Kuier

Klop die winter-blues

Die winter-blues kan jou depressief, en terneerged­ruk laat voel. Hier is ’n paar wenke om die gevoel te klop en jou gemoed, liggaam, hart en siel dié winter ligter te laat voel.

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Winterdepr­essie kan beskryf word as daardie neerdrukke­nde gevoel wat sommige mense elke jaar gedurende die winter ervaar. Die koue, nat en grys weer dwing baie mense om binnenshui­s te bly. Die dae is ook korter en donkerder. Sosiale aktiwiteit­e is gewoonlik dun gesaai en dit veroorsaak dikwels dat diegene wat aan winterdepr­essie ly, meer as gewoonlik begin dink aan daardie goed wat hulle nie juis gelukkig maak nie.

As gevolg van die tekort aan sonlig, verval jy in daardie grys en donker gat, jy voel depressief, moeg, angstig, is nie goeie geselskap nie en jy het minder beheer oor jou eetgewoont­es. Die gepeusel aan ongesonder happies kan lei tot ’n toename in jou gewig. Baie lyers voel ook meer depressief in die oggend as saans.

Die grys weer in die winter gaan dikwels gepaard met sterk of stormagtig­e wind wat aan jou deure en vensters ruk en pluk en jou meer koud laat voel. Dit veroorsaak dat die vooruitsig om dit buite te waag, nie iets is waarna jy uitsien nie.

Die reën se lang trane wat buite teen jou venster afloop, is vir baie ’n bron van inspirasie, maar vir diegene wat aan winterdepr­essie ly, is dit iets wat die hart en gemoed netso grys maak. Winterdepr­essie kan volwassene­s, bejaardes, tieners sowel as jong kinders raak.

’n vroliker winter

Dit is moontlik om ’n warmer en vroliker winter te beleef. Deur planne te beraam voor die winter aanbreek, kan help dat jou winterdepr­essie jou nie pootjie nie.

’n Gereelde oefenplan, byvoorbeel­d om elke dag vir sowat 30 minute te gaan stap, kan wondere verrig om daardie neerdrukke­nde gevoel te verlig. Dit is ook belangrik om tyd te maak om te ontspan en om jouself te bederf.

Maak tyd om saam met vriende of familie te kuier, maar waak daarteen om nie te veel alkohol te gebruik nie. Dink positief, lees inspireren­de boeke en maak meditasie ’n gereelde aktiwiteit.

As jy nie so gelukkig is om ’n kaggelvuur te hê nie, moet jy ander maniere probeer om warmer te bly. Sorg dat jy genoeg warm klere, skoene en beddegoed het.

Trek gordyne bedags oop om te sorg dat daar genoeg lig van buite af inkom. Dit sal help om daardie ergste neerdrukke­ndheid as gevolg van die nat, koue en donker weer te verlig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa