Kuier

Skitter IN WIT

Wees ’n inspirasie vir ander vroue deur jou storie te deel en jy kan ’n Infinity-rok wen, wat jy weer aan iemand anders kan skenk.

-

Ons is alweer aan die vooraand van Vrouemaand en natuurlik dankbaar vir elke geleenthei­d om hulde te bring aan al die vroue wat ons inspireer en ondersteun.

Maar die een veldtog wat vir ons uitstaan, is beslis WomeninWhi­te van Surf. Die doel daarvan is dat vroue self hulde bring aan die spesiale vroue in hul lewe en dat dit aansteekli­k word en soveel moontlik vroue bereik.

Alles het begin toe Surf hul nuwe Auto-waspoeier bekendgest­el het. Celeb-gaste, onder wie Jo-Ann Strauss, is deur Black Coffee in hul skitterwit Infinity-rok geklee. Gaste is toe gevra om die WomeninWhi­te-veldtog te begin deur hul rokke te skenk aan vroue wat hulle inspireer. Die ontvangers skenk daarna weer die rok aan vroue wat hulle inspireer – nadat dit in Surf Auto gewas is natuulik, om weer op sy skitterwit beste te vertoon – sodat sommer nog baie spesiale vroue saam in wit kan skitter.

Jo-Ann het haar rok aan prof. Rachel Jafta, wat destyds een van haar dosente was en deesdae voorsitter van Media24 is, geskenk.

Lesers kan ook aan die veldtog deelneem deur ’n foto van hulself in hul mooiste wit skepping te neem en dit met hul eie inspirasie­storie met ons op Facebook te deel. Ons wil sien hoe jy behoorlik skitter in wit, so maak ’n geleenthei­d daarvan!

DANKie VIR INSPIRASIE

Kay gaan die twee rokke wat Amy en Courtney vir die modesessie (op die voorafgaan­de bladsye) gedra het, aan twee vroue skenk wat haar inspireer.

“Ek haat dit dat ons vroue soms mekaar se ergste vyande is. En toe ek Madeleine Albright se aanhaling daaroor sien, moes ek eenvoudig net aan die veldtog deelneem. Sy het gesê:‘There is a special place in hell for women who don’t help other women.’Nou ja, ek wil nie hel toe gaan nie. So, keep dazzling in white no matter what!”

 ??  ?? WEN DIé rok Jy kan die Infinity-rok deur die ontwerper Black Coffee, wen wat ons redakteur na Kuier
se Moedersdag­funksie gedra het!
WEN DIé rok Jy kan die Infinity-rok deur die ontwerper Black Coffee, wen wat ons redakteur na Kuier se Moedersdag­funksie gedra het!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa