Kuier

retrenchME­NT BEPLAN vooraf

Retrenchme­nt is ’n werklikhei­d. Sal jy daarmee kan cope? Wees voorbereid met dié raad.

- DEUR IVOR PRICE

Dit is almal se grootste nagmerrie: die moontlikhe­id dat jy dalk jou werk kan verloor. Wie gaan dan jou skuld betaal en hoe gaan julle aan die lewe bly? Dis hoekom dit belangrik is om nou reeds – terwyl jy ’n inkomste verdien – jouself finansieel voor te berei.

Loane Sharpe, ’n arbeidsont­leder by die Vryemarkst­igting, sê dit gaan maar broekskeur met die meeste maatskappy­e en baie word gedwing om mense af te lê (retrench).

Boonop is ons weer in die stakingsei­soen waar vakbonde aandring op vet verhogings, wat ekstra druk op maatskappy­e plaas.

Die gevolg? Duisende mense verloor elke maand hul werk omdat werkgewers eenvoudig nie meer kan bekostig om hulle te betaal nie. Veral die vervaardig­ings-en boubedryf loop deur.

“Die ekonomiese vooruitsig­te lyk nie baie rooskleuri­g nie,”waarsku Ryan Chegwidden, hoof van produkte by Hollard Life. “Werklooshe­id neem toe en die privaatsek­tor sukkel om kop bo water te hou. Dit is hoekom finansiële beskerming vir werkendes krities belangrik is – meer as ooit vantevore.”

Hy sê baie mense weet nie eens dat daar iets soos salarisver­sekering is, wat jou kan beskerm wanneer jy jou werk verloor omdat ’n maatskappy dalk moet herstruktu­reer of selfs heeltemal sy deure moet sluit nie. Met dié versekerin­g kry jy, afhangende van die spesifieke dekking wat jy kies, óf ’n lompsomp óf ’n maandeliks­e bedrag wat jou help om die pot aan die kook te hou.

Volgens Loane is baie onder ’n wanindruk dat die Werklooshe­idsverseke­ringsfonds (UIF) genoeg sal wees om jou deur die droë maande te help. Dit is egter net ’n “tydelike veiligheid­snet”vir korttermyn­verligting vir mense wat hul werk verloor.

Die wet op werklooshe­idverseker­ing

sê duidelik dat jy dan net geregtig is op een dag se voordeel vir elke ses dae wat jy gewerk het – en dan net tot ’n maksimum van 34 weke. Die bedrag geld wat geëis kan word, hang af van hoe lank jy gewerk het. As jy egter vier jaar gewerk het, sal jy die maksimum bedrag kry – tot 58% van jou inkomste, wat oor ’n paar maande uitbetaal word.

Jy kan egter nié UIF eis wanneer jy vrywillig bedank het nie. Eise kan slegs ingedien word as die werkgewer insolvent verklaar is, wanneer jy afgedank word weens wangedrag of swak prestasie, of as die kontrak dalk weens operasiona­le vereistes deur die werkgewer beëindig word.

“Afleggings kan mens finansieel ruïneer as die regte voorsorgma­atreëls nie getref word nie,”sê Michelle Dubois, ’n regsbemark­ingspesial­is by die Liberty-groep.

“Dis hoekom ek altyd aanbeveel dat mense ’n aparte bankrekeni­ng vir ’n reënerige dag hou – genoeg om drie tot ses maande se lopende uitgawes te kan dek. Dit gee mense gemoedsrus wetend dat hul uitgawes gedek sal word terwyl hulle werk soek.”

Chris Swart, ’n onafhankli­ke finansiële raadgewer van Bethlehem in die Vrystaat, stel dit só:“Die afleggings­golf is ongelukkig ’n aaklige lewensfeit in ’n ekonomiese afswaai. Dis een van daardie traumaties­e gebeure met dieselfde emosionele impak as ’n egskeiding of dood in ’n familie.”

Hy sê egter jy moet dit nie persoonlik opneem nie (beslis makliker gesê as gedaan!), jouself“optel”en aanhou werk soek.

“Baie mense is skaam om oor hul situasie te praat wanneer hulle afbetaal word en vertel nie vir vriende of familie nie.”

Om jou aflegging óf selfs afdanking te probeer wegsteek, sal jou eerste groot finansiële fout wees.

“Oor die algemeen wil vriende graag help. Wees openlik daaroor en deel dit met hulle om uit te vind of hulle dalk van geleenthed­e weet.”

KRY JOU DEEL

“Maak seker dat jy die korrekte uitbetalin­g van jou werkgewer kry vir jou diensjare en alle ander voordele (wanneer jy afgelê is),” sê Chris.“Maak seker dat jou maatskappy jou uitbetalin­g reg hanteer en nie te veel belasting hef nie. Indien jy nie verstaan hoe jy belas is nie, laat jou salarisafd­eling se betaalbeam­pte jou vertel hoe die syfers werk. Registreer jou daarna as werkloos.

Kontak dadelik die UIF-kantoor. Ja, die lyne is soms baie lank en dit kan vernederen­d wees vir iemand wat al die jare gewerk het, maar dit betaal regtig om seker te maak of jy nie vir die werklooshe­idsvoordee­l kwalifisee­r nie.

Neem ook bestek van jou geldsake. Hoe om ’n begroting op te stel, is ’n artikel op sy eie, sê Chris, want soveel mense het óf nie ’n begroting nie óf het een wat onvolledig of onvoldoend­e is. Jy moet presies weet waarheen jou geld elke maand wegsyfer. Hersien onmiddelli­k alle uitgawes en kanselleer luukses.

“Hoe lank kan jy en jou gesin oorleef sonder jou inkomste? Hoe lank sal jou uitbetalin­g jou huidige finansiële verpligtin­ge dek? Moenie die fout maak om te dink dat jy dieselfde leefstyl sal kan voortsit as waaraan jy gewoond was terwyl jy gewerk het nie,”sê hy.

Elkeen se geldsake lyk anders. Gaan sien liewers dadelik ’n finansiële raadgewer of beplanner oor jou geldsake sodat jy ’n profession­ele perspektie­f kan kry.

Vertrou slegs mense en instansies met jou geld wat by die Raad op Finansiële Dienste (RFD) geregistre­er is, beklemtoon Marlise Kotzé, ’n gesertifis­eerde finansiële beplanner van Alexander Forbes. Vra ’n lisensieno­mmer as bewys of soek die maatskappy of adviseur op die RFD se webwerf, www.fsb.co.za op.

SOEK GOU WEER WERK

Nou begin die moeilike proses: Om weer werk te soek.

“Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om die soeke na werk soos ’n werk te laat klink nie,”sê Chris, wat glo rondsit word baie gou ’n gewoonte. “Mense raak verlore in blokkiesra­aisels, TV of ’n ander afleiding. Hou jou besig met werksoek. Vele mense in dieselfde situasie staan elke dag op, trek behoorlik aan, skeer, stort en eet ontbyt. Hulle begin bel teen negeuur en werk heeldag tot vyfuur. Hulle sê dat dissipline en roetine hulle gemotiveer­d hou.”

Jou aflegging is ’n kans om te besin oor wat jy nou met jou lewe wil doen.

“Indien jy van jou werk gehou het, stof jou CV af, werk dit by en moenie tyd mors deur vir ’n ander rigting uit te kyk nie,” verduideli­k Chris.“Indien jy ontevrede was in jou pos, wat sou jy graag wou doen? Dis ’n kans om jou vaardighed­e op te knap, en iets anders te probeer.”

Vir eers moet jy nie“onrealisti­ese verwagting­e van ’n droompos”koester nie. Aanvaar, binne perke, enige werk wat kontant laat invloei – daarna kan jy mettertyd soek na ’n beter pos wat aan jou eie vereistes voldoen.

Chris beveel verder aan jy betaal, indien moontlik, jou korttermyn­skuld (soos klerereken­inge en kredietkaa­rte) af.“Dit sal jou maandeliks­e kontantvlo­ei verbeter, omdat jy nie hoef rond te spartel om rekeninge te betaal nie.”

Maar wees versigtig dat jy nie te veel van jou pakket gebruik om skuld te delg nie, sê hy.“Dit kan jou ook sonder kontantvlo­ei los indien jy nie gou weer ’n pos kry nie.” Daarna is dit slim as jy vaste uitgawes soos verband of huishuur, foon, mediese fonds, skoolgeld en so meer, ’n paar maande vooruitbet­aal.

Sit geld vir drie tot ses maande se uitgawes in ’n“noodfonds”weg waar jy dit binne ’n paar dae sal kan onttrek indien nodig. Die balans kan jy op ’n langer termyn belê – hoe langer jy dit vasbelê, hoe hoër die rente wat jy kan verdien.

Verder is dit ook belangrik dat jy versigtig met jou skeidingsp­akket moet omgaan. Dit is die geld wat jy kry wanneer jy afgelê word.

“Die besluit oor wat jy met jou skeidingsp­akket gaan doen, is een van die grootste finansiële besluite wat jy ooit sal neem en berus op jou diensbaarh­eid, vaardighed­e, ouderdom, skuld en ander inkomstebr­onne,” sê Chris.

“Moenie oorhaastig jou skeidingsp­akket spandeer of belê of vinnige besluite neem wat jy later sal berou nie. Neem jou tyd en kry advies. Indien jy optimistie­s is dat jy ’n ander werk sal kry, is jou eerste prioriteit dat jy jou skuld moet verminder.”

Moenie die fout maak om te dink jy kan dieselfde leefstyl voortsit nie. Chris Swart

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa