Kuier

David Kramer

-

“Ek hou van pickled fish, want dit is so Kaaps. As jy oorsee is, verlang jy huis toe na dinge wat eg-Kaaps is, soos pickled fish.”

INGELEGDE VIS

Maak ’n hele paar toebroodji­es

BESTANDDEL­E 1 kg snoek (of enige ander ferm vis), in stukkies gesny 2 groot uie, in skyfies gesny 5 knoffeltoo ntjies, in skyfies gesny 120 ml witasyn 125 ml water 2 teelepels fyn koljander 2 teelepels fyn komyn 3 teelepels masala 1 teelepel borrie 2 bay leaves (lourierbla­re) 4 heel allspice (wonderpepe­r) 4 cloves (naeltjies) 2 ml pepperkorr­els Suiker na smaak

METODE Geur die vis en braai in plantolie in ’n pan tot gaar. Verwyder uit die pan en hou eenkant. Giet die res van die bestanddel­e in ’n pan en bring tot kookpunt. Prut tot die uie deurskynen­d, maar krakerig is. Voeg die suiker by en giet die mengsel oor die vis. Maak seker als is goed bedek. Voeg ongeveer 30 ml van die olie waarin die vis gebak het, by die sous. Laat staan vir ongeveer 24 uur. Verwyder die bay leaves, allspice en cloves en bedien op ’n bed van groenslaai met die sous as vinaigrett­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa