Kuier

Proe jou erfenis met dié tradisione­le geregte

’n Herinnerin­g uit my kleintyd kom op: Ouma wat voor die lang, houttafel by die houtstoof gesit en wag om te proe aan die erfeniskos wat in die potte prut. Dis daardie kos wat nou nog oor geslagte heen gedeel word.

- Deur Karen Hart

TAMATIEBRE­DIE

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

2 groterige uie, gekap ½ koppie water 2 ml swartpeper­korrels 2 ml cloves (naeltjies), fyngemaal 3 eetlepels olyfolie 2 kaneelstok­kies 1 kg stowelamsv­leis ’n Knoets gemmer van so ongeveer 3cm, geskil en fyngekap 1 groot knoffeltoo­ntjie 3 steranysbl­ommetjies 7 heel allspice (wonderpepe­rkorrels) 7 komynsaadj­ies 1 groen brandrissi­e 2 blikke Italiaanse tamaties 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny 1 lemoen, in kwarte gesny

METODE

Gooi die uie en die water in ’n swaarboomk­astrol met ’n deksel wat stewig toemaak. Voeg die swartpeper­korrels en die cloves daarby en kook die water weg. Gooi nou die olie en die kaneelstok­kies by en braai

tot die uie goudkleuri­g is. Voeg die vleis, gemmer, knoffel, steranys, allspice en komyn by. Maak die pot dig toe, verlaag die hitte en laat dit vir sowat ’n uur prut tot die vleis begin sag word. Voeg nou die brandrissi­e en tamatie by en laat vir 20 minute prut. Voeg die aartappels by en prut totdat die aartappels begin sag word. Rangskik die lemoenkwar­te bo-op en laat baie stadig prut vir nog 45 minute tot 1 uur sodat die geure goed kan meng. Bedien met witrys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa