Kuier

Smagklik & heilsaam

Dink net aan die aardse lekkerte van aartappels en patats: Smeltin-die-mond mashed potatoes, fluweelsag­te sop, verleideli­ke braaiaarta­ppels en nog meer. Heerlike hartskos!

- deur Karen Hart

AARTAPPELK­ERRIE

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 3 eetlepels olie (olyf-, sonneblom- of canola-olie) 3 groot uie, grofweg gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en gekap 1 x 3 cm stuk vars gemmer, geskil en fyngekap of gerasper 1 rooi brandrissi­e, saadjies verwyder en fyngekap 8 groot aartappels, geskil en in groterige blokkies gesny 1 eetlepel matige kerriepoei­er 1 koppie hoender- of groente-aftreksel ½ koppie klappermel­k 1 eetlepel tamatiepas­ta Gerasperde skil van 1 suurlemoen Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 3 eetlepels varsgekapt­e koljanderb­lare

METODE Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol oor matige hitte en braai die uie daarin tot goud en deurskynen­d. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­e by en braai saam vir so ’n minuut of twee voordat jy die aartappelb­lokkies byvoeg. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat vir ongeveer 10 minute so smoor. (As jy bang is vir aanbrand, kan jy ’n klein bietjie van die aftreksel nou al byvoeg. Sommige potte is mos haastiger as ander.) Voeg die kerriepoei­er by en roer goed deur. Roer die tamatiepas­ta by die aftreksel en giet dit saam met die klappermel­k in die pot. Voeg die suurlemoen­skil en koljanderb­lare by en geur met sout en peper. Laat vir ongeveer 15 – 20 minute prut of totdat die aartappels gaar is en die sous begin dik word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa