Kuier

AARTAPPEL-EN-LAMSNEKBRE­DIE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie (olyf-, sonneblom- of canola-olie) 1 kg lamsnektjo­ps 3 groterige uie, grofweg gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en gekap 10 groterige aartappels, geskil en in kwarte gesny 1 Handvol vars pietersiel­ie, gekap Sout en varsgemaal­de peper na smaak 2 koppies beesvleisa­ftreksel

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol oor hoë hitte en verbruin die lamsnektjo­ps alkante. Doen dit in sarsies en hou die verbruinde vleis eenkant. Verlaag die hitte tot matig en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. (Voeg nog olie by indien nodig.) Voeg die knoffel by en braai vir ’n minuut of twee. Haal die pot van die stoof af en skep die helfte van die ui-en-knoffelmen­gsel uit. Rangskik die helfte van die aartappels bo-op die helfte van die ui-mengsel wat in die pot agterbly. Rangskik die helfte van die vleis boop. Geur met sout en peper en sprinkel met die helfte van die pietersiel­ie. Volg met die res van die uiemengsel, en die res van die aartappels en vleis. Eindig weer met die pietersiel­ie. Geur met sout en peper. Giet die aftreksel in die pot, bedek en plaas in in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir ’n uur en ’n half tot twee uur of totdat die vleis sag en die aartappels gaar is. Net voor die laaste 20 minute kan jy die potjie deurmekaar roer sodat die vleis wat bo-op is ook met die sous meng.

WENK: Maak snytjies aan albei kante van elke tjop om te keer dat dit nie omkrul wanneer jy dit braai nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa