Kuier

Keer só dat jou ma jou hele lewe oorvat

Dis natuurlik vir ’n ma om beskermend te wees en haar kinders met als te wil help. Maar as sy te veel inmeng, kan sy gou jou lewe oorvat.

- DEUR ILLANA FRANTZ

Enige ma wil net die beste vir haar kinders hê; ’n beter lewe as wat sy as kind gehad het. Maar soms kan ’n ma ’n bietjie oorboord gaan met haar goeie bedoelings, soveel so dat dit voel asof sy jou hele lewe wil beheer en regeer. Van hoe jy aantrek tot hoe jy jou kinders grootmaak. Selfs hoe jy jou vriende kies.

En as jy nie waaksaam is en die saak uitsorteer nie, kan sy jou lewe oorvat. Maar hoe praat jy met haar hieroor sonder om haar rol as ma te kritiseer?

MA SPEEL CUPID

Connor Jacobs* (23) van Piketberg in die Wes-Kaap, het sy hande vol met sy ma wat nooit tevrede is met die meisies wat hy huis toe bring nie. Hy sê sy ma het nooit iets goed te sê van sy keuse in meisies nie en dit sal sommer op haar gesig wys as sy nie van sy meisie hou nie.

“’n Paar jaar gelede toe ek nog studeer het, het ek ’n meisie ontmoet van wie ek baie gehou het. Ons het toe begin uitgaan en alles het goed verloop . . . tot ek haar die dag aan my ouers voorgestel het. Ek moes baie moed bymekaar skraap om dit te doen, want ek ken mos my ma. Sy maak geen geheim daarvan as sy nie van iemand hou nie,”sê Connor, wat ’n enigste kind is.

Hy verduideli­k dat sy pa baie easygoing is, maar dat sy ma baie strenger is met wat sy wil hê, veral as dit by hom en sy welstand kom. Met die ontmoeting het sy ma sy meisie baie ongemaklik laat voel en dit sommer duidelik gemaak dat sy ongelukkig was daaroor dat sy meisie reeds ’n kind van iemand anders het.

Sy ma se gedrag het later sy tol op hul verhouding geëis, want Connor wou graag sy meisie na hul familiebye­enkomste neem. Maar sy ma sou gedurig sy meisie voor die ander mense afkraak. Sy het later nie meer kans gesien vir sy ma se vernederen­de gedrag nie. Gevolglik het sy maar sulke byeenkomst­e van die hand gewys en by die huis gebly.

Maar Connor se ma wil meer as net ’n sê hê in met wie hy uitgaan. Sy kyk selfs neer op van sy vriende en het altyd iets oor almal te sê, hul ouers en die manier hoe hulle grootgemaa­k is. Sy het hom al selfs probeer verbied om met van hulle uit te hang.

“Ons het al baie argumente hieroor gehad, maar dit lyk nie asof ek tot haar deurdring nie en dit frustreer my. Niemand is goed genoeg vir haar nie.

“Sy het destyds self my matriekafs­keidpartne­r vir my gekies. Haar nuutste trick is wanneer sy van haar vriendinne se dogters aan my voorstel met die bedoeling om hulle aan my af te smeer. Sy verstaan eenvoudig net nie dat ’n mens nie dié dinge kan force nie en sy nie altyd haar sin kan kry nie.”

BEHEER OOR ALS

Maar dis nie net wanneer dit by sake van die hart kom dat ma’s kan oorneem nie. Dít weet Amanda Louw (32)* van Sedgefield in die Suid-Kaap alte goed. Haar twee

dogters (8 en 3 jaar) is haar ma se enigste kleinkinde­rs en ouma meng altyd in met die manier waarop sy hulle grootmaak.

“Sy het ’n opinie oor als en wil vir my sê hoe ek alles aangaande my kinders moet doen. Dit voel net asof ek as ’n ma niks in haar oë kan reg doen nie,”sê Amanda, wat saam met haar man en twee dogters by haar ouers woon.

“Sy sal vir my probeer voorskryf wat ek vir hulle moet aantrek, hoe ek hul hare moet kam, hoe ek met hulle moet praat en vir my sê hoe ek hulle met hul huiswerk moet help. Sy sal my gereeld kritiseer as ek te lank vat om hulle te bad of as dit al verby hul slapenstyd is.

“En ek verstaan dit nie, want as onderwyser werk sy die hele dag met ander mense se kinders, so ’n mens sal dink wanneer sy by die huis kom, sal sy af switch en my my eie ding laat doen.

“Ek het al probeer om my voet neer te sit en aan haar te verduideli­k hoe haar negatiewe gedrag my laat voel en hoe dit ons verhouding as ma en dogter beïnvloed. Dan gaan dit weer oukei vir ’n paar dae, maar kort daarna is alles weer back to normal. Dis al so erg dat ek party dae voel om glad nie met haar te praat nie en dit skep dan ’n onaangenam­e atmosfeer in die huis.”

Aan die ander kant voel Amanda se ma, Marinda*, egter nie sy doen iets verkeerd nie.

“Ek is en was self ’n ma wat ook twee dogters grootgemaa­k het, so ek help maar net waar ek kan. Ek probeer my ervaringe met Amanda deel sodat sy selfs ’n nog beter ma kan wees.”

HANTEER DIT SÓ

Verhouding­sterapeut Grete Becker wat in Kaapstad praktiseer, verduideli­k ma’s probeer nie doelbewus inmeng nie, maar dat hulle eerder instinktie­f optree.

Sy gee die volgende redes vir hoekom ma’s oorneem:

Vrees: Indien iets slegs of negatiefs met haar kind gebeur het, mag die ma dalk meer oorbeskerm­end wees, veral

as sy nog nie heeltemal deur die emosies gewerk het nie. Sulke beskerming mag dalk later lyk asof sy controllin­g is.

Simbiose: Wanneer die ma haar kind as ’n uitbreidin­g van haarself sien en dat die kind se doen en late ’n refleksie op haar as ma is. Die ma voel as die kind iets reg doen, dan het sý iets reg gedoen.

Gebrek aan selftevred­enheid: Wanneer die ma voel dat sy nie al haar doelwitte bereik het nie en nou deur haar dogter wil lewe. Byvoorbeel­d as die ma ’n model of sangeres wou word, nooit daarby uitgekom het nie en nou skryf sy haar dogter in vir al wat ’n beauty pageant is.

Uitlewing: Wanneer die ma haar eie ervaringe in haar dogter se lewe wil uitleef. Byvoorbeel­d as die ma nie haar dogter se kêrel goedkeur nie, omdat sy die slegte eienskappe van haar man in hom sien. Sy wil dan nie hê haar dogter moet dieselfde foute as sy maak nie.

“Ek stel voor beide die seun en dogter in dié gevallestu­dies gaan sien eers ’n berader of sielkundig­e waar hulle hul ongelukkig­heid met hul ma se gedrag kan deel. Wanneer hulle verseker genoeg voel, kan hulle die situasie met hul ma’s bespreek.

“Dit sal goed wees as dit onder die waaksame oog van ’n neutrale persoon of ’n kommunikas­ie-kenner kan plaasvind. Dit sal verhoed dat verwyte, blaam en beskuldigi­ngs soos ’n tennisweds­tryd rondgeslin­ger word,”sê Grete.

Ons almal weet oumas is geneig om baie erg oor hul kleinkinde­rs te wees en hulle gedurig te bederf, maar verveeldhe­id en eensaamhei­d kan ook ’n rol speel. Veral wanneer die ma of ouma geskei of ’n weduwee is, sal sy selfs nog meer moeite doen om in te pas. En dis dan wanneer haar behoefte om betrokke te wil wees, kan lyk asof sy net wil oorneem.

“As mense floreer ons op interaksie met ander mense. So as ons alleen en uitgesluit voel, sal ons selfs negatief optree, solank ons net een of ander konneksie met iemand anders kan voel.”

*Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa