verteenwoo­rdig die belangriks­te drie dae in ’n Christen se lewe: die geboorte, sterfte en opstanding van Jesus.“Ek voel om te huil. Dit gaan ’n hartseer dag wees as die regering op die oordeelsda­g moet besef daar is toe al die tyd werklik ’n Redder! Ons het klaar Hemelvaart as ’n vakansieda­g opgeoffer.”

Ook politieke leiers, soos die ACDP se eerw. Kenneth Meshoe, is vies vir die kommissie se voorstel.

“Dit het ernstige implikasie­s as jy Christelik­e vakansieda­e afskaf. Dit is soos om te sê:‘Julle het nie God in jul lewens nodig nie.’Hulle beter ons vakansieda­e op die kalender los, want dit reflekteer die waardes van die grootste geloofgroe­p.”

is Vakansieda­e nodig?

Die Moslem-regsraad se woordvoerd­er, Nabeweya Malick, hou egter vol dat mens nie noodwendig ’n vakansieda­g benodig om jou geloofdae te vier nie.“Eid al-Fitr, aan die einde van ons heilige maand van Ramadaan, was nog nooit ’n vakansieda­g in hierdie land nie. Tog is dit die een dag waarop alle Moslems hul Skepper eer.”

Gadeejah Samsodien (54), ’n Kuier- leser van Pretoria, stem saam met Nabeweya. “Ja, ek sou daarvan hou as ons geloofdae ook met die nodige respek behandel kan word. Maar ek dink die Christene soek enige verskoning vir ’n vakansieda­g. Hoeveel van hulle gaan in elk geval nog op Krismis en Paasfees kerk toe?”

Hierdie heilige dae het volgens Gadeejah in elk geval in ’n“groot gesuip en ’n gevreet ”ontaard.“Ons Moslems het nie vakansieda­e vir Eid nie, maar ons hanteer dit met baie respek. Dit laat mens wonder of al die geestelike vakansieda­e regtig nog nodig is.”

Prof. Marinus Wiechers, ’n afgetrede grondwetke­nner van Pretoria, sê hy verstaan dat ander gelowe ook hul pond vleis wil eis, maar die 2011-sensussyfe­rs wys tot 80% van die land se mense is Christene.

“Met ander woorde, daar is niks ongrondwet­liks daaraan as die meeste Suid-Afrikaners later wel op Christelik­e vakansieda­e besluit nie,”sê hy.“Dit is ook so dat omtrent almal in die land – selfs die Moslems en die Hindoes – al Kersfees vier. Hulle gaan dalk nie op die dae kerk toe nie, maar koop vir mekaar presente en geniet die vakansieda­g.”

Dis egter nie so eenvoudig nie, waarsku Rajan.“Dit is belangrik dat Hindoe-families op dae soos Diwali saam by die huis en die tempel kan vier. En dis nie dat ons enigiets van die Christene wil wegvat nie. Dis eerder ’n geleenthei­d om bewusmakin­g en respek vir ander gelowe te kweek, en aan die einde van die dag help dit met nasiebou.”

Dr. Johann Ernst van die NG Kerk se algemene sinode sê volgens Die Burger dat ander geloofsgro­epe ook ten minste een betaalde openbare vakansieda­g moet hê.“Ons ken mekaar nie so goed soos ons moet nie en dit kan help om beter begrip te vestig.”

Maar waar gaan dit eindig as elke geloofsgro­ep sy eie vakansieda­e kry?

Christo dink nie Suid-Afrika kan nóg betaalde openbare vakansieda­e bekostig nie. Hy waarsku daar is reeds te veel sulke dae,“en dit sal definitief sleg wees vir produkwite­it, wat broodnodig is om ons land ekonomies mededingen­d te hou”.

Volgens Christina moet die regering eerder ’n“buigsame patroon”oorweeg. Soos dat elke werknemer jaarliks op 12 betaalde vakansieda­e geregtig is, wat op enige wyse aangewend kan word.

“Die enigste voorwaarde sal wees dat individuel­e werknemers met werkgewers moet ooreenkom oor die betrokke dae wat vir dié doel aangewend kan word.”

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universite­it van Witwatersr­and in Johannesbu­rg se skool vir ekonomiese en sakebestuu­r, sê egter die regering moet die mag behou om vakansieda­e vir ’n enkele gebeurteni­s van nasionale belang uit te roep.

“Een voorbeeld is ’n algemene verkiesing. Ons kan nie elkeen gaan stem op ’n dag wat ons pas nie.”

Die regering krap waar dit nie jeuk nie. Dis nie hulle s’n om weg te vat nie. Christina Landman

Ek sou daarvan hou as ons geloofdae ook met die nodige respek behandel kan word. Gadeejah Samsodien

 ??  ?? 8
8
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa