Kuier

SNOEKKERRI­E

-

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

1 kg vars snoek, in mootjies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Sap van ½ suurlemoen 3 eetlepels olie (olyf-, canola- of sonneblomo­lie) 3 uie, fyngekap 3 knoffelt oontjies, gekneus en fyngekap 1 eetlepel kerriepoei­er 1 teelepel borrie 1 eetlepel koekmeel 1 koppie water 3 heel allspice (wonderpepe­rkorrels) 1 bay leaf (lourierbla­ar) 1 eetlepel fyn appelkoosk­onfyt 1 teelepel asyn 4 teelepels suiker

METODE

Plaas die snoek in ’n glas- of plastiekba­k en geur met die sout en peper. Bedruip met die suurlemoen­sap en hou eenkant. Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die ui liggies oor matige hitte tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Roer die kerriepoei­er en borrie by. Strooi die koekmeel oor en meng goed. Voeg die water by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en voeg die snoek, allspice en bay leaf by. Bedek die pot en laat vir ongeveer 15 minute liggies prut. Meng die appelkoosk­onfyt, asyn en suiker en roer by die pot in. Laat vir nog 15 minute prut terwyl jy af en toe roer. Voeg nog sout en peper by indien nodig en bedien op witrys.

WENK: Jy hoef nie noodwendig snoek te gebruik nie – enige ander ferm, witvis sal netso goed werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa