Kuier

VOORBLADST­ORIE:

Expresso se LeighAnne pluk die vrugte van dapper besluit

- DEUR Amy johnson

Jare gelede het sy op die ingewing van die oomblik ’n besluit geneem wat dalk die domste een van haar lewe kon gewees het. Maar Leigh-Anne Williams (33) het toe al geweet dié besluit sou haar lewe vir altyd verander – al moes sy soms met alles binne in haar vasklou aan haar drome.

Jy hang aan haar elke woord wanneer sy met jou praat, want daardie egtheid in haar stem hou jou gevange en jy wil aanhou gesels, al herinner die horlosie jou daaraan dat die besige Expresso- aanbieder nog afsprake het om na te kom.

Leigh-Anne swaai nou ook haar heupe op die nuwe seisoen van Strictly Come

Dancing, wat Vrydae om 19:30 op SABC3 uitgesaai word. As kind het sy ballet en spiritual dancing in die kerk gedoen, maar sy het geen profession­ele dansopleid­ing nie. Sy en haar dansmaat, Johannes Radebe, oefen elke dag tussen vier tot ses ure lank en hulle begin eersdaags nog langer oefen wanneer die couples twee danse per episode moet doen.

“Die kompetisie is baie stresvol op die liggaam. Ek het pyn op plekke wat ek nie eens geweet het bestaan nie. My ma bel elke dag en sê hoe bekommerd sy is en dis te verstane, maar jy kan nie nou toelaat dat beserings jou terughou nie.

“Ek is regtig humbled deur die ervaring in die sin dat dit baie moeilik is as jy goed is in jou werk. Almal is ’n expert in hul eie bedryf en as jy hier kom, voel jy so klein.

“It takes a toll on your confidence en elke insecurity oor jouself wat jy nog altyd gehad het, kom uit. Ek laat Johannes toe om die leermeeste­r te wees en ek is sy student.”

Die einste Leigh-Anne, wat deesdae almal laat regop sit, was destyds bang almal lag vir haar droom om eendag op TV te wees.

Leigh-Anne het in Belhar buite Kaapstad grootgewor­d en agter ’n toe kamerdeur in haar ouerhuis in Suikerboss­iestraat, het sy voor die spieël geoefen vir wanneer sy eendag op TV gaan wees. Sy skater van die lag as sy nou daaraan terugdink.

“Al die heldinne in al die movies het altyd lang hare gehad. My hare was baie kort en het nooit op my rug gehang nie en ek kon dit ook nie uit my gesig vee nie. Ek het toe sommer my ma se onderrokke op my kop gesit en op ’n manier was dit my escape na ’n wêreld waar ek graag eendag wou wees.

haar lewe verander

“Ek was ’n skaam kind, maar deep down was daar ’n ekstrovert wat net gewag het vir die regte oomblik om uit te kom. My familie kan nou nog nie glo dit is die loopbaan wat ek gekies het nie. Ek is nogsteeds baie skaam en verkies eintlik om alleen te wees wanneer die kameras af is.”

Haar ouers is uitmekaar toe sy agt jaar oud was en haar ma, Denise, ’n deeltydse

omroeper by Radio Tygerberg, was toe die enigste broodwinne­r. Daar was tye wat dit nie te breed gegaan het nie, maar Denise het altyd haar kinders toegelaat om te wees wat hulle wou wees.

“My ma is seker een van die sterkste vroue wat ek ken. Sy was ’n ma en pa vir my en my broer en sy het altyd gesê as jy ooit die kans kry om jou drome uit te leef, dan moet jy. Ek glo sy het altyd geweet daar is meer wat in my steek en sy was nog altyd my grootste cheerleade­r en ondersteun­er.”

Leigh-Anne, wat nou in Seepunt woon, het jare lank as werwingsko­nsultant by die Universite­it van Stellenbos­ch gewerk voor sy in 2010 ’n leap of faith gevat en ’n besluit gemaak het wat die koers van haar lewe vir altyd verander het.

“Ek wou nog altyd in die entertainm­ent industry wees, maar ek het in ’n baie akademiese familie grootgewor­d, so ek kon nooit daaroor praat nie. Ek was ook altyd bang mense lag vir my. In my familie moes jy universite­it toe gaan, graad vang en ’n goeie werk kry,”vertel sy.

“Ek was nie gelukkig in my werk nie en ek het toe bedank. Vir my was dit die een geleenthei­d om te gaan kyk waaroor die bedryf gaan. Ek het die besluit geneem, maar ek het nie geweet of dit gaan werk nie. Maar ek móés dit doen, want ek het nie geweet of ek weer die geleenthei­d sou kry nie.”

Sy het ’n agent gekry en kort daarna ’n oudisie gedoen vir ’n TV-reeks. Vir haar was dit die begin van groot dinge, maar sy moes vir eers geduldig wees.

“Ek het die rol gekry, maar toe die reeks klaar is, was ek sonder werk. Ek het gevoel soos ’n failure, want ek kon nie myself onderhou soos voorheen nie en ek kon ook nie meer my ma finansieel bystaan nie. In my kop was daar die stemmetjie wat gesê het‘wie het jy gedink is jy om jou werk te los? What were you thinking!’Daar was ’n paar kere wat ek gedink het dit is nou die maand wat ek gaan smeek om my ou werk terug te kry.

“Ek het ook besef ek sou nie die passie het as daar nie iets groter is wat op my wag nie. All I wanted was to be on TV and entertain people. Ek het vir myself gesê‘if you have to leave this today, what would you do?’En daar was niks. Dís toe ek weet ek is op die regte pad; ek moes net aanhou probeer.”

GELOOFSTOE­TS

Die agt maande wat sy sonder werk was, was vir haar die moeilikste om te aanvaar, want skielik kon sy nie meer saam met vriende uitgaan nie. En elke sent wat ingekom het, moes sy twee keer omdraai.

“Dit was ’n groot geloofstoe­ts en vir my moes daar ’n eenvoudige rede wees hoekom ek daar moes wees. Wanneer jy nie meer dinge kan doen of vir jouself voorsien soos voorheen nie, is dit nogal uitdagend, maar God se timing is perfek. When God opens a door for you there is nothing that can happen that will change that.

“Die lewe gee nie altyd vir ons die opportunit­ies wat ons wil hê nie. As jy ’n droom en ’n passie het, just keep on going for it. Dit mag ’n jaar vat of selfs tien jaar en dit maak nie saak hoe hard jy moet werk nie, daar sál eendag ’n deur oopgaan vir jou. Dit het baie lank gevat voor my drome waar geword het, maar ek het geweet eendag sal daar ’n geleenthei­d kom.”

En toe sy dit die minste verwag, het haar deurbraak gekom.

Leigh-Anne sou aanvanklik net vir ’n week as gasaanbied­er op die Expresso

Morning Show wees, maar ná daardie week is sy elke keer gevra om terug te kom dat sy vier jaar later steeds daar is!

“Dit was seker die ergste week van my lewe, want ek het voor dit nog nooit live presenting gedoen nie. Toe die week om is, het ek gedink die producers sê seker ‘good riddance, vir haar hoef ons nie weer te sien nie’. Tot my verbasing het hulle my gebel om terug te kom en omdat ek oor die jare alles gedoen het wat my vir dié geleenthei­d voorberei het, het ek nie eens gehuiwer om ja te sê nie.

“Soms kan ons so hard en krities teenoor onsself wees, want ons is so gewoond daaraan om negatief te wees. Toe Expresso my vra om terug te kom, het ek net gesê ‘wow Leigh-Anne, hulle het iets in jou gesien en jý moet dit nou ook begin glo.”

Elke oggend is daar nou miljoene oë wat na haar kyk op TV, maar sy aanvaar niks daarvan as vanselfspr­ekend nie.

“Ek dink nooit‘o, ek is famous of o, ek wil famous wees nie’. Dis ’n reuse verantwoor­delikheid. Ek het elke dag die geleenthei­d om ’n verskil in mense se lewens te maak en ek dink nie ek is special nie; dit kon enigiemand anders se werk gewees het. En ek moet elke dag die beste mens wees wat ek kan wees.

“Some days you miss the mark and you’re not as good as you can be but the lesson is to never drop the ball, want daar is derduisend­e mense wat honger is vir ’n geleenthei­d soos dié, so jy kan niks minder as jou beste gee nie.”

Van haar het ons beslis nog nie die laaste gesien nie, daarvan kan ons seker wees! En as sy kon raad gee vir haar jonger self wat destyds in die spieël met haar ma se onderrokke gedans het?

“Wees gaaf en nederig, werk hard, behandel mense met respek en moenie wie jy is verander vir mense wat jou nie ken nie. Ken God in alles, want sonder Hom sou niks moontlik wees nie.”

 ??  ?? HOOFFOTO EN REGS: Expresso se Leigh-Anne Williams (33) swaai deesdae omtrent haar heupe op Strictly Come Dancing.
HOOFFOTO EN REGS: Expresso se Leigh-Anne Williams (33) swaai deesdae omtrent haar heupe op Strictly Come Dancing.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa