Kuier

Maak self ’n kleurvolle top

Lyk stylvol en koel hierdie lente in dié lospassend­e, kleurvolle top.

-

GROOTTE

Een grootte pas almal

BENODIGHED­E

2 syserpe, omtrent 85 x 85 cm elk Bypassende stikgare BERN INA-naaldwe rkmasjien

INSTRUKSIE­S

Sit die serpe op mekaar met die regte kante teen mekaar.

Stik die volgende nate soos in die tekening aangedui: 14 cm = regterskou­er, 40 cm = linkerskou­er, 43 cm = regtersyna­at. Pars die naattoelat­ings oop en keer na die regte kant om.

Maak drie plooie in die 14 cm-naat op die regterskou­er (voltooide breedte moet 5,5 cm wees). Speld al drie die plooie vas en stik in posisie.

Sit die top op die tafel (soos aangedui in die diagram). Merk die opening waardeur die middellyfb­and gesteek word, 38 cm van die skouernaat en 28 cm van die regtersyna­at. Stryk ’n stukkie tussenbele­gsel onder die merk op die agter- en voorpante vas. Stik ’n knoopsgat van 3 cm lank deur albei lae materiaal. Knip die knoopsgat netjies oop. * Hierdie patroon verskyn in die BERNINA

Inspiratio­ns Special #2013- tydskrif. As jy ’n gratis kopie van dié tydskrif wil hê, stuur ’n e-pos met jou naam, telefoonno­mmer en posadres aan marketing@berninasa.com. Gaan na www.bernina.co.za vir meer inligting oor BERNINA-produkte of word ’n BERNINA-vriend op Facebook by http:// www.facebook.com/ berninarsa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa