Kuier

Bederf vir die bad

Met dié maklike stappe kan jy jou eie badsout en scrubs maak vir ’n lekker bederf.

- DEUR ryan carolisen

LYF-SCRUB

BESTANDDEL­E

¾ koppie suiker ½ koppie seep, gerasper

¼ koppie amandeloli­e (jy kan ook klapper-, olyf- of jajoba-olie gebruik) ’n Paar druppels essensiële olie van jou keuse (opsioneel)

METODE

1. Neem die koppie seep en meng dit met die amandeloli­e. 2. Plaas nou dié mengsel vir sowat 20 sekondes in die mikrogolfo­ond sodat dit kan smelt. Meng deeglik. Sit dit vir nog 10 sekondes in die mikrogolf of totdat die seep heeltemal gesmelt is. 3. Voeg nou die suiker by. (Witsuiker exfoliate die vel die beste.) 4. Indien gebruik, voeg nou die olie van jou keuse by. 5. Gebruik ’n vorm van jou keuse of ’n silikoon-ysbakkie en giet die mengsel daarin. Sit dit nou in die vrieskas vir ongeveer 10 – 20 minute. 6. Wanneer jy gaan stort kan jy elke keer net een blokkie gebruik, maar werk vinnig voordat die seep weer hard word.

BADSOUT

BESTANDDEL­E

1 koppie Himalayan-pienksout ½ koppie epsomsout ½ koppie koeksoda 1 eetlepel gedroogte roosblare (opsioneel) 10 druppels essensiële roosolie

METODE

Meng al die droë bestanddel­e – Himalayan-pienksout, epsomsout, koeksoda en roosblare – saam in ’n bak. Voeg nou die roosolie en roosblare (indien gebruik) by, afhangende van hoe aromaties jy jou badsout wil hê. Gebruik ’n funnel (tregter) om die produk in ’n lugdigte houer te gooi. Voeg ’n ½ koppie van die badsout by jou badwater elke keer as jy gaan bad.

WENK: Jy kan enige olie van jou keuse of selfs droë roosblare by jou badwater voeg.

LIP-SCRUB

BESTANDDEL­E

3 eetlepels suiker 1½ eetlepels olie (klapper, amandel, olyf of jajoba) ’n Paar druppels amandeloli­e vir geur (of jou keuse van voedselkle­ursel)

METODE

1. Meng die suiker en olie saam. 2. Voeg die geursel van jou keuse by. 3. Voeg nog 1 of 2 druppels voedselkle­ursel by vir ’n ekstra bietjie kleur. 4. Skep dan die eindproduk in ’n mooi, klein houer wat jy in jou handsak oral saam jou kan dra en gebruik waar jy jou ookal bevind.

WENK: As die mengsel te nat is, kan jy meer suiker byvoeg.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa