Kuier

Moeilike besluit

-

Die besluit oor of jy moet aanhou hoop of moet aanbeweeg, is ’n moeilike een en ’n besluit wat jy ongelukkig self moet neem. Indien jy egter steeds wil probeer en dink daar is wel ’n moontlikhe­id dat julle sal trou, moet jy die volgende onthou:

• Maak seker jy weet wie jy is, dat jy goed voel oor jouself en ’n trouring aan jou vinger iets ekstra is en nie iets is wat aan jou selfbeeld gekoppel word nie. ’n Vrou met ’n goeie selfbeeld is iets wat mans onweerstaa­nbaar vind.

• Onthou, ’n trouring aan jou vinger is geen waarborg dat julle gelukkig gaan wees nie. Vriende en familie bedoel gewoonlik goed wanneer hulle wil weet wanneer julle trou, maar hulle is nie deel van jul verhouding nie en jy moenie toelaat dat hul vrae jou tot desperaath­eid dryf nie.

• Maak seker jy en jou maat praat reeds vroeg in jul verhouding oor of julle wil trou of nie. Julle het albei die reg om te weet waar julle met mekaar staan en waarheen die verhouding op pad is.

• Besluit vroeg in die verhouding oor wat jy bereid is om in te sit en wat nie.

• Dit is nie regverdig teenoor jou wanneer jou maat jou doelbewus aan ’n lyntjie hou nie. Indien jy wonder oor of julle tot trou gaan kom, is ’n oop en eerlike gesprek beter as ’n ultimatum.

• Maak seker dat jy steeds goed lyk, jy jou eie belangstel­lings het en dat hy ook soms oor jou wonder. Doen dit sonder om kinderagti­ge speletjies te speel.

• Onthou ook om hom goed te laat voel en waardering te wys vir die goeie dinge wat hy vir jou en jul kinders doen.

• Besin oor alles vóórdat jy besluit om aan te beweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa