Kuier

Hallo Kuiermense

-

Die uitgawe het regtig iets van alles in en die artikels bied iets vir elkeen. Dis aangrypend­e leesstof, al is dit vir baie uiteenlope­nde redes.

Die een storie wat ons hier op kantoor aan die praat het, is Ivor s’n oor openbare vakansieda­e (bladsy 8). Ek hoop julle gaan net so lekker saamgesels, want dis iets wat ons almal raak. Dis ook die soort besluit wat ’n impak op ons nageslagte sal hê daarom dink ek ons moet glad nie oorhaastig daarmee wees nie.

Aan die een kant stem ek saam dat alle gelowe gelyk behandel moet word en dat Suid-Afrika glad nie so baie openbare vakansieda­e kan bekostig nie. Aan die ander kant is dit ’n feit dat ons ’n oorwegend Christen-land is en daar is ook darem iets te sê vir die tradisie dat Kersfees en Paasfees nog altyd in ons land vakansieda­e was.

Maar ek wil tog ook duiwelsadv­okaat speel: Sal dit nie ’n goeie toets vir ons as Christene wees as hierdie dae nie meer openbare vakansieda­e is nie?

Kyk, die regering kan wel die afdag wegvat, maar niemand kan regtig Kersfees of Paasfees en wat dit vir ons beteken, verwyder nie. As dit vir ons so belangrik is, sal ons die dag behoorlik eerbiedig en vier, of dit ’n vakansieda­g is of nie. Elkeen sal dan self moet besluit of die dag vir hom of haar belangrik genoeg is om ’n dag verlof in te sit om kerk toe te gaan of saam met hul gesin fees te vier, want daaroor het geen regering beheer nie.

Maar dan vra ek ook aspris dié teenvraag: Wat doen ons op Jeugdag of Erfenisdag – braai?

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa