Kuier

MINI AARTAPPEL-EN-SPEK-FRITTATAS

-

Lewer 12

BESTANDDEL­E

Vir die uie-marmelade

2 eetlepels olie (olyf-, sonneblom- of canola-olie) 3 rooiuie, in skyfies gesny 2 eetlepels Worcesters­hiresous 1 eetlepel sagte bruinsuike­r

Vir die mini frittatas

2 groot aartappels, geskil en in klein blokkies gesny 6 repies swoerdlose strepiespe­k, fyngekap 6 eiers ¼ koppie melk ½ koppie gerasperde parmesaank­aas ¼ koppie gekapte chives (grasuie) Sout en swartpeper na smaak Ekstra parmesaank­aas

METODE

Vir die marmelade:

Verhit die olie in ’n middelslag kastrol en plaas die uie en Worcesters­hiresous daarin. Kook onbedek oor lae hitte vir 20 minute. Voeg die bruinsuike­r by en kook vir nog 10 minute saam. Laat heeltemal afkoel.

Maak nou die frittatas:

Kook die aartappelb­lokkies vir 5 – 7 minute of tot net-net gaar. Dreineer en laat afkoel. Braai die spek oor matige hitte vir ongeveer 5 minute sodat dit mooi verkleur. Dreineer die spek op handdoekpa­pier. Klits die eiers, melk en sout en peper saam in ’n kleinerige bak. Smeer ’n 12-plaat muffinpann­etjie. Verdeel die aartappels tussen die 12 gaatjies, asook die spek, parmesaank­aas en chives. Meng die hopies in elke gaatjie. Giet die eier-en-melkmengse­l in bo-oor elke hopie en maak dit mooi gelyk. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 15 minute. Haal die pannetjie uit en voorverhit die oondrooste­r. Sprinkel ’n bietjie ekstra parmesaank­aas op elke frittata en plaas vir ’n paar minute onder die oondrooste­r om dit mooi kleur te gee. Bedien die frittatas dit teen kamertempe­ratuur met ’n skeppie uiemarmela­de op elk. Dis ideaal vir ’n ligte ete, as snoephappi­e vir die kosblik of as ’n southappie vir ’n partytjie of onthaal.

WENK: Jy kan ook gewone uie vir die marmelade gebruik. Dit sal nie so ’n groot verskil maak as jy nie rooiuie in die hande kan kry nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa