Kuier

Vrou van Worcester maak ’n lewe uit vullis

Sy het nie toegelaat dat werklooshe­id en ’n egskeiding haar onderkry nie. Haar geluk het gedraai en vandag is sy die trotse eienaar van ’n recycling-besigheid waar sy geld in ander se vullis sien.

- DEUR AMY JOHNSON

As daar nou een vrou is wat nie bang is om in ’n overall te spring en haar hande vuil te maak nie, is dit Petro van Wyk. Sy is die eienaar van Beirowplas Recycling op Worcester en is loshande die vullis-queen op die dorp.

Met die intrapslag by Beirowplas Recycling in die nywerheids­gebied, sien jy stapels en stapels bokse en hande wat blitsvinni­g sorteer en al wat jy hoor is die gedruis van masjinerie. Beirowplas is grotendeel­s verantwoor­delik vir die sortering, kollekteri­ng en saampers van verskeie herwinbare materiaal.

Maar tussen al die vullis op die perseel staan Petro (39) se blompot in haar kantoor met twee pienk Baberton-daisies en ’n wit Stargazer-lelie. Vandag het sy bloedrooi naels en elke haar lê netjies op sy plek. Maar dit is nie elke dag só nie, sê sy.

“Ek probeer alles self doen. Ek wil die driver wees; ek wil die forklift driver wees; ek wil so alles doen. Vandag is ek gedress omdat ek afsprake het; môre is ek weer in overall en boots,”lag sy.

Die stralende glimlag wat sy vandag op haar gesig het, vertel nie van die uiters moeilike situasies waarin sy al was nie.

Maar Petro is nou meer vasbeslote as ooit om haar besigheid te dryf en dit na

hoër hoogtes te neem.

Petro, een van vyf kinders, sê sy is ’n doodgewone meisie wat in die rural area van Worcester grootgewor­d het, maar sy het altyd geglo haar omstandigh­ede kan nie haar toekoms bepaal nie.

“My broers en susters het almal die skool op ’n baie jong ouderdom verlaat en ek wou anders wees, want ek wou iets van my lewe maak en ek wou nie swaarkry soos ons swaargekry het nie. Dis hoekom ek so graag ’n sukses van die besigheid wil maak; ek wou nie hê my ma-hulle moes na my omsien nie.”

Sy sê 2008 was ’n moeilike jaar vir haar. Petro en haar man is daardie jaar geskei, sy het haar werk by ’n meubelmaat­skappy verloor en het dieselfde jaar met baie min hulpbronne haar besigheid begin.

“Dit was vir my ’n baie depressiew­e tyd en die egskeiding was moeilik. My seuntjie was drie jaar oud en boonop moes ons nog ’n ander blyplek soek,”vertel sy.

“Dit was ’n baie emosionele, moeilike tyd in my lewe en dit is hoekom ek baie kere deurnag gewerk het. En ek het vir myself gesê‘Petro, as jy nie ’n sukses van die besigheid maak nie, niemand gaan vir jou ’n inkomste gee en vir jou sorg nie; niemand gaan na jou kyk nie’.”

Petro sê deur alles het sy geweet sy is nooit alleen nie.“Ek het altyd die nabyheid van God gevoel en dit is vandag nog só. As ek moeilike besluite moet maak, dan gaan sit ek op my knieë en dan vra ek ‘Vader, wat nou? Hoe maak ek nou? Is dit die moeite werd om aan te gaan?’Sonder my Hemelse Vader sou ek nie vandag hier gewees het nie,”sê Petro.

Die meubel-besigheid waar sy gewerk het, was bankrot en sy is uitbetaal vir die aantal jare wat sy daar gewerk het.“Daar was geld wat in die boksie gelê het en ek moes maar nou dink wat ek daarmee gaan doen. Mens se eerste keuse is mos maar altyd om vir jou iets nice te koop.

“Die eienaar van die besigheid waar ek voorheen gewerk het, het met die recycling begin en hy was drie maande in die bedryf toe vra hy vir my of ek nie kan aangaan met die besigheid nie, want hy kon nie meer die betalings bybring nie.”

HANDE VUILMAAK

Al wat Petro geken het, was hoe om met kliënte te werk en sy het gedink by dié plek sou sy weggesteek word.“Ek het toe besluit om te kyk hoe dit gaan. Dit was ’n moeilike besluit; ek was altyd netjies en nou was dit heeltemal anders.

“Toe die gogga eers begin byt, het ek besef dit is wat ek eintlik wil doen en ek is nie spyt nie.

“Vandag sien ek baie meer plekke en mense as wat ek ooit gedink het.

“Ek het destyds so ’n klein maroen bakkie gehad en van landfill site tot landfill site gery en so het ek gegroei en gegroei. Ek is nog nie waar ek wil wees nie, maar ek beweeg nou vinnig in die rigting na waar ek wil wees.”

die moeilike tye

Aan die begin het dit maande lank broekskeur gegaan en Petro het soms nie geweet watter kant toe nie. Sy en drie werkers het destyds in ’n piepklein kamer begin en vandag het hulle so baie werk dat sy nou 33 werkers het en ’n groter perseel moet soek.

“As besigheid swak gegaan het, was daar nie geld in die huis nie. My seun het goed nodig gehad, maar ek het gelukkig ’n baie goeie vriendin gehad en ek kon haar enige tyd vir enigiets bel.

“Ek kon met daai R50 of R100 klaarkom, maar al was daar nie kos in my huis nie, het ek seker gemaak die mense kry hul salarisse.

“Ons het destyds net met plastiek, papier en karton gewerk en as daar glas en blik gekom het, het ek dit op die sideline gaan verkoop net sodat daar ’n geldjie kon wees.”

Sy moes ook baie laat aande werk om alles aan die gang te hou en met ’n driejarige seuntjie by die huis, was sy bekommerd dat dit later sy tol op hul verhouding sou eis.

“Hy het sy ma gemis, want sy ma was besig. Daai tyd moes ons trap in die sakke om gewig in die sakke te kry. Nou gaan dit al baie beter. Ek is nou genoodsaak om te kyk vir ’n ander plek, want dit raak nou te vol.”

Sy is nou al vyf jaar lank ’n kontrakteu­r vir die plaaslike munisipali­teit en sy is in 2012 REGS: (BO EN ONDER) Petro sien nie vullis as waste nie, maar sy sien die geld daarin. Met 33 werkers doen haar besigheid goed en sy kyk nou uit vir ’n groter perseel. deur die Universite­it van Stellenbos­ch se sakeskool as topstudent aangewys. Behalwe vir haar prestasies het Petro ook ’n groot liefde om terug te ploeg in die gemeenskap. Sy het ’n jong entrepreun­er onder haar vlerk geneem en sy besigheid is nou al ’n jaar lank geregistre­er.

Petro sê al die uitdagings, swaarkry en moedelose dae het haar gebring tot waar sy vandag is.

“Ek kon destyds op skool so maklik besluit het om ’n babatjie te kry en by die huis te gaan sit. Ek is nie spyt oor die laat aande wat ek ingesit het nie en ek is nie spyt oor baie kere wat ek nie my rekeninge kon betaal nie.

“Ek het amper elke dag vuil boots en ’n overall aan en soms wil mense my nie groet nie. ’n Ou vriendin het my eendag gevra‘werk jy op die tiep?’

“Die waste het al in my bloed ingekruip. Ek sien dit nie as vullis nie; ek sien dit as geld.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Petro van Wyk (39), is die trotse eienaar van Beirowplas Recycling op Worcester en danksy haar harde werk, is sy bekend as die dorp se vullisquee­n.
HOOFFOTO: Petro van Wyk (39), is die trotse eienaar van Beirowplas Recycling op Worcester en danksy haar harde werk, is sy bekend as die dorp se vullisquee­n.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa