Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou sekslewe? Hier is raad.

-

V WIE’S DIE PA?

Ek het ’n groot probleem. Ek is nie ’n slegte vrou nie, maar ek het iets baie verkeerds gedoen. Ek het onlangs uitgevind ek verwag, maar ek weet nie wie die pa is nie. Ek en my eks het in dieselfde week as ek en my nuwe ou seks gehad. Hoe weet ek nou wie die pa is? Ek wil nie my ou verloor nie, maar ek kan hom nie sê nie. Wat moet ek doen? MISMOEDIG

A BESTE MISMOEDIG

Ai, dit is nou regtig ’n gemors waarin jy jou bevind. Dit sal nie help om aan sleg wees en ander te dink nie, want jou realiteit benodig nou jou volle aandag. Hier sal jy nie vir enige van die twee kan lieg nie. Jy kan ongelukkig nie jouself spaar nie, want die waarheid gaan uitkom, al doen jy nou wat. Kry dit so gou moontlik uit sodat jy op jou baba en toekoms kan konsentree­r. Jy sal jou trots in jou sak moet steek en beheer moet neem van jou situasie. Daar is nie ’n manier hoe jy self kan uitwerk wie die pa is nie. Dit is heeltemal te kompleks. Skraap die moed bymekaar en besluit of jy hulle saam of apart die waarheid gaan vertel. Ek is seker jou eks is daarvan bewus dat jy ’n nuwe ou het so hy vermoed dalk dat jy met albei van hulle slaap. Sy eie skuld in die ding sal hy moet erken. Ek hoop nie jy het vir hom ook gelieg nie. Op die einde van die dag kan ek jou net aanraai om verantwoor­delikheid vir jou gedrag te aanvaar.

V ONSEKER OOR OU

Ek is baie ongelukkig. My kêrel sê altyd ek is sy beste meisie, maar dit voel nie vir my so nie. Hy is altyd saam met sy tjommies en ek moet altyd op hom wag. Hy is 18 en ek is 16. Daar is ook die meisie van 21 wat altyd om hom is. Dink antie hulle twee is ’n item? Hoe sal ek weet? ONGELUKKIG

A BESTE ONGELUKKIG

Ek wens net dat jy op die jong ouderdom nie so vas wou wees nie. Daar is so baie tyd om later in ’n verhouding te wees. Nou is dit eerder belangrik om nuwe dinge te ontdek en om saam met jou familie tyd te spandeer en goeie vriendskap­pe te bou. Jou skoolwerk is natuurlik eerste op jou prioriteit­slys. Jy sal sien as jy nie nou al met ’n ou opgeskeep sit nie, sal jy meer tyd vir die lekker dinge in die lewe hê. Jou hart sal minder seer wees en jy sal goed voel oor jouself. ’n Ou wat jy nie vertrou nie, kan beslis nie jou tyd werd wees nie. Hoekom vra jy hom en die meisie nie self of hulle ’n item is nie? Ek voel die hele situasie is onnodig om nou al op jou hart te dra. Vergeet van ouens vir nou en maak eers skool klaar.

V SEUN IS GAY

Ek dink my seun is verlief op ’n man en dit maak my bang. Ek was nog altyd oortuig daarvan dat hy anders is, maar my man wou niks hiervan hoor nie. Vandag dink ek regtig dat ek nie ’n fout gemaak het nie, maar my man dink dit is my skuld en wil my en ons seun uit die huis skop. Wat kan ek doen om hom te laat verstaan dat dit niks is wat ons verkeerd gedoen het nie? Dat dit ons kind se keuse en lewenswyse is. Ek is lief vir my kind, al is ek nie gelukkig hieroor nie, maar ek wil hom nie verstoot nie. BANG

A BESTE BANG

Ek is so bly dat jy dié positiewe houding oor die situasie inneem. Dit is regtig vandag so benaal om nog skaam te wees oor homosexual­ity. Dalk is dit nie ’n slegte idee dat julle as ’n gesin vir berading gaan nie. Dit kan julle help om weer nader aan mekaar te beweeg, mekaar beter te verstaan en net jul gevoelens beter te bestuur en uitdrukkin­g daaraan te gee. Jou man is natuurlik skaam en wil nie hê mense moet dink sy seun is nou ’n meisie nie. Dit spreuk anyway na die feit dat hy nie die hele ding verstaan nie en heeltemal onkundig is oor die hele storie. Daar lê ongelukkig ’n lang pad vir julle voor, maar moenie tou opgooi nie. Besoek www.famsa. org.za om jul naaste tak op te spoor. Hulle is baie goed met familiesit­uasies en -verhouding­s en dit kan julle net goed doen om as ’n familie saam die saak aan te pak. Elke familie het sy eie probleme, so moet nooit dink dat jy alleen is nie. Daar is altyd hoop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa