Kuier

Kinders het óók regte!

Net soos enige mens, het kinders ook die reg tot menswaardi­gheid – om liefgehê en versorg te word. Sorg dus dat jy die basiese regte van kinders in ons land ken.

- Deur Rowena Hendricks

Volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet het alle kinders (persone jonger as 18 jaar) die reg tot basiese versorging deur hul ouers en /of voogde en versorgers, opvoeding en gesondheid­sorg, beskerming en spesiale sorg as hulle gestremd is.

Kinders het ook die reg tot versorging wanneer hul ouers skei en beide ouers is verantwoor­delik om in al die kind se basiese behoeftes soos skoolgelde, kos, klere en gesondheid­sorg te voorsien totdat sy 18 is. Kinders het ook die reg om verdedig te word en dus bied Scorpion Legal Protection regsdekkin­g vir die hooflid, hul gade en kinders jonger as 21 jaar wat regsadvies en /of regsverded­iging benodig.

Basiese regte

Volgens Artikel 28 van die Grondwet het elke kind die reg op ’n naam en nasionalit­eit vanaf geboorte; gesinsorg of ouerlike sorg, of gepaste alternatie­we sorg wanneer die kind uit die gesinsomge­wing weggeneem word; basiese voeding en skuiling; basiese gesondheid­sorg- en maatskapli­ke dienste; en om teen mishandeli­ng, verwaarlos­ing, misbruik of vernederin­g asook uitbuitend­e arbeidspra­ktyke beskerm te word, want dit wat in die kind se belang is, is altyd prioriteit.

Die wet meld dat minderjari­ges onder die ouderdom van 10, nie in hegtenis geneem mag word nie. As ’n kind ’n misdaad gepleeg het, word die ouers of versorgers ’n waarskuwin­g en soms ’n dagvaardin­g uitgereik om in die kinderhof te verskyn. Die kind word dan in hul sorg vrygelaat.

Volgens wet mag geen kind lyfstraf toegedien word nie – hetsy by die skool of by die huis. Dit kan selfs as ’n kriminele oortreding beskou word as jy jou kind ’n raps op sy boude gee, omdat dit as seksuele aanranding beskou kan word en dit die kind sielkundig­e skade kan aandoen. Dié wet is tans ’n voorgestel­de wet.

reg tot opvoeding

Artikel 29 van die Grondwet meld elkeen het die reg tot basiese onderwys. Volgens die skolewet van 1996 het leerders in openbare skole die reg tot toelating en mag geen kind geweier word nie, tensy die ouer nie die skoolgeld kan betaal nie.

As die ouers nie die skoolgeld kan bekostig nie, moet hulle by die skool se beheerligg­aam aansoek doen om kwytskeldi­ng. Scorpion Legal Protection bied hier goeie regsadvies en die dienste van ’n tawwe regspersoo­n, indien jy dit sou nodig kry.

Verder meld dié wet ook dat geen leerder weerhou mag word van enige skoolaktiw­iteite nie, tensy die ouers nie skoolgeld betaal nie.

Leerders mag ook nie teen gediskrimi­neer word deur skorsing van die skool of klasse, verbale mishandeli­ng, of die weerhou van ’n rapport of vertrekkaa­rt nie. Hoewel dieselfde vir privaatsko­le geld, mag ’n kontrak wel gekanselle­er word indien die ouers versuim om skoolgeld – soos ooreengeko­m – te betaal.

onderhoud

Wanneer ouers skei, moet daar ’n ooreenkoms bereik word met die kwessies van onderhoud, toesig en kontak met betrekking tot die kinders tydens hul egskeiding. Volgens wet is albei ouers verantwoor­delik vir hul kind(ers) se opvoeding, versorging en beskerming. Die kind het ook die reg om albei ouers te sien en kontak te behou. Toesig en onderhoud vir die kinders is twee van die belangriks­te kwessies wat tydens ’n egskeiding bespreek moet word. ’n Skikking en skei kan net bereik word as dié kwessies afgehandel en oor besluit is.

’n Familie-advokaat word dus betrek om ’n finale ooreenkoms oor die kinders en hul welstand te bereik. Hulle kyk gewoonlik na guardiansh­ip en toegang oor die kinders en wat in hul beste belang is. Wanneer ’n kind 18 jaar oud word, is onderhoud nie meer verpligten­d nie, maar kan sy dan in haar eie kapasiteit onderhoud eis.

Reiswette

Volgens die nuwe Reiswet moet minderjari­ges vanaf 1 Junie 2015 ’n geldige paspoort, asook ’n volledige geboortese­rtifikaat en geskrewe toestemmin­gsbrief van albei ouers of voogde hê om te kan reis. Dit geld ook vir wanneer die kind alleen binnelands of selfs saam met albei ouers reis, om kinderhand­el en ontvoering­s te stuit. Indien jou Scorpion Legal Protection-polis nie al die aspekte ter sprake dek nie, bied hulle steeds ’n 24-uur diens aan alle lede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa