skryf uit die hart
Danksy haar suster wat aangehou het dat sy moet inskryf, het sy vanjaar met een van haar hartsverhale Kuier, Lapa Uitgewers en PEN Afrikaans se kortverhaalkompetisie gewen. Meester is eenparig as die wenstorie gekies.
Toe Joanna Alexander (48) in 2012 Kuier se kortverhaalkompetisie gewen het, het sy gedink dis net ’n gelukskoot. Maar nadat dié eer haar nou vir ’n tweede keer te beurt geval het, dink Joanna sy kan dalk die geskrywery verder vat.
Joanna, ’n gebore Upingtonner wat deesdae in Bayswater in Bloemfontein woon, is glad nie iemand vir die kollig nie en verkies eintlik om agter die skerms te werk.
“Ons het in ’n huis grootgeword waar ons ons sê gesê het, maar soos ek ouer geword het, het ek gesien nie almal is gemaklik om hul emosies te wys nie. Ek het in myself teruggetrek en skryf het later my uitlaatklep geword.
“Ek is ’n introvert en daarom is ek so bly vir die kompetisie,” vertel sy.
Meester, haar wenstorie, is een van haar eerste stories wat sy tien jaar gelede geskryf het. En nooit het sy gedink dié storie wat sy weggebêre het sodat sy dit self eendag weer kan lees, sal haar help om weer ’n kompetisie te wen nie.
“Ek kry inspirasie vir al my stories uit dingetjies wat daagliks om my gebeur, dan prikkel dit iets in my hart. Ek skryf uit die hart en ek dink dit is wat die verskil maak. Ek weet nie wat die inspirasie vir Meester was nie, maar ek wou die stilte wat oor daardie onderwerp heers, verbreek.
“Mense is baie sensitief oor negatiewe emosies en ek het gekies om daaroor te skryf. My skryfwerk het my die kans gegun
My skryfwerk het my die kans gegun om uiting te gee aan daai emosies wat ek nie kon wys nie. Joanna Alexander
om uiting te gee aan daai emosies wat ek nie kon wys nie.”
Vir vanjaar se kompetisie is dinge bietjie anders gedoen. Nadat LAPA die top30 stories gekies het, is die skrywers se name verwyder en die beoordelaars, wat die bekende digter Diana Ferrus ingesluit het, het nie geweet wie die stories geskryf het nie. Dit was dus ’n blinde beoordeling om seker te maak niemand word bevoordeel óf benadeel nie.
Joanna se storie is eenparig as die wenner gekies en sy het die prysgeld van R5 000 gewen. Sy het ’n slypskool bygewoon én haar wenverhaal verskyn in dié uitgawe van Kuier. Van die ander finaliste se stories sal ook in opkomende uitgawes van Kuier gepubliseer word.
“Die prysgeld is al amper op!,”skerts Joanna. “Alles is regtig vir my nog onwerklik, want ek het nooit gedink ek het skryftalent nie. Die stories dink ek snags uit wanneer ek nie kan slaap nie. Ek het altyd net vir myself geskryf wanneer ek ontslae wou raak van my emosies, daarom het ek nooit gedink ek kan iets doen met my skryfwerk nie. Ek was altyd die enigste een wat my stories gelees het. Toe ek die eerste keer die kompetisie wen, het ek gedink dis ’n vloek, maar toe ek die tweede keer wen, het dit vir my so baie beteken dat ander mense gedink het ek het skryftalent.”
Maar die persoon vir wie sy eintlik moet bedank, is haar suster wat haar tot die dag van die sluitingsdatum aangemoedig het om tog net ’n storie in te skryf.
“Ek het heeltemal vergeet van die kompetisie en my suster het my herinner dat die kompetisie gaan sluit. In daardie stadium het ek niks gehad om in te skryf nie en het deur al my ou stories gegaan. “Meester was op die ou end die regte lengte en dis hoekom ek dit ingeskryf het.
“Ek het nie eens vir ’n oomblik gedink ek skryf in om te wen nie. Dit beteken verskriklik baie dat ander mense ook dink dis ’n mooi storie. Ek skryf uit my hart; dis nie iets wat ek beplan nie en ek besef nou ek kan dalk iets doen met my skrywery.”
Joanna is ’n ma van drie kinders en sy sê hulle en haar man, Neil, bars behoorlik van trots. Haar oudste dogter, Chanel, is ’n dokter, haar seun, Leolyn, studeer chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad, en haar jongste dogter, Gaynor, studeer quantity surveying aan die Universiteit van Kaapstad.
TROTS op haar werk
“Die gemeenskap is ook verskriklik trots op dié Upington-kind. My familie, veral my ma is verskriklik trots. My liefde vir Afrikaans het ek by haar geërf. Daar was altyd boeke en tydskrifte in die huis en as my ma ’n vrye tydjie gehad het, het sy vir ons gelees. Ons het as’t ware in die biblioteek grootgeword en jy moes terugkom om die storie te vertel. Jy kon nie kroek en sê jy het die boek gelees nie. Tot vandag is dit vir my moeilik om van ’n tydskrif ontslae te raak.”
Joanna, wat al die afgelope 26 jaar ’n taalonderwyseres is, se leerders by die Hoërskool Heatherdale, was natuurlik ook almal opgewonde.“Met die vorige kompetisie het die fotograaf skool toe gekom en toe ek nou weer hierdie keer wen, het hulle gevra‘Juffrou, gaan ons nou weer in die Kuier wees?’My kollegas het glad nie eens geweet ek skryf nie en toe ek wen, was dit vir almal natuurlik ook ’n groot verrassing en almal is genuinely bly vir my.”
Haar raad aan skrywers wat hul werk wil laat publiseer, is om hul skryfwerk by die regte mense uit te kry. Joanna sê as mense nie weet watter kanale om te volg nie, verdwyn die stories soms in ’n laai of in ’n kassie.
“Soms skryf mens en jy weet nie altyd waarheen om jou skryfwerk te vat nie. Baie mense skryf en dan word dit weggebêre. Die enigste manier hoe jy gaan weet of jy talent het, is wanneer jy ander mense jou werk laat sien en die belangrikste van alles is om in jouself te glo.
“Enigeen wat skryf, sal vir jou sê hulle droom daarvan om ’n boek te skryf. Of ek soveel talent het, weet ek regtig nie. Ek het Blaai’n hele om paar om kortverhaledie wenverhaalen gelukkigte lees. weet ek nou waarheen om dit te stuur. En wie weet, dalk kry LAPA nog binne die volgende jaar ’n manuskrip van my af.”
Blaai om om die wenverhaal te lees.