Kuier

Jy kan winterdepr­essie beter hanteer

-

Voordat jy jouself diagnoseer as iemand wat aan winterdepr­essie ly en sommer enige medikasie gryp om beter te voel, gaan sien eers ’n mediese kenner vir ’n diagnose. Indien jy wel aan winterdepr­essie ly, is daar ’n paar goed wat jy kan doen om daardie somber gevoel beter te hanteer of uit die weg te ruim. Dit sluit die volgende in:

Indien moontlik, maak seker jy kry genoeg sonlig.

As ’n alternatie­f kan jy baie helder ligte in jou huis aanskaf. Sommige lyers vind dat om aan baie helder lig (ligterapie) blootgeste­l te word, is baie effektief.

Anti-depressant­e kan ook help dat jy van daardie grys gemoed ontslae raak.

Gaan sien jou mediese kenner, psigiater of ’n kliniese sielkundig­e om die beste medikasie (indien jy dit benodig) aan jou voor te skryf.

Probeer ook om vóór die winter sy gesig wys, te beplan oor hoe jy ’n beter of meer aangenamer winter kan ervaar. Doen dit deur afsprake te reël wat jou aan die buitelig en ook meer aan jou goeie vriende gaan blootstel. Om by ’n goeie ondersteun­ingsgroep aan te sluit, kan ook wondere vir jou gemoed doen.

Daar is ook baie liefdadigh­eidsprojek­te waarby jy betrokke kan raak. Dink net hoe warm dit jou hart sal maak wanneer jy dit ’n gereelde instelling maak om warm sop aan haweloses uit te deel.

Jy kan ook gesonder happies aanskaf om seker te maak dat jy nie te veel ongewenste gewig gedurende die winter aansit nie.

Indien jy kan, beplan jou jaarlikse vakansie gedurende die winter en op ’n plek met warmer of somerweer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa