Kuier

Vra Dr. Genine

Afskeiding uit bors wek kommer Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

SMS KUIER DOKTER en jou vraag na 32113 (R1 per SMS), of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR GENINE in die onderwerpl­yn.

VBORS PLA Ek het in Februarie ’n mammogram laat doen. Die dokter het my verseker ek het net ’n bietjie limf in my regterbors, maar dié bors pyn vreeslik. Wanneer ek dit druk, kom daar donkergeel vloeistof uit. Moet ek bekommerd wees? Ek is byna 60 jaar oud, maar het geen vorige familie-geskiedeni­s van enige borskwale nie. BEKOMMERD

ABESTE BEKOMMERD Vir vroue wat nie borsvoed nie, is ’n afskeiding of vloeistof uit die borstepel (nipple), kommerwekk­end. Wees gerus dat die meeste afskeiding­s (discharge) van die borstepel normaal is en nie as gevolg van kanker nie. Abnormale afskeiding­s is gewoonlik bloederig, kom net uit een van die borste en loop ook spontaan uit die bors, sonder om die bors te druk, stimuleer of irriteer. Normale afskeiding kom gewoonlik uit albei tepels en word vrygestel wanneer die tepels gedruk of gesuig word.

Sommige vroue wat baie bekommerd is oor vloeistof uit hul borstepel(s), kan dit vererger of selfs aanbring, omdat hulle die tepels aanhoudend druk om te kyk of daar vloeistof sal uitkom. In sulke gevalle moet dit liefs nie gedoen word nie, want die herhaalde aksie van druk stimuleer die bors om verder vloeistof af te skei. ’n Mens kan nie aan die kleur van die vloeistof besluit of dit normaal of abnormaal is nie. Die oorsake van normale tepelafske­iding is:

Swangerska­p: Wanneer jy ophou borsvoed en stimulasie (soos bo verduideli­k). Oorsake van abnormale tepelafske­iding sluit in:

Fibrosisti­ese veranderin­ge in die bors: Dit veroorsaak klonte en verdikking van die borsweefse­l en kan jeuk, pynlik wees en selfs ’n afskeiding afgee.

Galactorrh­ea: Dis wanneer jou bors melk afskei, hoewel jy nie borsvoed nie. Dis nie ’n siekte nie, maar het vele oorsake, insluitend sekere medikasies, kruie, ’n onder

aktiewe skildklier, die gebruik van dagga of selfs ’n groeisel van die slymklier.

Infeksie: Dit gaan gewoonlik gepaard met pyn en inflammasi­e van die bors en kan ook as ’n abses voorkom.

Borsbuis-ekstasia: Dit kom gewoonlik in ouer vroue voor wat naby hul oorgangsja­re (menopause) is. Die buisies in die borste verhard en vergroot en kan dan blokkeer en infeksie veroorsaak.

Groeisels in die buise van die bors: Dit word ’n papilloom (uitgroeise­l van die vel of slymvlies) genoem en is nie kwaadaardi­g nie. Dis die mees algemene oorsaak van tepelafske­iding.

Borskanker: Die afskeiding kom gewoonlik voor met ’n klont in die bors of as jou mammogram abnormaal is. Dit is baie selde en baie ongewoon dat kanker die oorsaak van ’n tepelafske­iding is.

In die geval van die leser wat byna 60 jaar oud is, kan haar tepelafske­iding as gevolg van borsinfeks­ie, fibrosisti­ese veranderin­ge of selfs borsbuis-ekstasia wees. Raadpleeg ’n dokter of verpleegku­ndige vir verdere ondersoek. Dit mag die volgende behels:

Bloedtoets­e sal gedoen word en ’n monster van die afskeiding sal ook na die laboratori­um gestuur word vir verdere toetse.

’n Mammogram en dalk miskien ook ’n sonar van albei borste. Dalk ’n brein-scan. Chirurgie waar die betrokke buis uitgesny en vir verdere toetse gestuur word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa