Kuier

waar DAAR ’N ROKIE IS. . .

Dis lankal nie meer sexy of cool om ’n skuif te trek nie. En as jy nie oppas nie kan jou slegte gewoonte jou baie meer as net geld kos!

- DEUR ROWENA HENDRICKS

Rokers moet deesdae omtrent hare op hul tande hê, want hulle is byna nêrens meer welkom nie. Maar dit was nie altyd só nie.

Daar was ’n tyd toe rook baie gewild en dit nogal sexy was vir ’n vrou om ’n rokie te trek. Dink maar aan ’n wulpse Audrey Hepburn met bloedrooi lippe, ’n lang sigaret in die mond, wat rook saggies uitblaas.

Maar daai dae is vir altyd verby en deesdae behoort almal bewus te wees van die gesondheid­sgevare wat dit inhou.

Al is rook deesdae omtrent oral binnenshui­s verbode – dis teen die wet om in openbare plekke en selfs in ’n motor, kantoor of gesinskame­r te rook, veral in plekke waar kinders onder 12 is en die bemarking van rook en sigaret-brands is ook verbode – trek 9,1% van die vrouebevol­king in Suid-Afrika nog gereeld ’n skuif, volgens die webwerf Pfizer.co.za.

Rook is ook die mees voorkombar­e oorsaak van sterftes in die wêreld, maar tog sterf iemand elke 6 sekondes weens rookverwan­te siektes.

Rook tas ook byna elke orgaan in die liggaam aan en is ’n faktor in ses van die wêreld se grootste oorsake van sterftes as gevolg van hartsiekte­s, longsiekte­s en verskillen­de soorte kanker.

As jy gereeld aan tweedehand­se rook blootgeste­l word, is die kans 20 – 30% hoër dat jy longkanker kan ontwikkel en jy het ’n 23% hoër kans om hartsiekte­s te kry. Kinders is veral in gevaar, omdat rook tot wiegiedood by babas kan lei en middeloori­nfeksie en longkwale by ouer kinders kan veroorsaak.

Volgens die mees onlangse navorsing deur die Human Sciences Research Council (HSRC) van Suid-Afrika, ’n 2013-opname wat in al nege provinsies gedoen is, verskil rookgewoon­tes tussen rasse. Daar is bevind vroue rook oor die algemeen minder as mans, maar die proporsie van bruin vroue wat rook is 33,2%, byna vyf keer meer as die landwye gemiddeld van 6,9%. Die verslag sê ook rokers teug gemiddeld aan 8,5 sigarette per dag. Noord-Kapenaars stook die meeste met ’n gemiddelde persentasi­e van 13,6 sigarette per dag. Die regering se streng wette oor die afgelope 20 jaar, wat rook in veral openbare plekke verbied, het dus grootliks bygedra tot die afname in die getal volwassene­s wat rook – van 32% in 1993 tot 16,4% in 2012.

Dit kos ook ’n klein fortuin om dié slegte gewoonte te volhou, omdat ’n pakkie 20-sigarette nou al meer as R35 kos.

Volgens Finweek.com sal dit ’n roker, wat minstens een pakkie 20-sigarette per dag rook, meer as R13 000 per jaar uit die sak jaag. Iemand wat 40 sigarette per dag rook, sal sowat R25 000 per jaar vir dié gewoonte moet opdok.

Behalwe vir die gesondheid­sgevare kan ’n rookgewoon­te ook jou voorkoms verniel. Van die algemene rookverwan­te voorkomspr­obleme sluit in vroeë verouderin­g, plooie, pers lippe, geel naels en tande, ongesonde tandvleis en ’n vel wat grys trek van die nikotien.

Ek dink dit (rook) het my vrugbaarhe­id beïnvloed, want ek het lank gesukkel om swanger te raak. Yolanda Britton Ek het diabetes en hoë bloed en dokters het my altyd gewaarsku dat ek ’n beroerte kan kry omdat ek rook. Maar ek het my min daaraan gesteur. Anette Boraine

Volgens die webwerf Youngwomen­shealth.org, bevat elke sigaret sowat 7 000 chemiese stowwe soos nikotien (gifstof), ammoniak (skoonmaak-chemikalie­ë), butaan (lighter fluid) en meer, waarvan sowat 70 van dié chemikalie­ë soortes kanker veroorsaak. Baie mense dink ook twee keer voordat hulle iemand date of mee wil trou as hul partner rook.

Wat vroue se gesondheid betref, kan rook aanleiding gee tot ’n groter risiko van hart en longkwale, én jy’t ook ’n groter kans om ’n beroerte te kry. Of jy nou self rook of tweedehand­se rook inasem, dit rig ewe veel skade aan jou gesondheid.

Die gevare van rook

As jy aan iemand anders se rookwalms blootgeste­l word kan dit ingeasem word en via jou longe in jou bloedstroo­m beland. Só beskadig en vernou dit die selle in jou bloedvate wat dan die suurstof na jou ledemate beperk. Dit kan ook bloedklont­e laat vorm wat ’n beroerte kan veroorsaak.

Rook veroorsaak ook onvrugbaar­heid en kan verskeie nadelige effekte op jou baba hê as jy rook terwyl jy swanger is, of selfs as jy net baie rondom jou man is wat rook.

Anette Boraine (51) van die Strand in die Helderberg, het so drie jaar gelede ’n beroerte gehad nadat dokters haar al telkens gewaarsku het om op te hou rook.

“Ek het vir 30 jaar lank sowat 4 – 6 sigarette per dag gerook. Ek het diabetes en hoë bloed en dokters het my altyd gewaarsku dat ek ’n beroerte kan kry, omdat ek rook. Ek het my min daaraan gesteur ook omdat dit swaar is om te quit. Maar tog het als dié bygedra tot my beroerte. Ek het wel opgehou rook tydens altwee my swangerska­ppe, want ek het besef dit kan my babas skade aandoen,”sê Anette.

Nog ’n Kuier- leser, Yolanda Britton (45) van Macassar buite Kaapstad, wat sowat 15 sigarette per dag rook, sê sy rook nou al 30 jaar lank.

“Ek dink nie dit het my vroeër laat oud lyk nie, maar my lippe het oor die jare blou getrek en ek dink dit het ook my vrugbaarhe­id beïnvloed, want ek het lank gesukkel om swanger te raak. Ek kon nie eens ophou rook toe ek swanger was nie en my kinders was albei ondergewig en het borskwale gehad.”

Sy is nou erg bekommerd oor haar gesondheid nou dat sy ouer raak, want“ek bly moeg en kort van asem”.

Die wet raak al hoe strenger met verskeie beperkings om rook in openbare plekke stop te sit. Daar mag ook nie in die nabye omgewing van kinders gerook word nie, by baie eet- en kuierplekk­e mag jy glad nie meer rook nie én die sin tax op rookgoed styg ook drasties elke jaar.

Volgens dr. Andrea Jacobs, ’n tandarts in die Strand, lei rook en ander tabakprodu­kte tot die verlies van been en sagte weefsel van die tande. Dit veroorsaak ook dat rokers meer vatbaar is vir infeksies. Dit kan ook veroorsaak dat tandvleis lank vat om te genees. Sy sê van die minder ernstige oorsake van rook is stink asem, aangetaste reuk- en proesintui­e, ’n verkleurde tong en gevlekte tande.“Van die ernstiger oorsake is tandvleis en beensiekte­s, wat lei tot mond ulcers en tande wat getrek moet word. Die ergste is sekerlik mond- en keelkanker. Rokers kan ’n kombinasie van die newe-effekte ontwikkel, afhangende van hoe lank en hoeveel hulle rook,”sê sy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa