Kuier

Facebook

-

te glo en te bid kan wonderwerk­e gebeur. Hoop daar gebeur ’n wonderwerk vir Theodrin Wharrel en haar twee seuns, Romano en Sheldon Noise (Op die drumpel van die dood, 15 Julie 2015). Ek glo die gebed van ’n moeder laat wonderwerk­e gebeur.

ROMA BAILEY

Puik uitgawe Kay en span (15 Julie2015). Ek het heel eerste my blokkiesra­aisels ingevul en my toe verdiep in die vervolgver­haal (’nAnderMaan). Tops soos altyd.

CINDI JOHNSON

Ek geniet Kuier ten volle, ek lees selfs die oues weer oor. Die ding wat nou aan die gang is met Kersfees en Paasfees: Is dit regtig nodig? Ek wonder net hoekom kan hulle dan nie maar Jeugdag en Vrouedag wegvat en dan die ander gelowe hul vakansieda­e ook gee nie, dan is dit mos gelyk.

CECEILA J. SCHEEPERS (Storie op bladsy 8–Red.)

Die Kuier van 1 Julie is propvol alles wat lekker is. Dis so goed om van Ingrid Paulus en Denver Vraagom te lees (Vuurwarm Vraagoms). Ons aanvaar alles so vanselfspr­ekend, maar kyk hoe moet Anesia Thompson vasklou aan die Here (Strydom oorlewing) omdat haar seuntjie nie eens self die “vanselfspr­ekende ”(normaal asemhaal) kan doen nie. Die vrou wat so wreed verkrag is (Swanger en verkrag. Dit was erg; baie erg), wil ek sê: Dank die Here vir die lewe van jou en jou kind wat Hy so veilig bewaar het. En baie geluk aan Christina Adonis (SoeteSukse­s), want waar ’n wil is, is daar ’n weg. Wat ’n bemoedigen­de tydskrif. LIONEL SMITH

“Wat die hart van vol is” (15Julie201­5) laat my weereens besef hoe blessed ek en hubby is. Ons kon nog nooit duur presente vir die kinders koop nie of hulle op nice vakansies stuur nie, maar het altyd probeer om die warmte en liefde in ons woning te hou. Vandag deel ons nog altyd hugs en sê ons is lief vir mekaar. Ek dank God vir al ons blessings en bid dat Hy ook julle wonings warm en liefdevol sal hou. Wil ook net vir Rowena Hendricks verwelkom by die Kuier- familie.

JEAN SOLOMONS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa