Kuier

SOETPATAT-EN-ROOI SOETRISSIE­SOP

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E 3 eetlepels olie (olyf-, sonneblom- of canola-olie) 3 eetlepels botter 3 groterige uie, grofweg gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en gekap 1 kg patat, geskil en in blokkies gesny 3 groot of 6 klein rooi soetrissie­s, wit gedeeltes en sade verwyder en in stukke gesny 1 eetlepel paprika Gerasperde skil van 1 lemoen Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 6 – 8 koppies hoender- of groente-aftreksel

METODE

Verhit die botter en olie in ’n swaarboomk­astrol oor matige hitte en braai die ui, knoffel, patat en soetrissie liggies daarin vir ’n minuut of twee. Voeg die paprika en lemoenskil by en plaas ’n stuk bakpapier direk bo-op die groente. Bedek die pot met ’n deksel, verlaag die hitte en laat die groente vir ongeveer 15 minute so smoor. Voeg die aftreksel by, geur met sout en peper en bring oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir ongeveer 20 minute prut of totdat die patat gaar en sag is. Gebruik ’n handmenger of ’n voedselver­werker om die sop te verpulp. Maak deurwarm en bedien met lekker varsgebakt­e brood.

WENK: Indien jy die sop in ’n voedselver­werker verpulp, moet jy dit eers laat afkoel om te verhoed dat stoom opbou, die deksel afskiet en die hele kombuis onder sop is. Vra my – ek weet waarvan ek praat!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa