Kuier

nuwe hoop

’n Gewas wat kort ná sy geboorte ontwikkel het, het hom misvorm gelaat en sy ma het hom op vier maande gelos. Maar sy stiefpa sorg vir hom deur alles.

- DEUR AMY JOHNSON

shargaan du Plessis is soos enige kind van 18 maande; ’n regte woelwater. En al weet hy nie dat ’n gedeelte van sy gesiggie vermink is nie, lyk dit nie of dit ’n verskil maak aan sy uitbundige persoonlik­heid nie. Boonop spog hy dalk binnekort met ’n splinternu­we glimlag.

Shargaan is vriendelik en hy weet presies wanneer om te smile wanneer die fotograaf naderstaan met die kamera. Met sy vriendelik­e glimlag kruip hy sommer onmiddelli­k diep in jou hart. Hy stap die hele vertrek vol – salig onbewus van die littekens in sy gesig. Hy weet ook nog nie dat sy ma, Sharieffa, hom en sy broer by hul stiefpa in Robinvale, Atlantis, agterlaat het nie.

Shargaan was drie dae oud toe Nadiem Bester, sy stiefpa, die vreemde rooi kol in sy gesig gesien het. Sharieffa het aanvanklik gedink dit is ’n geboortevl­ek, maar toe begin se Shargaan se neus op drie dae onophoudel­ik bloei.

Hy is toe na Westfleur-hospitaal in Atlantis geneem, wat hom toe na die Rooikruisk­inderhospi­taal verwys het. Hy was twee weke lank daar behandel.

“Ek het so na hom gekyk en sy neus het ingeval en daar was ’n gat in sy lip. Hy’s met ’n volle gesig hospitaal toe en ek kon nie verstaan dat sy gesig nou só lyk nie nie. Hoe kon dit moontlik wees? Dit kon mos nie vanself gebeur het nie,”vertel Nadiem oor hoe hy destyds gevoel het toe hy Shargaan se verminkte gesig vir die eerste keer sien.

“Ek het gesit en bid by hom in die hospitaal, maar sy ma kon nie vir my sê wat is fout nie. Ek het nie gedink sy het geweet wat is fout nie.”

Volgens Nadiem het sy vervreemde vrou nooit die afsprake by die hospitaal nagekom nie. Dit was sy derde huwelik. Hy en sy eerste vrou is geskei en hy het ’n tweede keer liefde gevind by ’n onderwyser­es met wie hy 14 jaar lank getroud was voor sy gesterf het. Sharriefa het volgens Nadiem die pad gevat toe Shargaan net vier maande oud was en het haar twee seuns netso by hom gelos.

“Ek glo dit is ’n tweede kans wat die Here my gegee het. Ek is nie kwaad vir haar nie en verwyt haar ook nie,”sê hy.

Nadiem beskerm die twee kinders met alles wat hy het en al is daar soms min om van klaar te kom, maak hy seker die kinders gaan slaap nooit honger nie. Hy sê hy het hulle lief soos sy eie, want hulle ken nie ’n ander pa nie.

Shargaan is gebore met ’n hemangioom (’n gewas wat in bloedvate ontwikkel), maar sy ma kon nooit regtig vir Nadiem sê wat fout is nie.

“Nadat hy die eerste keer in die hospitaal opgeneem is, het die rouheid in sy gesig net groter geword en sy ma wou nie weer hospitaal toe gaan nie. Sy het die hospitaal begin vermy omdat sy niks verbeterin­g gesien het nie,”vertel Nadiem.

Darren Francis, assistent-direkteur van kommunikas­ie in die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, het bevestig dat Shargaan by die Rooikruis-kinderhosp­itaal se plastiese chirurgie-eenheid behandel word.

“Shargaan is met ’n groot nie-kwaadaardi­ge gewas (hemangioom) in sy gesig gebore. ’n MRI-skandering is gedoen en dokters het toe bevestig dat die hemangioom nie-kwaadaardi­g is. Die gewas in sy gesig het groter geword, begin sweer en gedeeltes van die weefsel in sy gesig het doodgegaan.”

Volgens Darren het die hospitaal egter daarna geen korrespond­ensie gehad met die familie of ’n ander hospitaal oor Shargaan se toestand nie. Die betrokke dokter het verskeie kere probeer om die familie op te spoor toe hulle nie afsprake nagekom het nie.

Darren sê Shargaan se laaste besoek aan die hospitaal was op 22 Januarie vanjaar en Nadiem het op 23 Julie ’n afspraak gehad vir die beplanning van Shargaanse operasie. Die operasie sal na verwagting in Oktober gedoen word.

“Indien die familie die afsprake nakom, beplan chirurge om eers met die lip en wang te begin. Die neus kan eers gedoen word wanneer die pasiënt drie jaar oud is. Dit is in die beste belang van die kind en sy gesondheid dat die afsprake nagekom word. Indien hulle sukkel, moet hulle dit direk met die hospitaal of bestuur bespreek,” het Darren gesê.

Shargaan is ook baie vatbaar vir siektes en infeksies dus neem Nadiem hom nie baie uit die huis nie. Hy glo ten spyte van al die teëspoed het God hom ’n tweede kans gegee om ’n pa te wees.

“Ek het twee seuns. Hulle is al grootmense met hulle eie kinders, maar Shargaan en Raafiq is ook my kinders, al is ek nie hul biologiese pa nie. God het hulle vir my gegee.

“Die lewe kyk elke dag na ons, want ons glo in God. Baie vriende het altyd iets vir ons. Ek lê soms dan dink ek Here, waarheen nou? En dan is daar ’n klop aan die deur. In die skrif sê dit laat die kinders na My toe kom en verhinder hulle nie en ons moet dit hier op aarde toepas.”

Nadiem sê hy is liewer vir Raafiq en Shargaan as wat hy vir sy eie kinders is en hy leer hulle die waardes wat hy destyds sy kinders geleer het.

“My kinders is grootmense en hulle kan nie elke dag by my wees nie, so Raafiq en Shargaan is nou hier by my. Nou moet ek my volle aandag vir hulle twee gee.

“Ek weet nie hoe gebeur dit nie, maar as dit die swaarste gaan, kom klop hier iemand aan die deur. Nes my deur altyd oop was vir almal, is daar altyd ’n klop aan die deur wanneer ons deur moeilike tye gaan.”

vlekke baie algemeen

Delene Cloete, ’n afgetrede verpleegst­er wat ’n velsorgkli­niek op Elim begin en al talle mense gehelp het met dieselfde probleem, sê hemangiome, wat ook strawberry-merke genoem word, is baie algemeen. Sy sê mense wat dit kan bekostig, ondergaan gewoonlik laserbehan­deling om dit te laat verwyder.

“Sommige van die strawberry marks word gewoonlik groter, maar as dit oopbars, moet die persoon mediese behandelin­g kry.”

Volgens die mediese webwerf www. orthoifo.com is daar verskillen­de tipes hemangiome en dit kan regoor die liggaam, insluitend die vel, spiere, bene en organe vorm.

Die webwerf verduideli­k dit kom die meeste voor in die gesig, op die nek en dit kan verskillen­de vorms en groottes hê. Die meeste hemangiome vereis geen mediese behandelin­g nie, maar sommige hemangiome kan misvorming veroorsaak en dus moet mense om kosmetiese redes ’n dokter gaan sien.

Hemangiome kom gereeld voor by kleuters. Sommige daarvan kan by geboorte gesien word en ander in die eerste paar weke of maande van die kind se lewe, volgens die webwerf.

Die presiese oorsaak oor hoekom dit voorkom, is nog nie bekend nie. Maar hemangiome in kinders is veroorsaak deur probleme in die ontwikkeli­ng van die vaskulêre stelsel tydens fetale ontwikkeli­ng, maar in baie gevalle kan daar nie vasgestel word wat presies dit veroorsaak nie, meen kenners.

Hoe kon dit moontlik wees? Dit kon mos nie vanself gebeur het nie.

 ??  ??
 ??  ?? REGS: Nadiem Bester is lief vir sy stiefkind Shargaan, soos sy eie. LINKS: Die gewas het Shargaan se gesig misvrom.
REGS: Nadiem Bester is lief vir sy stiefkind Shargaan, soos sy eie. LINKS: Die gewas het Shargaan se gesig misvrom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa