Kuier

Hallo Kuiermense

-

Daar is ietsie anders aan hierdie uitgawe se voorblad. Sien julle? Die Grootste Afrikaanse Vrouetydsk­rif in Suid-Afrika!

Dis ook so gepas dat ons dit op ons verjaardag­uitgawe en Voorbladst­ervoorblad kan aankondig, want hierdie uitgawe en prestasie dra ons 100% aan ons lesers op.

Mense, my hart loop oor van blydskap en dankbaarhe­id. Ja, ek is ook baie trots op wat hierdie klein span in so ’n kort tydjie vermag het, nadat al die doemprofet­e gesê het ons gaan dit nooit maak nie. Ek gaan nie stry nie, ek voel nogal lekker as ek hulle vandag in die gange raakloop.

Maar om jou teenstande­rs verkeerd te bewys, is nie waaroor dit gaan nie. Die belangriks­te is dat ons onsself reg bewys het, want ons het altyd geweet dat ons dit kan doen! En met“ons”bedoel ek die hele Kuier

familie; almal wat altyd geglo het. Die hart van ons familie is ons lesers, want sonder julle is daar geen tydskrif nie. Dankie dat julle in die goeie en die moeilike tye by die span staan, maar dankie veral vir die goeie wense en die gebed, want dit is wat die span deurdra as ons voel ons kan net nie meer nie.

Ek is eerlik as ek sê die afgelope ses jaar was nie altyd ’n maklike pad om te stap nie, maar dit was deur en deur die moeite werd wanneer julle laat weet hoe Kuier jul lewe verryk het en hoe nuwe lesers met elke uitgawe by ons familie aansluit.

Ek dink ook nie ons werk is klaar nie, daar is nog hopeloos te veel mense wat nog nie Kuier ontdek het en weet hoeveel waarde vir geld dit bied of hoe leersaam en inspireren­d die tydskrif is nie. Ons moet hulle ook aanboord kry sodat ons kan bou op die fondament wat ons tot dusver gelê het, want een ding wat julle my geleer het, is in die Kuier- familie is niks onmoontlik nie. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa