Kuier

Môre se leiers

Leerders van die ATKV se jeugberaad sê met hul nuwe vaardighed­e, is hulle reg om ’n verskil in hul gemeenskap­pe te maak.

- DEUR angelo julies

Die ATKV se jeugberaad in die Wes-Kaap einde verlede maand by Goudini Spa, het voorwaar die jong leiers van môre aan die dink gesit en die 71 gr. 11’s wat dit bygewoon het, is nou reg om die wêreld te verander.

Aerin Kotzee (16), ’n leerder van Hoërskool Piketberg sê sy kyk nou met nuwe oë na die lewe en die wêreld om haar.

“Die beraad het my denkwyse heeltemal verander. Ek kyk nou anders na die lewe rondom my. Te midde van al die negatiwite­it wat in die samelewing rondom ons aangaan, is daar hoop vir die toekoms. Ons is die hoop vir die toekoms,”sê Aerin.

Temas soos politiek, onderwys, ekonomie, tegnologie en die samelewing is alles vanjaar indiepte met van die land se voorste kenners op dié gebiede bespreek.

leersame ervaring

Die leerders wat die beraad bygewoon het, se gedagtes is geprikkel deur die bespreking­s en hulle is uitgedaag om beter landsburge­rs te word en nie net uit te styg bo hul omstandigh­ede nie, maar ook om ’n betekenisv­olle verskil in hul gemeenskap­pe te maak.

Christo van der Rheede, uitvoerend­e hoof van die Afrikaanse Handelsins­tituut en een van die sprekers by die beraad, het onder meer met die leerders gepraat oor hul talente en hoe om dit te ontwikkel.

“Talent alleen sal nie die klas van 2015 help om die talle probleme in die samelewing te bowe te kom nie. Ontwikkel jou talent stapsgewys. Sommige talentvoll­e mense bereik hul volle potensiaal, terwyl ander hulself vernietig of in middelmati­gheid vasval. Die geheim van sukses lê in die keuses wat ons maak. Dis wát jy tot jou talent toevoeg wat die grootste verskil maak,”het hy gesê.

Kaylene Brink (16), ’n leerder van Hugenote Hoërskool op Wellington het baie na die sprekers uitgesien. Haar pa het die artikel oor die ATKV-jeugberaad in die

Kuier gelees en besluit om haar daarvoor in te skryf. “Toe ek die artikel lees het die onderwerp‘ekonomie’my aandag getrek omdat dit my interessee­r. Ek het verwag dat ek baie sou leer, en ek het,”sê Kaylene.

Pieter Geldenhuys, stigter en direkteur van die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovasie, het oor tegnologie gepraat en leerders uitgedaag om hulself op te voed en in te lig deur te lees.

Hy het ook die leerders gewys hoe hulle tegnologie kan gebruik om hul lewenstand­aard te verbeter. Hy het hulle ook aangemoedi­g om innoverend REGS: Christo van der Rheede (middel) van die Afrikaanse Handelsins­tituut met van die leerders by die jeugberaad. en kreatief te wees. Een van die aspekte wat die jeugberaad so anders maak, is dat dit nie net die heeltyd net toesprake is nie, maar dat die leerders ook aktief by die gesprekke betrek word.

Roaan Timmie (17) van Hoërskool Ladismith sê hy het nie regtig geweet wat om te verwag nie.“Om eerlik te wees het ek gedink ons gaan net heeldag na sprekers luister en die onderwerpe bespreek. Maar tot my verbasing het ons soveel meer gedoen as om net te luister. Ek het so baie geleer en is regtig bly ek het dit bygewoon.”

Die feit dat die onderwerpe tot en met die eerste sessie van die beraad ’n geheim was, het alles net soveel meer interessan­t en opwindend gemaak.

Tristan Cupido (17), ’n leerder van Hoërskool Vredenburg, sê die beraad het sy lewe verander.“Ek is van nature ’n introvert en hou nie juis daarvan om nuwe mense te ontmoet nie. Maar die beraad het my uit my dop laat kruip. Veral die impromptu aktiwiteit wat ons gedoen het, het my eers ongemaklik laat voel, maar later het ek besef ek doen nou dinge wat ek nie sommer andersins sou doen nie. Dit het my uit my gemaksone gehaal en my die selfvertro­ue gegee om die lewe aan te pak, nuwe mense te leer ken en nuwe dinge te probeer.”

Toptips vir leerders wie nie by die beraad was nie: • Wees jouself en vorm jou eie opinies, maar respekteer ook ander s’n. • Werk hard en volhard daarin. • Droom groot en moet nooit moed opgee nie. • Wees innoverend en kreatief. • Lees om jouself op te voed en in te lig. • Raak betrokke by projekte in jou gemeenskap en /of by jou skool. • Kyk anders na die lewe om jou en wees positief, al is alles om jou negatief.

 ??  ?? BO: Monica Fillies, Michaela Siebrits en Isabelle Blaauw sê die jeugberaad was uiters waardevol.
BO: Monica Fillies, Michaela Siebrits en Isabelle Blaauw sê die jeugberaad was uiters waardevol.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa